Die vakbond Solidariteit het vandag bekend gemaak dat hy die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) hof toe vat aangesien hy strydig met die bepalings soos vervat in artikel 60 van die Wet op Gelyke Indiensneming optree. Dit volg nadat genl.maj. Sandra Malebe-Thema teen die einde van verlede jaar rassistiese en diskriminerende opmerkings teenoor opleidingspersoneel verbonde aan die Polisie se opleidingskool op Oudtshoorn gemaak het sonder dat dit enige nagevolge vir haar ingehou het.
Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, is die betrokke personeellede se grondwetlike reg op waardigheid en gelykheid deur dié optrede ernstig aangetas. “Nie net het Malebe-Thema die personeellede ten aanskoue van die rekrute aan die opleidingskool verneder deur hulle op die verhoog te verkleineer nie, maar sy het ook weens hul ras diskriminerend teenoor die betrokke personeellede opgetree,” het Van der Bijl gesê.
“Nadat die betrokke personeellede interne grieweprosedures gevolg het en Solidariteit haar weens haar optrede by die Menseregtekommissie verkla het, het die SAPD nie teen die sperdatum van 20 Januarie teen Malebe-Thema opgetree nie,” het Van der Bijl gesê. “Kragtens artikel 60 van die Wet op Billike Indiensneming kan Solidariteit nou die SAPD weens sy gebrek aan optrede teen Malebe-Thema in die arbeidshof pak.”
Volgens Van der Bijl sal die vakbond hierdie weg volg aangesien daar nie daadwerklik teen Malebe-Thema opgetree is nie. “Solidariteit eis dat hierdie voorval onpartydig ondersoek en die nodige dissiplinêre stappe teen Malebe-Thema geneem word,” het Van der Bijl gesê.
Lees alle vorige berigte oor Sandra Malebe-Thema op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
31 Kommentare
Rassiste word orals beskerm.
Maar as dit nou n wit person was, was dit voorblad nuus en die persoon het die volgende dag op straat gesit sonder werk.
As.ek reg onthou is die dame se opkoms in die opkoms in die polisie ook onder verdenking?
Hierdie sg. Gen majoor is nie die skaduwee van so n hoe rang nie. Ek is oortuig sy het nie eens naastenby die kwalifikasies vir so n posisie in die polisiediens nie. Dit is sekerlik ook n saak wat nagegaan kan word.
Roer hulle asb. Hul ken hul eie range toe sonder om n dag se verdienstelike werk te doen. Kyk maar vir vir die vorige Kommissaris. Sommer Generaal! Wat jy waar kry.