SAUK pos bedryfshoof

Chris Maroleng. Foto: ANA.

Die SAUK het Chris Moraleng, bedryfshoof van die openbare uitsaaier, met onmiddellike inwerkingtreding afgedank.

Die SAUK se raad het in ʼn verklaring gesê hy het Dinsdag vergader en daar is na afloop van ʼn dissiplinêre proses en met inagneming van die bevindinge en aanbevelings daarvan besluit om Maroleng se kontrak onmiddellik te beëindig.

Volgens berigte is Maroleng na afloop van die dissiplinêre proses op drie aanklagte skuldig bevind, insluitend growwe nalatigheid.

Maroleng het intussen Dinsdag na sy skorsing aan EWN gesê hy gaan teen die bevindinge van die dissiplinêre komitee sowel as die raad se besluit om hom af te dank, appelleer.

Maroleng was vanaf 1 Februarie verlede jaar bedryfshoof van die SAUK. Hy het die omstrede Hlaudi Motsoeneng opgevolg.

Maroleng was voorheen eNCA se Afrika-redakteur, ʼn uitvoerende beampte vir korporatiewe aangeleenthede by MTN en ʼn navorser by die instituut vir sekuriteitstudies. Hy het ʼn BA Honneurs- asook ʼn MBA-graad aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.

Sy aanstelling is destyds gefinaliseer volgens die bevel van die hooggeregshof oor die aanstelling van uitvoerende hoofde by die openbare uitsaaier.

Die interimhofbevel wat in Oktober 2017 uitgereik is, het die magte van die kommunikasieminister beperk om uitvoerende hoofde by die SAUK aan te stel, om sodoende die onafhanklikheid van die raad te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

fred ·

ja nog één wat gaan appeleer en ondertussen gaan hy seker nog vir jare n volle salaris kry….wonder wie sy hofsake gaan betaal?
Op welke merriete word hulle op die eerste plek aangestel?
Seker nog één van die elite kaders……?

Dries du Toit ·

Mag ons nie weet waaroor os hy afgedamk nie. Growwe nalatigheid ?? Vergeet om sy kantoor se venster toe te maak ??

'n Vriend ·

Omdat hy ‘n verwysing geskryf het vir ‘n dame wat ‘n posisie by SARU wou aanvaar maar dit nie volgens die SABC se standaard was nie en hulle glo nie in ‘n goeie lig gesit het nie. Asook die feit dat daar ‘n projek was wat ‘n finansiële staf nodig gehad het en hy die wit meisie aanbeveel het en HR nie daarvan gehou het nie… Maar kyk hoe braak al die arm-chair rassiste hieronder. Hulle het geen idee van die politieke agendas in institusies soos dié nie. Al wat hulle sien is nog ‘n swart man wat nie die werk kan doen of ‘n boetie is. Dit maak my siek. Hierdie man het meer integriteit as die spul van hulle hieronder saam.

Wildeboer ·

“The SABC has fired its Chief Operations Officer Chris Maroleng. Earlier in April Maroleng was found guilty on three charges, which included gross negligence. City Press reported that the main allegation against Maroleng is that he protected the company’s former group executive for sport Marcia Mahlalela, who quit before she was about to face a disciplinary inquiry over her appointment of sports presenter Robert Marawa ,allegedly without following due process. Maroleng is accused of writing a letter to the South African Rugby Union exonerating Mahlalela of the accusations against her, saying the SABC considered the accusations against her unsubstantiated.”
Bron: Business Insider, 24 April 2019

Wildeboer ·

SARU het die vrou toe aangestel in ‘n top pos op grond van Moroleng se foutiewe brief. Hy het ook ‘ n R40 000 per maand toelae aan ‘n werker betaal sonder die nodige goedkeuring. Daarvoor is hy ook skuldig bevind.

Thinus ·

Net nog ‘n mislukte staats instansie a.g.v. regstellende aksie en BEE kader ontplooiing. Die ANC leer net nie uit hulle foute nie en weet nie dat hulle niks weet nie. Daarom weier ek om hierdie sirkus te ondersteun d.m.v. ‘n tv lisensie. Privatiseer die gemors, dan sal daar vooruitgang wees.

Boerin ·

My mening ook…nog miljoene wat agter hom aangegooi gaan word,voor hulle ontslae sal wees van hom!

George in Bloem ·

Gaap…..die bankrot SAUK,dansy die wonderlike ANC,vervang een ANC gatgabba met ‘n ander? Hoe fantasties……gaap…en die belastingetaler staan pa vir die rekenings. Net nog ‘n dag in hierdie onbevoegde korrupte derdewereldse land.Viva.

Rita ·

Die een disaster volg die vorige een op. Al daai elite poste wat hy voorheen beklee het is net windowdressing. Wonder of al sy kamtige grade ooit geverifieer is????

'n Vriend ·

Elke keer wat ek die kommentaar lees wonder ek oor die intensie, die psige en EQ van mense soos fred, Boerin en Rita. Is dit moontlik dat julle alle mense van kleur as boewe sien? Die vyand? Het julle geen integriteit meer oor nie? Ken julle vir Chris Moraleng persoonlik? Seker nie… Ek doen wel, Chris praat met my Afrikaans. Chris het integriteit. Chris het meer wit vriende as wat hy swart vriende het. Hy het ‘n verskil gemaak in elke institusie waar hy was. Chris het nie met politieke ideale groot geword en uiteindelik so radikaal geword dat hy almal wat ‘n ander kleur is haat soos die tipe mens wat julle geword het nie. Chris wou ook net ‘n beter lewe hê, hy’t klas geloop soos die res van julle kinders by ‘n universiteit as ‘n daily. Hy’t gewerk vir daai grade. Ek hoop regtig julle sal eendag daar waar julle ookal voor die uiteindelike regter staan die balk uit julle eie oog kan haal en nederig raak en kan vergifnis vra oor die braaksel wat julle saai op ‘n daaglikse basis. My uiteindelike vraag is steeds, wat is julle intensie? Julle kla oor EFF en ander wat geboue fisiese afbrand… Wat doen julle met die woorde uit jul monde? Bou verseker nie op nie want met haat breek ‘n mens net af. Tikkie advies, engage brain before mouth. Lekker dag aan julle drie. Sterkte Chris!

riaan ·

Selfs al is die kwalifikasies eg, help dit niks om te keer dat iemand skelm en onbevoeg is nie!

Weskusklong ·

Dit gaan maar oral so Rita. En dit is waarom SA se staatsektor in so ‘n groot gemors is. My groot bekommernis is dat dit ook gebeur in die privaatsektor waar sluiers oor mislukte aanstellings getrek word. Gelukkig kom dit soms uit soos met Steinhoff, asook MTN se aktiwiteite in Nigerië en Turkye. Ons pensioenfondse belê in maatskappye en verloor miljarde.

Deon ·

Vriend, die mense wat hier skryf is nie noodwendig “rassiste” nie. Hulle is net siek en sat vir korrupsie en swak bestuur.

Gemaskerde Sopbeen ·

Jammer Mnr Maroleng, maar as jy nie buig voor die afgode en maak soos die grootbase sê nie, gaan jy swaarkry…..Is die nie sleg dat AL sy kollegas net goed van hom praat nie, terwyl ‘n nuut aangestelde raad hare kloof om van hom ontslae te raak nie?

Willie ·

Ongelukkig as jy nie na die pype van die ANC dans nie, is jy uit.. Baie sterkte Chris, hoop jy kan trerug baklei met n mag!

Judge Dredd ·

Die SABC kan maar soveel CEO’s “fire” soos hulle wil – en korrupsie uitroei soos hulle wil – maar ek betaal nie ‘n sent vir daardie gemors wat julle uitsaai.

Gerhard Burger ·

Ek stem saam met ‘”n Vriend’ se kommentare! Wag vir die feite. Gegewe die omstandighede by die SAUK en die wyd gepubliseerde agtergrond en ingesteldheid van Chris Maroleng, behoort hy op hierdie stadium eerder die voordeel te kry totdat die feite verkeerdheid aan sy kant bewys. Die wydlopende aanvalle op die integriteit van Maroleng wat tans voortydig deur sommiges hier gevoer word is onhoudbaar en gewoon onaanvaarbaar. Weereens, wag vir die feite.

riaan ·

Die feite is uit in die openbaar!

Maroleng het 1) gelieg en 2) besluite geneem en toegepas wat in oortreding van wetgewing en SABC beleid is omdat hy duidelik gedink het hy is verhewe bo reels en regulasies!

Wat meer moet ons voor wag?

Stoffel ·

Daar was ‘n disiplinêre verhoor waar hy skuldig bevind is. Hy het seker die reg om appèl aan te teken. Die voordeel van twyfel is teen hom.

Sue ·

Verseker dans hierdie man nie na sy nuut aangestelde Raad se pype nie. Dié dat hy nou afgedank word – werk mos so in die hedendaagse Suid-Afrika. As dit nie die geval is nie, waarom dan die geheimsinnigheid rakende sy afdanking????

klip in die bos ·

Hulle wil almal kans gee behalwe die regte een. Dit is ‘n kort def. van BEE. Wanneer gaan hulle ‘n les leer?

bosluis ·

Ek dink ek gaan aansoek doen vir die pos! Ek het geen ondervinding anders as TV kyk en channel hop nie. Dink ek sal suksesvol wees in die pos! lol

Deloris ·

Whats new… hulle vlieg ook deur hoofde soos ESKOM en SAL….

Kerrie Vlam-Skiet Briekstreep ·

.
…ek gooi my SAUK dagvaardigings terug in die groot rooi posbus by die kafee…nadat ek “RETURN TO SENDER” daarop geskryf het….ek weier nou al 6 jaar om my tv lisensie te betaal…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.