SAUK se duisende vir musieklegendes ‘onreëlmatig’

Hlaudi Motsoeneng. (Foto: Facebook/ Hlaudi Motsoeneng)

Die spesiale tribunaal het beslis dat die betaling van R50 000 wat voormalige SAUK-hoofde aan 53 sogenaamde musieklegendes betaal het, onreëlmatig was en ter syde gestel word.

Hlaudi Motsoeneng, voormalige SAUK-bedryfshoof, en agt ander hoofde by die openbare uitsaaier se besluit om die betalings te doen, het eindelik tot die verkwisting van R2 425 000 gelei, het die tribunaal bevind.

Die ander senior betrokkenes sluit in Bessie Tugwana, voormalige hoof van korporatiewe sake, Simon Tebele, voormalige hoof van nuus en aktualiteit, en Audrey Raphela, voormalige waarnemende finansiële hoof.

Die betalings is gedoen as aansporing vir steun aan die SAUK deur musikante te vergoed wat glo nie voor 1996 tantieme ontvang het nie, maar die uitsaaier het nie op enige manier daarby gebaat nie.

Volgens die tribunaal het Motsoeneng met die idee vorendag gekom en dit is in September 2016 in werking gestel.

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) en die SAUK het die spesiale tribunaal genader ná ʼn ondersoek van die eenheid na die SAUK se sake. Dit het gewys die openbare uitsaaier het nie ʼn beleid waarop betalingsbesluite gegrond word nie.

Dit is ook bevind voormalige uitvoerende hoofde het die SAUK se interne beleid verontagsaam en roekeloos en nalatig opgetree in die uitvoering van hul pligte. Hulle het hul magte as SAUK-hoofde misbruik en hul optrede het tot nuttelose besteding vir die openbare uitsaaier gelei.

Pres. Cyril Ramaphosa het die SOE magtiging gegee om bewerings van wangedrag by die SAUK te ondersoek.

Die spesiale tribunaal is ʼn voortsetting van die SOE se ondersoekuitkomste en ʼn manier om geld wat die SAUK verloor het, te herwin.

Verskeie ander sake wat met besteding by die SAUK verband hou, is ook op die hofrol en by die spesiale tribunaal en sal na verwagting tot die herwinning van nog geld lei, sê Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SOE.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

domheks ·

hahahahahaaa! en waar gaan julle na soveel jaar die geld invorder?

Dries ·

Die geld herwin? As dit slaag, eet ek Cele se hoed op, want ek het nie een nie.

Anel ·

En so word daar voort gemors. Wonder wie die lot is wat soveel geld gekry het?

JohanR ·

Waar het die ANC die ou gekry? Daar nie twee brein selle daar bo om teen mekaar te skuur nie!

Suzette ·

Ek is al so MOEG vir hierdie klomp skelms!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Gawie ·

Ek hou van die term “sogenaamde musieklegendes”. Kan ons ‘n lys van name sien asseblief?

Ansie ·

Ek hoop die geld word van Hlaudi en sy bg medewerkers verhaal want ek twyfel of die sogenaamde musieklegendes dit nog het of sal kan terugbetaal.

Herman L ·

Die geld is een saak, maar is daar geen strafregtelike klagte teen die oortreders nie, of is dit ook gerieflikheidshalwe ‘n geval van oortredings wat verjaar het?

Blikkies ·

Hoe vat dit dan so lank om agter te kom! Ek hoop julle vat daai geld terug van hulle persoonlik en nie weer ons maak betaal daarvoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.