SAUK sê jammer aan Dlamini-Zuma

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: ANA/David Ritchie

Die SAUK het Sondag om verskoning gevra aan ANC-LP Nkosazana Dlamini-Zuma vir “onlangse foute wat in die nuusbulletins gemaak is”.

Nomsa Philiso, waarnemende hoof van die SAUK, het gesê die foute was “vernederend” teenoor Dlamini-Zuma. “Vroeg in Augustus vanjaar, toe dr. Dlamini-Zuma se naam verkeerd gespel is, het die SAUK om verskoning gevra en dit as ʼn menslike fout geag. Onlangs het een van ons nuusopskrifte na haar verwys as ʼn eks-vrou, eerder as om haar naam te gebruik. Dit was seksisties en verkeerd. Die ligsinnige reaksie van die SAUK se woordvoerder [Kaizer Kganyago] toe hy hieroor gevra is, was net so beledigend,” het Philiso gesê.

Philiso het gesê die SAUK se tydelike raad en bestuur sien die aangeleentheid in ʼn ernstige lig. Die direkteurs van die SAUK het intussen die nuusbestuur opdrag gegee om die aangeleentheid te ondersoek om te verseker dat die SAUK onpartydig bly.

Kganyago se verklaring sal ook deel vorm van die ondersoek, en die raad en bestuur van die openbare uitsaaier “is toegewyd om die nodige stappe te doen om die aanvanklike fout en gevolglike foutiewe reaksie daarop te hanteer”, het Philiso gesê.

Die ANC-vroueliga (ANCVL) het Saterdag uitgevaar teen die SAUK en gesê die liga het “met afgryse” kennis geneem dat die SAUK se televisienuus “ontaard het in ʼn voorstander van patriargie en aanhitsers van manlike chauvinisme”.

Meokgo Matuba, sekretaris-generaal van die ANCVL, het in ʼn verklaring gesê die SAUK se televisienuus het onlangs na Dlamini-Zuma verwys as “Mini-Zuma” en “Zuma se eks-vrou”. Sy het beklemtoon dat Dlamini-Zuma ʼn mediese dokter is wat as die eerste vroulike voorsitter van die Afrika-unie gedien het, ʼn voormalige minister van binnelandse sake, buitelandse sake en gesondheid is en tans ʼn LP in die Nasionale Vergadering is.

Dlamini-Zuma is ook een van verskeie kandidate wat wedywer om by haar voormalige man, pres. Jacob Zuma, die ANC se presidentskap oor te neem by die party se verkiesingskonferensie in Desember. Sy het die ondersteuning van die ANCVL se nasionale leierskap om oor te neem as die party se volgende president.

Kganyago het by navraag oor die ANCVL se bewerings gesê die kritiek teenoor die SAUK-televisienuusspan is net deel van die “lawwigheid” in aanloop tot die ANC se verkiesingskonferensie. Hy het gesê hy is nie bewus van voorvalle waar die SAUK na Dlamini-Zuma verwys het soos die vroueliga beweer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Callie ·

Dit is een van die volgende teikens. Niemand reageer meer op die bedrog, op die rassime waarmee wittes geteiken word, die vuurwapen wet om blankes te ontwapen, die openlike verspreiding van SAW en SAP en wapens wat deur blankes ingehandig is, aan die moordenaars van plaasboere, die verwydering van Godsdiens uit skole. Indirekte ondersteuning aan plaasmoorde deur uitlatings van regerings amptenare en die absolute weiering om daarteen op te tree. So gaan die lys aan en aan. Asb mense, kom ons begin net saamstaan, begin om druk op media te plaas om hierdie tipe van dinge te veroordeel. Kom ons begin net met mekaar praat en nie altyd negatief reageer teen almal wat probeer nie.

Johann ·

Whahahhahahha! Dis darm GROOOOT woorde vir die ANC TANNIE LIGGA? Hulle het gehoop ou ROI OG gaan nog daar wees vir dienpropaganda masjien….Seker daarvan dis nog een van Bell Potinger se truuks wat hulle toepas om aandag te trek. PICK ME PICK ME PICK ME!!!!! ANC LEGACY: bemagtig al.wat n Zumaikie is om.Zuptopia te beskerm.

FM ·

Maar sy is mos zuma se eks. Wat is fout daarmee? Haar van was mos ZUMA.Suid- Afrika gaan die dag berou as nog n zuma president word. Sy sal net aangaan waar die eerste zuma gestop het. Is sy n mediese dokter, soos in mediese dokter.?!

Anoniem ·

Ja, FM, sy is inderdaad ‘n mediese dokter. Sy is in Kuba opgelei en het as Minister van Gesondheid gepredik om HIV met knoffel, beet en dies meer te behandel.

Pop ·

En sy is die moeder van korupsie. Eerste een gewees wat sonder om n oog te knip, eers gelieg het oor die sarafina geld en toe net weggekom het met dit. Argeloos.

John ·

… en ons Maroela-boompie gaan wortel en tak uitgeroei word, want geen kritiek gaan geduld word nie. Een woord oor die vele ‘tea parties’ van die twee skone anties in hul duur ontwerpersklere bo en onder die Limpopo sal met groot boetes begroet word of ‘n paar houe met ‘n … al is lyfstraf taboe.

FM ·

Kan iemand my dalk sê of zuma se eks al n woord oor die Gupta leaks gerep het, maw of sy die Gupta leaks as waar of onwaar beskou? Ek sal graag wil weet .Thanks.

Adam ·

Wanneer ‘n politikus se ego belangriker is as sy/haar CV, weet mens daar is moelikheid.

Derik ·

Ons moet natuurlik nie vergeet van die voorkeur behandeling wat sy ‘n paar jaar gelede gekry het toe sy baie vinnig ‘n nier oorplanting gehad het. die gewone mense moet maande, self jare wag vir ‘n nier skenker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.