SAUK-werkers vra steun te midde van dreigende afleggings

(Foto: Karen Sandison/ANA)

Ontevrede werkers van die openbare uitsaaier beoog ʼn sogenaamde stille protes wat “Swart Maandag” gedoop is nadat die SAUK aangekondig het dat hy 400 werkers gaan aflê.

“Ons verklaar Maandag 16 November tot Swart Maandag en ʼn dag van optrede teen die nuwe struktuur. Ons vra alle Suid-Afrikaners om vir ons te bid en ons in hulle gedagtes en meditasies te hou,” het die beweging in ʼn verklaring gesê.

Ten spyte van kritiek daarteen, het die SAUK aangekondig dat daar nou met die afleggingsproses begin word. Werkers wat afgelê word, sal ʼn skeidingspakket van een week se salaris vir elke jaar diens ontvang.

“Dit het ongelukkig duidelik geword dat ons organisasie ʼn moeilike maar nodige proses moet ondergaan wat tot ʼn vermindering in personeel gaan lei,” het die SAUK vroeër gesê.

Die SAUK het in Junie aanvanklik gesê dat 600 werkers afgelê moet word. Die EFF het destyds gesê ʼn instelling kan nie selfonderhoudend en vooruitstrewend word as hy sy werksmag verklein nie.

Sondag het die beweging teen die afleggings gesê die nuwe struktuur word deur die openbare uitsaaier se bestuur afgedwing en dat dit prosedureel onregverdig en onvanpas is.

Die SAUK het vroeër vandeesweek gesê daar is reeds sowat 170 vakante poste waarvoor werkers kan aansoek doen, wat die getal geraakte poste tot 230 verminder.

In ʼn poging om sy salarisrekening te verminder, het die SAUK verskeie voorstelle gemaak. Dit sluit in:

  • Salarisverminderings
  • Die skrap van ʼn salarisverhoging vroeër vanjaar
  • Die vries van jaarlikse salarisverhogings.

Die SAUK het ook gesê ná oorweging van verskillende voorstelle het hy onder meer besluit dat die volgende alternatiewe van 1 April volgende jaar geld:

  • Alle salarisverhogings word vir ʼn moontlike drie jaar gevries
  • Jaarlikse verlof word van 35 kalenderdae tot 28 verminder
  • Opgehoopte verlof kan nie meer as kontant uitbetaal word nie
  • Siekverlof word van ʼn jaarlikse 30 dae tot 36 dae oor ʼn driejaarsiklus verminder.

Die SAUK het gesê die bepalings oor siekverlof en die uitbetaling van verlof sal wel later verder bespreek word.

Diegene wie se poste as oortollig verklaar is, sal teen Woensdag daaroor ingelig word.

“Ons benadruk dat die besluit nie ʼn maklike een is nie, maar dit is ongelukkig nodig vir die volhoubaarheid van die SAUK op lang termyn,” het die organisasie vandeesweek gesê.

“ʼn Bankrot SAUK dien niemand nie; nie ons werkers of elke burger wat op die SAUK staatmaak vir billike en etiese uitsaaidienste nie.”

Die sogenaamde SABC Section 192 Movement sê hy is bemoedig deur die steun wat hy van vakbonde, die burgery, geloofsgroepe en LP’s kry.

Sommige SAUK-werkers het verlede week al swart gedra in protes teen die naderende afleggings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Andre ·

SABC ons sal jou nie mis…verbaas dat die plek nog nie deure toegemaak het nie.So gaan dit as jy mense in bestuur aanstel wat geen clue het wat aangaan nie en net daar is om sakke vol te maak.Wens ESKOM wil ook oortollige werkers laat gaan.

Nie Verbaas ·

Businesstech het berig dat daar 66% te veel werknemers by ESKOM is. Belasting betaler betaal daaroor. Te lekker, ne ANC.

Chris dupreez ·

Dit is wat gebeur as daar net poste geskep word om mense werk te gee. Ongelukkig moet die poste nou gesny word. Dit is vir seker iets wat in die staatsdiens ook moet gebeur.

Truthful ·

.n Christen mediteer nie…maak nie sy siel oop vir demons nie…..ek betaal jaarliks nog tv lisensie maar gaan dit stop sit want ons gebruik tans net rekenaars in ons huishouding…ek vertrou geensins enige Sa companys.
.

Zombie ·

Truthful, verduidelik bietjie van meditasie en Christene en siel oop maak vir demone. Gebed is maar ń vorm van meditasie.
Sterkte aan die SAUK-personeel vir die stryd wat voorlê.

Dries ·

Gebruik bietjie jou rekenaars en raak dan ingelig, voor jy onkundige kommentaar lewer.

Truthful ·

Geen Suid Afrika regerings besighede is winsgewend nie…

Nie Verbaas ·

Lees 41 bladsy verslag van SABC en sien dat meerderheid doelwitte nie bereik is nie. ANC narre.

Jaco ·

Ek kry die mense jammer. Maar daar is baie verkeerde besluite geneem deur die jare en ons kan nou sien wat is die uit einde. En die selfde gaan nog gebeur by ander staats departmente.

Wilhelm ·

“Jaarlikse verlof van 35 dae… “… dis basies 2 maande se werksdae… dis lekker by die see… s.a.b.see

Privaat sektor standaard is 15 – 20 dae.

Casper ·

Siekverlof van 30 dae na 36 dae verminder oor ‘n tydperk van ‘n 3 jaar siklus.Lees el verkeerd of laat iemand se wiskunde hom in die steek.

Deon ·

30 dae per jaar na 36 vir 3 jaar, maw van30 per jaar na 12 per jaar

Adriaan ·

Hulle het 30 dae per jaar (ou siklus) siekverlof gekry, wat verander word na 36 dae per 3 jaar (nuwe siklus).

Maw oor n 3 jaar tydperk verminder siekverlof vanaf 90 dae na 36.

BOKKIEBEK ·

Dit verander van 30 dae per jaar…na 36 dae oor 3 jaar…so waar hulle 90 dae oor drie jaar gehad het word dit nou net 36 dae…

Vriendelike Frikkie ·

Ja, ek werk by Denel. Hulle het gesê hier is 20% vir Oktober, die res moet julle maar self gaan opmaak, ons is bankrot. Ons is ook gevra om huistoe te gaan en terug te kom sodra die salaris “kwessies” opgelos is. Ek dink nie ek gaan so lank leef nie.

Derek ·

Dit alles die resultaat van bedrog en korrupsie en die aanstelling van onbekwame persone volgens die huidige regering se wette en beleid. Hoekom hulle so vrees om die regte mense aan te stel dui net op hul eie onsekerheid met kwalifikasies en al.

Nico ·

Ek sê laat almal betaal vir ‘n TV lisensie, daar is te veel roofkykers, ek kan nie ‘n TV koop sonder ‘n lisensie nie, maar daar is ander groepe mense wat dit kan doen. SAUK julle moet regverdig wees, moenie rassisties wees nie.

Hennie J ·

Dit wat vakbonde deur die jare afdgedwing het met intimidasie, dit wat soustrein ry tot gevolg het en dit wat die gevolge is van kader ontplooing byt nou terug. Sorry julle, ek huil nie saam nie.

Dirk Mostert ·

Die SABC, soos alle staatsentiteite, behoort nie ‘n werkverskaffingsburo te wees nie. Daar behoort niks meer poste te wees as wat absoluut nodig is nie. Byvoorbeeld, waarom is daar by TV-nuus TWEE persone wat om die beurt ‘n sin aflees? Ek het min simpatie met werknemers wat hul werkgewer se voortbestaan bedreig met onredelike en selfsugtige vakunie-aksies. Vakunies en -lede moet leer dat jy nie die gans wat goue eiers le moet slag nie. Daar kan ook bespaar word deur die aantal TV-kanale te verminder.

Anton ·

Die SAUK het ‘n bewese geskiedenis van wan bestuur. Hoe kan dit toegelaat word dat die werkers nou moet ly as gevolg van bestuur se onvermoë om om hul verantwoordelikheid na te kom. Die regering is net so verantwoordelik vir die gemors by die SAUK as bestuur. Die regering het voortgegaan om onbevoede mense in poste te plaas wat wat tot nadeel van die organisasie gestrek het.

Andrew ·

Daar is 70 miljoen wat as hulle elk vir die SAUK net R1 gee dan het julle genoeg steun.

Wilhelm ·

Hoe vêr sal R70m hulle vat ? Persoonlik sal ek nie vir hulle 1 sent gee nie.

Dries ·

Volgens kyksyfers is Uzalo (Zuma se dogter se sepie) die mees gekykte program op SABC, met 15 miljoen kykers. As al daardie kykers getrou hulle tv lisensies betaal sal die SABC nie in so benoude situasie verkeer nie.

Nie Verbaas ·

Te veel werknemers en volgens n studie kwalifiseer net n mindere hoeveelheid vir posisie waarin hulle aangestel is by die SAUK. Sulke dinge maak mens mismoedig want daar is van ons wat kwalifiseer vir posisies maar werkloos is as gevolg van die BEE grap.

Dries ·

Wanneer gaan Hlaudi tot verantwoording geroep word vir sy wandade? Hy het die laaste spykers in die SAUK se doodskis gekap.

Pietertjie ·

Die SANCBC kan maar toemaak, en sy lisensie – invordering staak. Dit beteken niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.