
Grafika: Seacom, Facebook
*JONGSTE: Die Seacom-netwerk is om 12:00 herstel.
Alle internasionale internetverbindings deur Egipte word Donderdag geraak deur ʼn tegniese probleem wat Seacom tans ervaar.
Seacom het bevestig die probleem het om 08:00 ontstaan en herstelspanne is op die toneel. “Seacom monitor die situasie en sal nuwe inligting deurgee,” het die maatskappy gesê.
Plaaslike internetdiensverskaffers soos MWeb en Smart Village het reeds hul kliënte in kennis gestel van moontlike probleme met internetverbindings.
Internasionale webwerwe kan moontlik stadig laai weens ʼn opeenhoping van internetverkeer wat herlei word deur ander kanale.
Dit is die tweede keer binne een week wat Seacom sukkel met sy stelsel. Maroela Media het verlede week Donderdag berig daar was ʼn groot onderbreking in internettoegang.
*JONGSTE: Die Seacom-netwerk is op 28 Januarie 2016 om 12:00 herstel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Het verlede week gewonder WAT aangaan… vanoggend nog geen probleme gehad nie.
Ek weet nie hoe en waar nie, maar iewers sit daar ‘n kraai op die Internet-draad, of daardie kabel is op meer plekke af as wat vermoed word, want ek persoonlik sukkel my alie af met die Internet. Dalk het iemand wat hier lees raad vir my. My “router” op my breèbandstelsel skakel homself sommer net so skielik om geen rede nie af. Na so ‘n rukkie skakel hy weer aan, net om later weer alles te herhaal. Dikwels net as ek besig is om maroela te lees.Ek het hom al laat toets, en hy makeer niks. Al wat ek… Lees meer »