Seekoei val vrou by oord aan    

(Argieffoto)

Op dieselfde dag waarop ʼn kameelperd ʼn 18-maande oue dogtertjie en haar ma in KwaZulu-Natal-vertrap het, het ʼn seekoei ʼn vrou in dieselfde provinsie aangeval.

Netcare 911 is Woensdag net ná 18:30 na ʼn oord in St. Lucia ontbied, nadat ʼn 50-jarige vrou deur ʼn seekoei gebyt en vertrap is.

“Inligting wat ons ontvang het, dui daarop dat ʼn ma, haar dogter en dié se kêrel in die oord se swembad geswem het toe beurtkrag ingeskop het. Die drie het in die donker terug na hul akkommodasie gestap toe hulle deur ʼn seekoei en haar kalf gekonfronteer is,” sê Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911.

“Die dier het op hulle afgestorm. Die drie gaste het weggehardloop, maar die 50-jarige vrou kon nie betyds wegkom nie en die seekoei het haar gebyt en vertrap.

“Toe Netcare 911 se paramedici op die toneel aankom, het hulle die vrou in ʼn kritieke toestand aangetref. Sy is op die toneel behandel, maar haar toestand het vinnig versleg.”

ʼn Netcare-lugambulans is ontbied en die vrou is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Dit is nie duidelik wat haar toestand op die oomblik is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Onnie ·

Ek het nooit as kind besef hoe gevaarlik hierdie diere is nie. Ons het seekoeie net op die Chomp advertensies gesien. Hulle kom so sageaard en kalm voor.

Danie ·

Lyk na sagmoedige diere maar piet as hy vir jou kom sal jy tweede kom.Hou maar n myl tussen mekaar.

Casper ·

Die berig maak melding dat die seekoei ‘n kalfie by haar gehad het.Sy het die mense as bedreiging vir haar kalfie gesien en tot die aanval oopgegaan.Hulle verstaan nie dat mense hulle nie wil seer maak nie.Sterkte aan die vrou.

Ronel ·

In die donker terug, koei met haar kalf…sy wou die kalf beskerm aangesien die mens nie vertrou kan word nie

Roek ·

Roer die oord , as hulle weet die diere loop daar rond moet daar behoorlike veiligheids maatreels getref word !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.