’Sekerheidswag’ vas vir bedrog

geld 7

Argieffoto.

ʼn Nege-en-twintigjarige man wat hom as ʼn sekerheidsbeampte voorgedoen het, het Woensdag in die Welkom-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal en die besit van gesteelde goedere. Hy het na bewering kliënte uit meer as R7 000 bedrieg deur hom as ʼn sekerheidswag voor te doen.

Johannes van der Walt is Maandagaand omstreeks 21:29 in hegtenis geneem.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê Van der Walt het kliënte ʼn rat voor die oë gedraai deur dienste op ʼn bedrieglike wyse onder ʼn bestaande sekerheidsmaatskappy se naam te lewer. Hy was vroeër werksaam by dié maatskappy en het glo nooit sy uniform teruggegee toe hy die maatskappy verlaat het nie.

Makhele sê Van der Walt het hom voorgedoen as ʼn sekerheidswag met die naam Fritz Terblanche, wat as werknemer van die betrokke maatskappy sekerheidsdienste aan kliënte verskaf het. Hy het glo nooit amptelike papierwerk vir die dienste wat hy gelewer het, voltooi nie.

Van der Walt het glo ook nie die werk gedoen waarvoor die kliënte hom betaal het nie. Dit het die kliënte die harnas ingejaag en die maatskappy in ʼn slegte lig gestel.

In totaal is drie sake teen Van der Walt aanhangig gemaak.

Met sy inhegtenisneming het die polisie beslag gelê op ʼn blou lêer met belangrike dokumente van die sekerheidsmaatskappy, Johnson-hemde met die maatskappy se kenteken, broeke, ’n RDC-toetser en alarmdraad.

Van der Walt is Woensdag borgtog van R1 500 toegestaan. Hy sal na verwagting weer 26 Junie in die hof verskyn.

Die polisie doen ʼn beroep op enigeen wat moontlik deur Van der Walt bedrieg is, om Lorette van Rooyen, die ondersoekbeampte van die Welkom-speurdiens, by 057 391 6276 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Albert Willem ·

Hoe dom is maatskappye om n sekuriteitswag te aanvaar wat vir n sekuriteit firma optree.

William ·

Hy het verskilende I.d dokumente verskaf aan verskilende maatskapye, by het by een maatskapy gewerk en net verdwyn en by n ander een begin werk

Nico ·

Dit is mos maklik, die beskuldige betaal sy borg wat hoor ons weer van die saak, die saak lê in file 13 die vuilgoed drommekie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.