Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die direkteur van openbare vervolging het besluit dat Fransman nie vervolg sal word nie weens ʼn tekort aan bewyse.
Die aanklag hou verband met ʼn saak wat teen Fransman geopen is gedurende die ANC se 104de verjaardagviering in Rustenburg. Volgens ʼn 21-jarige vrou van Stellenbosch het Fransman, wat toe haar werkgewer was, haar seksueel geteister toe sy hom na die viering vergesel het.
Fransman het tydelik uit sy amp getree hangende die uitkoms van die polisie en die ANC se onderskeie ondersoeke, maar het deurentyd die vrou se bewerings ten sterkste ontken.
Die terugtrek van die aanklagte kom slegs ʼn dag nadat Fransman oor die naweek gesê het hy is oortuig dat hy weer die leisels van die ANC in die Wes-Kaap sal opneem ná afloop van die munisipale verkiesing in Augustus. Die ANC sal na bewering oor die volgende paar dae besluit of Fransman sal terugkeer na sy posisie as voorsitter in die provinsie.
Die ANC het voorheen Faiez Jacobs, die provinsiale sekretaris, weer in sy posisie aangestel nadat hy geskors is hangende ʼn ondersoek teen hom vir sy beweerde aanranding van voormalige ANC-navorser, Wesley Seal.
Die ANC wou nie Maandag kommentaar lewer nie omdat die party nog nie amptelik kennis ontvang het dat die aanklag teen Fransman teruggetrek is nie.
Geen lid van ANC sal ooit vervolg of skuldig bevind word vir of aan iets nie. Hier is dit weer n arme jong slagoffer teen die ANC. Hy word maar net weer aangestel en hoor maar hoe groot sy mond nou gaan word. JAN se skuld
So sal al die kaders vryloop. Untouchables. Zuma, Yengeni, Shaik, en bowenal, die mitologiese god, reeds die tydelike met die ewige verwissel.
Hoeveel is hierdie vrou betaal om die saak terug te trek?
Weeereens politieke inmenging?
Sy moes seker maar die klag terugtrek om haar werk te kan behou. Daar is seker baie mooi op haar gevoel gespeel.
ff<d
Hyt gese “sorrrryyyy”, syt n klompie geld gekry en daar veredwyn al die probleme. Maklik ne.
Die klaagster, Louisa Wynand, is ook net ingelig dat daar geen vervolging gaan wees nie, omrede daar klaarblyklik nie genoegsame bewyse is nie. Sy het gister genoem dat sy talle bewyse ingedien het. Sy gaan moontlik haar regspan vra om Fransman privaat aan te kla. Ek dink die “publiek” sal nie omgee om geldelik by te dra nie, -ek inkluis.
Ja, wat sal ons se ….dis maar net die Anc se manier.
Bedrog en onbetroubaar.
Wat het Mnr. Fransman gemotiveer om `n jong dame van 21 `n afstand van 1400 km alleen in `n motor saam met hom na `n konferensie vir `n paar dae te neem te neem? Wat was die doel van haar jeugdige teenwoordigheid? Het sy vrou haar ongekwalifiseerde toestemming geggee? Ek het geen twyfel dat sy vrou moontlik nie hiervan geweet het nie – `n leun verklikker toets sal dit kan bevestig. Die NVG is besig om hul naam nou goed g@t te maak.
Dit is waarom Shaun Abrahams aangestel is. Zuma sal vir Abrahams voorskryf wie die sg NVG mag vervolg en wie nie.
Deur net na die man te kyk kan mens besef hy is onderduims en dis presies wat hier gebeur het …waar n rokie is is daar n vuurtjie …hou hom maar dop hy gaan weer in omstredenheid wees met sy zip wat nog oop is …
Nog ‘n hoe ANC amptenaar wat nie vervolg kan word voordat die verkiesing plaasvind nie! Die vermetelheid en arrogansie om nog daarby te verklaar dat hulle, die ANC, nie geweet het dat die klagte teen Fransman terug getrek sou word nie. Die wisselwerking tussen die NVG en Gekelikeka Hie hie ha ha is baie duidelik. Zuma gaan nie sy mag as Staats President verlaat nie. Die risiko’s is te groot. Hy gaan deur die ANC se NUK en die NVG tot die dood toe beskerm word. Hy sal ook beskerm word ten koste van die DEMOKRASIE!
Moordenaars word dan ministers….mense met graad 3 word ministers…wat het jul verwag…Natuurlik gaan hy vry kom…Hy behoort dan aan die ANC!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Kiesers moet hulle oe nou oop maak en teen die anc stem sodat hulle kan verloor dan moet al hierdie sake weer geopen word dink net hoe baie gaan in die tronk gaan wees