Selfs 3 entstofdosisse keer nie Omikron – studie

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: GCIS)

Suid-Afrikaanse en Duitse wetenskaplikes het nou bevind dat selfs drie dosisse van die Covid-19-entstof dalk nie voldoende is om infeksie met die Omikron-variant vry te spring nie.

Volle inenting en ’n versterkingsdosis bied wel beskerming teen ernstige siekte sou ’n pasiënt die betrokke variant opdoen.

Dié studie is die eerste ter wêreld om deurbraakinfeksies met die Omikron-variant in ten volle ingeënte persone ná die ontvangs van versterkingsdosisse te bevestig en te tipeer. Dit is Woensdag in die mediese joernaal The Lancet gepubliseer.

ʼn Groep wetenskaplikes van onder andere die Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van Wes-Kaapland, die Universiteit van Kaapstad en die Ludwig Maximilian-Universiteit van München in Duitsland, het sewe Duitse besoekers aan Kaapstad bestudeer wat drie dosisse van die entstof ontvang het, maar steeds einde November verlede jaar met die Omikron-variant besmet is.

Al sewe die besoekers was ten volle ingeënt en het hoë vlakke van spesifieke teenliggaampies gehad.

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: GCIS)

Vyf van die besoekers het twee Pfizer-dosisse ontvang en later ʼn Pfizer-versterkingsdosis, terwyl een twee Pfizer-dosisse en ʼn Moderna Spikevax-versterkingsdosis ontvang het. Die sewende besoeker het ʼn AstraZeneca-dosis ontvang, opgevolg deur ʼn Pfizer-inenting en ʼn Pfizer-versterkingsdosis.

Hierdie besoekers het nietemin tussen 30 November en 2 Desember respiratoriese simptome begin toon en eindelik positief vir die koronavirus getoets. Hulle was almal met Omikron besmet en het ligte tot matige simptome (kortasem) ervaar.

Nie een van die pasiënte is egter in ’n hospitaal opgeneem nie.

Luidens die studie dui die pasiënte se ligte tot matige simptome daarop dat volle inenting en ʼn versterkingsdosis steeds goeie beskerming bied teen ernstige siekte wat deur Omikron veroorsaak word.

Die outeurs sê hul bevindings ondersteun die behoefte aan die verdere ontwikkeling van entstowwe om beter beskerming teen infeksie met die Omikron-variant te bied en beklemtoon dat nie-farmaseutiese maatreëls voorlopig volgehou moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Plaaskind ·

Steeds bly die skille op die oë en volg die skapies blindelings tot in die afgrond in.

Groen Ghoen ·

Plaaskind, die “vaksienes(?)” is natuurlik wonderlik vir die gesondheid van al die farmaseutiese maatskappye se aandeelhouers en werknemers – veral hul bankbalanse. Wat van die ingespuite “betalende skapies” word is seker die rede vir al die groot argumente. Want die skapies se belastings betaal tog maar al die rekeninge.

Lourens ·

Eerder n skapie as (soos n dokter nou anderdag vir my sê) sommer net dom. Mens kan nie met n dwaas redeneer nie.

VaalDonkie ·

Die virus maak 1 uit honderde ongewakste mense siek genoeg om hospitaal toe te moet gaan. 7 is nie ‘n groot genoeg groep om enige waardevolle afleidings van te maak nie.

VaalDonkie ·

Dit gaan nie oor die aantal dosisse nie, dit gaan oor die tydsberekening. Want die spuit maak teenliggaampies en hulle verdwyn weer nadat al die selle wat dorinkies gekry het, vernietig is. Dis hoe jou liggaam werk. So jy moet so drie weke voor die volgende “golf” jou prikkie gaan vat as jy enige voordeel daaruit wil trek. MAAAR jy moet ook onthou dat om jou immuunstelsels kort-kort to oorstimuleer oor die medium en lang termyn skade gaan doen en jou moontlik outo-immuunsiekte gaan gee. Gaan lees maar. Sels die Europese Mediese Vereniging seg so.

Dirk Mostert ·

(entstof-) Verworwe Immuniteits Gebrek (Sindroom). Waar het ek dit al gehoor?

Anna-Marie ·

Hoe weet hulle dis die vaksiene wat die ligter simptomes veroorsaak. Baie mense sonder enige ent het ook ligte simptomes gehad. Wanneer doen hulle navorsing om te sien hoeveel mense al Covid teenliggaampies het, al is hulle nie ingeënt nie?

madels ·

Nee hulle sal nie navorsing doen nie want hul is te bang vir die waarheid

Pietertjie ·

Iets rym nie lekker nie: aan die een kant lees ek dat Omicron gladnie sulke ernstige simptome veroorsaak nie, aan die ander kant help volledige inenting ( van tot vier dosisse sover) dat Omicron nie ernstige simptome tot gevolg sal hê nie. Wie lieg?

Jacobus ·

Nou toe nou! “The gift that keeps on giving” – vir Pharma aandeelhouers! En dan word Djokovic beskuldig van leuens. Die leuen is besig om internasionale bedrog te word – maar soos in ons landjie – geen gevolge want dit reën dollers!

Hendrik ·

Daar is baie groot geld betrokke hier. Vir die aantal covid toetse wat net in SA gedoen is sover, dis 21 855 117, en hulle maak R500 wins per toets, het hulle al R10 927 558 500 in hulle sakke gesteek. Hoeveel geld is daar nie gemaak deur maskers en sanitizer nie. Dan al die staal en perspex wat op elke winkel toonbank staan. Daar gaan nie maklik opgegee word met hierdie storie nie, om nie eers te praat van die fondse wat wegraak wat moet vergoed vir verlies aan inkomstes nie. Sit dan nog by hoeveel wins word gemaak op die inentings self en hulle begin druk om meer en meer inentings te kry. Die getalle inentings wat toegedien word, word daagliks meer. Maar sal interessant wees om te sien hoeveel nuwe mense ingeent word teenoor die wat val daarvoor om oor en oor gespuit te word. Meeste wat dit wou hê het dit reeds gekry. Gaan baie moeilik meer mense kry om daarvoor te val.

Willempie ·

En die volgende variant gaan 3 dosisse entstof en TWEE versterkingsdosisse benodig. En so gaan ons aan ens. Ens…

Janette ·

lmfga!! Wens hulle wil die mense die regte inligting gee, eers moet ons hoor dis die mense wat glad nie die vaccine gekry het nie wat die hospitale vol le…. Bull storie – My suster wat wel gehad het het in die ICU beland en veg nog vir haar lewe, en syt hare gekry n jaar terug – Ag nee man!!! Versprei asb die regte waarheid!!!!

VaalDonkie ·

Januarie 2021: Maak jou immuun, dis veilig, hou jou uit die hospitaal, regering vereis dit
Junie 2021: Dis veilig, hou jou uit die hospitaal, regering vereis dit
Oktober 2021: Dis veilig, regering vereis dit
Januarie 2022: regering vereis dit

Pieter ·

Hoekom Covid? Hoekom Wuhan, China? Klimaatsverandering, oorbevolking en bankrot finansiële stelsel. Dit is die doel van die spuit en boosters.

Dirk Mostert ·

Daar is groot oorvleueling van individue en instansies wat Klimaatsverandering en die Covid-pandemie propageer.

Landras ·

Al wie baie te sê het is mense wie nie die ent vat nie .

Rayman ·

Dit is so waar, lekker lag ek nou vir die komentaar, slaan jy die spyker nou op die kop

Chris ·

My probleem is die ouens wat nie die ruggraat het om te erken dat hul ‘n fout gemaak het, en steeds ontken dat die afsterwe van ‘n geliefde, die gordelroos en ander mediese probleme opgeduik het na die spuit. Almal het respek vir iemand wat openlik erken dat hul meegevoer is deur die hoofstroom media en daarop gereageer het – almal maak tog foute – jou volwassenheid word maar gemeet aan of jy erken wanneer jy ‘n fout gemaak het om sodoende ander te waarsky en ‘n voordelige bydrae tot die samelewing te maak. Die wat ontbloot word soos tyd verloop nieteenstaande die inligting beskikbaar en steeds vashou aan hul “trots” sal maar die gemeenskap se afkeur moet verdra sodra die blik wurms ten volle oopgemaak word.

Chris ·

J&J is ‘n Viral Vector Vaccine. Uittreksel van die CDC “In viral vector vaccines, a gene unique to the virus being targeted is added to the viral vector. For COVID-19 vaccines, this gene codes for the spike protein, which is only found on the surface of SARS-CoV-2.
The viral vector is used to shuttle this gene into a human cell. Once inside a cell, the viral vector uses this gene and the cell’s machinery to produce the spike protein and display it on the cell’s surface. Dit het presies dieselfde gevold as Pfizer, maar gebruik net ‘n adeno-virus as draer en nie die “nano lipid” kapsule nie. Geen van hierdie ente hou verband met tradisionele ente nie – doen jou navorsing. Wil jy werklik hierdie strooi in jou inspuit, en indien wel is die toekomstige onbekende newe effekte steed ‘n faktor wat sal uitkom met die nuwe tegnologie.

MARELIZE ·

Was daar enige verskille in hul simptome en die graad (erns) daarvan teenoor dié van pasiënte wat positief vir omikron toets en nié enige inspuitings gehad het nie? Pasiënte van vergelykbare ouderdom, bestaande siektetoestande, leefstylgewoontes ens.

DJ ·

Dit is absolute onsin. Dan noem hulle hulself wetenskaplikes. Eerder is hulle komediante.

Christine ·

Ek en my man herstel tans van Omikron, is bo 60 en nie ingeent nie. Ons simptome is ligter as ‘n kopverkoue, geen kortasemheid nie. Die seerkeel was die ergste, maar is vinnig gesnoer, sekerlik was dit die hulp van die Ivermectin.

Dirk Mostert ·

Al die entings was dus vir spek-en-boontjies. Maar die risiko van die ongetoetste entstowwe bly en akkumuleer met elke dosis.

annie ·

…en dit is net die begin van ons smarte. Ons pledge-prez en die Oosterse miljarder gaan nou eers begin om ‘n eie brand entstof te maak al waggel covid op sy laaste bene. Navorsers wat groot geld maak uit hul artikels met die oog op professorskap mbv groot bydraes van rykes, gaan sorg dat ons gespuit, geënt en getoets word tot einde der dae. Ons amper-prez dr Zuma hoop seker sy gaan 110+ haal vir opdragte aan haar onderdane waarsonder ons lewens ondraaglik sou wees…

madels ·

En so bly hul nou baie geld maak, moet seker na die 10de dosis en heelwat mense wat dood is van die virus eers begin verstand kry

Swerwer ·

As jy die virus moet kry sal jy hom kry. Ons kind het begin 2021 Covid gehad en in hospitaal opgeneem. ‘n Dierbare Engel van ‘n dokter het my wanneer hy aan diens was gehelp om my kind te besoek, Hy was verstandelik gestrem en het nie verstaan wat aangaan nie. Nie my man of ek het die inenting gehad nie. Ek het my kind vertroetel/behandel en gesoen groet soos altyd, al was hy op ‘n verntilator gekoppel. Hy was in sy 30tigs en peuter se verstand gehad. Nie een van ons het tot vandag covid gekry nie. My kind is 8 maande daarna aan “Covid related syndrome” oorlede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.