Senekal: ‘Daar is baie mense wat hom ondersteun’

André Pienaar (51) tydens Dinsdag se betoging buite die hof op Senekal.

Die regsverteenwoordiger van André Pienaar, die boer van Senekal wat in hegtenis geneem is ná Dinsdag se gewelddadige betoging op die dorp, sê sy het steeds geen klagstaat ontvang nie.

Die polisie het wel vroeër gesê dat die 52-jarige boer op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld in hegtenis geneem is. Volgens die polisie was nog inhegtenisnemings boonop op hande.

Ilanie Oberholzer, Pienaar se prokureur, sê hulle is in hierdie stadium steeds besig met die proses om aansoek te doen om borgtog. Ingevolge wetgewing moet Pienaar egter teen Vrydag in die hof verskyn nadat hy Woensdag aangekeer is.

Hy word tans weens veiligheidsredes by ʼn ongenoemde polisiestasie aangehou.

“Daar is baie mense wat hom ondersteun. Ek het oproepe van reg oor die land en selfs uit Botswana gekry. Hy het werklik ʼn goeie ondersteuningsnetwerk,” het Oberholzer gesê.

Volgens haar gaan dit onder die omstandighede ook goed met Pienaar en sy gesin.

Duisende mense het Dinsdag opgeruk na die landdroshof op Senekal waar Brendin Horner, ʼn jong plaasbestuurder, se vermeende moordenaars vir die eerste keer in die hof verskyn het. Horner se liggaam is Donderdagoggend vroeg in ʼn veld op ʼn plaas buite Paul Roux ontdek.

Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa is kort ná die moord op Horner in hegtenis geneem. Tydens hul hofverskyning was daar eise dat hulle aan die skare gewys of selfs oorgelewer moet word en in die daaropvolgende oproer is ʼn polisievoertuig onder meer omgestoot en het dit aan die brand geraak. Daar is egter geen duidelikheid oor wie hiervoor verantwoordelik was nie.

Die departement van justisie het intussen gesê hofsake sal weens die skade wat aan die hofgebou op Senekal aangerig is, eers weer Maandag voortgesit word. Slegs sake wat met gesinsgeweld verband hou sal verwerk word.

“Die departement veroordeel die voorvalle van vandalisme van staatseiendom ten sterkste en vra om verskoning vir enige ongerief wat die tydelike opskorting van dienste moontlik vir die publiek kan inhou,” het Steve Mahlangu, woordvoerder van die departement, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Martiens ·

Maar Malema se makkers kan weg kom met erger as die, en op vrye voet wees binne n paar ure? Dit is belaglik man!

Androclus ·

Daar’s geen skade daar nie,hulle wil net nie werk nie.Kan hulle so oordryf.

Persheks Adri ·

Watter vandalisme? Nou wil almal kla oor dit, maar as EFF so iets doen is dit heeltemal ok? Belaglik man

andre ·

Hulle moet bietjie wys wie regtig die polisievoertuig aan die brand gesteek het .Waar daar n rokie trek ……lui die gesegde.

Alta Alleman ·

Wie het daai Kasper in die muur ingeploeg ? Waarom die boere blameer met geweldadigheid? Dié wat gemoor het was geweldadig, nie die boere nie. Een vangwa omgekeer en die hel is los.

Gerra ·

Nou toe nou! Gèèn klagstaat sover…….. Beteken dit dat daar nou duim gesuig word? Is dit nou maar net n metode om die man se moed te probeer breek sodat hy moet sag word en val vir enige “ooreenkomste” of dreigemente? Staan sterk Andrè. Jy word gedra in ons gebede!!! En daar is gee wapen wat dit kan verslaan!!

George ·

Presies. Hulle is besig om van hom n voorbeeld te maak om die boere op die skrik te jaag.
Waar is Gerrie Nell om n stokkie in die saak te druk?
Volgende week moet vrouens en kinders by die huis bly want hulle gaan sagte teikens wees vir die shampoo brigade.

Marius ·

Ek het gehoor dat nie n boer was die voertuig aan die brand gesteek het nie . Hulle moet gaan kyk na al die videos op sosiale media dan sal hulle vinnig sien wie en wat gebeur het en gedoen het .

#SHAMPOO VS KOS OP DIE TAFEL ????

Moedeloos ·

Nog geen klagstaat is ontvang nie maar hy is inhegtenis geneem?? Dieselfde met die Dr wat vir 3 jaar sonder inkomst was om die MedieseRaad hom” geskors” het maar geen klagtaat is tot vandag ontvang nie. Nou laat vaar hulle alle sake teen hom. Belaglik man. Hoop hierdie prokureur trek hul kaal uit vir naamskending teen hom sonder bewyse.

Fedup ·

I never like the words undisclosed police station.
Anyhoo, they actuatually cannot keep hom for anything as there is no evidence. Apparently old mad hatter did not or could not teach his spawn the law as he himself cannot come to grips with it.
To return the favor, all those farmers can sue the whole government according to any law in the world.
You just need to find a lawyer with guts.

Danny ·

Verstaan ek reg, blameer hul nou eeeen voertuig se sg skade vir geen dienslewering?! Daar is dan skrywes uit – Senekal Polisiekantore is toe qeens Covid-19 geval. Hoe draai die waarheid nou weer?! En selfs voor dan is diens maar matig tot GEEN oral.

Kokerboom ·

Sover ek verstaan is dit die SAPD in ‘n Kasper voertuig wat in hofmuur vasgejaag het en het Mnr Pienaar dit nie met sy hande beskadig soos EFF sou doen????Nou hoe kan man vir saakbeskadiging aanspreeklik gehou word??? Vra net!!!!

QueenB ·

Hoeveel polisie voertuie word nie by elke betoging deur die swart mense beskadig nie maar was daar al ooit enige een gearesteer dus mos snert man..ek se weer Cele se gat hy moet af

Jannie van Niekerk ·

As dit een van Cekle se plaasmoordhelde was het hulle lankal GRATIS borgtog gekry. Hierdie man is egter ‘n Blanke boer en derhalwe Cele se vyand. Cele het no weereens bewys dat hy wit boere met ‘n passie haat.

Hennie ·

Laat weet waar ons ons Rande kan belê vir die man se saak! Die miskruiers moet weet ons is nou g*tvol verby!

Annettest ·

Ag foeitog! Malema en sy trawante doen dit op ‘n gereelde basis. Veroordeel julle dit ook? Dinsdag se skade is niks in vergelyking met wat die EFF doen nie!

Pieter ·

Wie sê dit is hy wat dit gedoen het? Lyk my ‘n vinnige arrestasie om die Mad Hatter tevrede te stel.

lodewyk ·

Skade aan die hof gebou? -as ek dit nie mis het nie het die polisie njala self in die gebou vas gery?,so wat se skade het die boere aan die hof geboue gerig?? -En die skok grenate en skote wat binne in die geboue afgevuur is deur die Saps,het die boere ook daai skade veroorsaak?? -kry julle feite reg -dept van nare!!

Ann ·

Dankie MM, dat julle uiteindelik die regte berig deurgee, dat die polisievoertuig aan die brand geraak het. Want dis wat gebeur het – hy het aan die brand geraak.
Dis nie deur my mede-boere aan die brand gesteek nie.

Delalune ·

Ek sal nooit saamstem met skade aanrig aan enige iets nie, nie my die nog minder n Ander sn, en dit maak nie saak wat die rede is nie..maar ek wil net vir Al die boere se ek verstaan en voel SAAM met julle 100% maar as ons toelaat dat daardie mense ons aftrek na hul gutters toe…hoe Kan ons verwag God moet ons bystaan. En Hy sal!!!

Mariana ·

So niemand weet wie daardie voertuig aan die brand gesteek het nie, so hoekom vir Pienaar in hegtenis neem. Geen bewyse teen hom nie en wat meer is dis die polisie wat eerste geskiet het, maar natuurlik sal als nou op die boere en ander gesit word want hulle soek mos skuldiges, wit skuldiges…Videos is nie genoeg bewyse vir hulle nie…..dieselfde het gebeur in Kaapstad toe vreedsame optog gehou is vir restaurante se oopmaak op level 3. Blankes is deur polisie met waterkanonne geskiet en aangeval, maar dit was ook niks. Toe Malema se minions die racetrack afbrand en beskadig was ook niks gedoen nie. Niks gebeur ook ooit met hulle nie. Miskien is dit tyd dat daar ook opgetree word teen hulle.

Nico ·

Om blankes chronies van rassehaat te beskuldig, is natuurlik ‘n gerieflike bos waaragter die ANC sy onvermoë om sinvol te regeer kan wegsteek. Swartes het ook geleer dat aanval die beste manier van verdediging is. Waar blankes altyd probeer om rassewrywing te vermy gyp swartes weer elke geleentheid aan om dit aan te vuur.
Die swart regering ontsien nie eens eerbiedwaardige blanke reglui nie. Daar is al van baie blanke regters ontslae geraak; mense wat heel waarskynlik uitsprake gelewer het wat nie in die ANC se kraal gepas het nie. Die regering is skynbaar net met hofuitsprake gediend wat met hulle belange en eie siening van skuld of onskuld strook. Dit is hoekom die howe so pateties is.

Hercules ·

Andre Pienaar & gesin

“Geen wapen wat teen jou gebruik word, sal suksesvol wees nie. Iemand wat verkeerd teen jou getuig in die hof, sal vervolg word. Dit is hoe Ek hulle beskerm wat doen wat Ek van hulle vra. Ek laat hulle regverdig behandel, sê die Here” – Jes 54:17 DB –

David ·

My vraag is wat se skade is werklik aan die gebou gedoen? Almal praat daarvan, maar een stukkende stoel is ook skade!

Tino ·

Wat is sy oortredding nou weer en waarvoor word hy aangekla?

Hoekom is Julias nog nie gearresteer nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.