Senekal: ‘Hierdie is ʼn teken van verset’

Die staatsaanklaer in die saak teen twee vermeende plaasmoordenaars wat na verwagting Vrydag in die landdroshof op Senekal verskyn, het die hof gevra dat sy naam nie bekend gemaak word nie.

Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa word beskuldig van die moord op Brendin Horner, ‘n 21-jarige plaasbestuurder. Horner is sowat twee weke gelede op ‘n plaas in die Paul Roux-omgewing vermoor.

Die hof het kort gelede van die staat gehoor dat die ondersoek na die moord op Horner ingewikkeld en in ‘n sensitiewe stadium is. Die staat staan dus die media se aansoek om tydens die beskuldigdes se verskyning in die hof toegelaat te word, teen.

Volgens die staat kan getuienis gelewer word wat nie nou bekend gemaak kan word nie. Die verdediging is egter nie gekant teen die teenwoordigheid van die media in die hof nie. Landdros Buti Mlangeni het kort daarna beslis die media mag wel in die hof wees.

Die minister van polisie, Bheki Cele, en die leier van die EFF, Julius Malema, het ook ‘n ruk gelede by die hof aangekom.

Buite die hof gaan betogings steeds voort – meestal sonder voorval. In ʼn stadium het dit gelyk of EFF-ondersteuners en ander groepe gaan slaags raak, maar beide groepe het later teruggeval. EFF-ondersteuners het “Kill the boer, kill the farmer” gesing.

Elders het ondersteuners van AfriForum en Saai bymekaargekom. “Eerstens is ons hier om ons misnoeë en woede oor plaasmoorde te wys en tweedens om te verduidelik wat ons self kan doen om onsself binne die raamwerk van die wet te beskerm,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum gesê.

Kriel het daarop gewys dat AfriForum se lede na Senekal gekom het om protes teen plaasmoorde aan te teken en nié om in konfrontasie met randfigure soos die EFF te tree nie.

“Julle is nie hier omdat julle opgewonde is nie, hierdie is ‘n teken van verset,” het Theo de Jager, voorsitter van Saai, gesê.

Honderde polisielede is in die dorp ontplooi om die vrede te bewaar en verskillende betogende groepe word ver van mekaar gehou.

Padblokkades is by die ingange na die dorp opgestel en voertuie is deursoek. Lemmetjiesdraad beperk ook toegang na die hof waar chaos verlede week onverwags uitgebreek het. ‘n Polisievoertuig is omgekeer en het aan die brand geraak toe talle mense na die hof opgeruk en emosies tydens die beskuldigdes se eerste hofverskyning oorgekook het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

AndréS ·

Wys net hoe erg die intimidasie vd eff terroriste is dat die staatsaanklaer nie bereid is om sy naam genoem te hê nie
Maak mens wonder wie nou eintlik die land regeer

Riana ·

Ons weet mos nou al vir jare dat die antichrit kommunis ons land regeer. Daar dit mnr Malema dan sy aan sy met Cele in die hof vandag

Misky ·

Hoekom word Malema in die hof toegelaat en sy volgers kan buite rassistiese, openlike haatspraak sing? Dis mos nou openlike rassisme!!

Mariana ·

Vraag is wat soek hy in die hof om mee te begin. Wie en wat is hy werklik, wie betaal hom vir sy arrogansie

daniel ·

Daar moet aangedring word dat die Polisie moet verduidelik.

Anel ·

Daar is ‘n onwettige wapen by een van die eff lede gekry. Dit is afgeneem en hy kon verder gaan. HOEKOM IS HY NIE TOEGESLUIT NIE??? Alle rasse word by die padblokkades op gehou behalwe die eff. HOEKOM? IS HULLE BANG VIR MALLES?

Sylvia ·

Terwyl ons bid, “bid” hulle “Kill the boer, kill the Farmer”, as iemand nie sien hoe verkeerd hierdie optrede is nie, dan “veg” ons met ons rug teen die muur, ons het daadwerklike hulp en optrede nodig, ons moet ophou “verskonend” wees en ook staan op ons regte

Riaana ·

Nee weereens het die boere duidelik bewys ons kani saamstaan nie, ons fight a loosing battle daar is heeltemal te veel draadsitters in die boerevolk, ons konnog nooit saamstaan nie maar eerder teen mekaar… FEITE!!!!!!!!!

Alta Alleman ·

En klippe word na die boere gegooi sonder enige beskerm van die polisie.

Jannie van Niekerk ·

Onthou, ons het hier met ou sekelstert se ondersteuners te doen. Dis nou die African National Criminals en Evertything For Free

Sarel ·

Medium Vrystaatse dorp wasrvan baie mense nog eers gehoor het nie… nou is julle op die kaart.

Piet ·

Nee wat Johan.,, dit gaan nie help nie,, iets moet gedoen word, gedink die boere gaan vandag wys hoe hulle land gaan beskerm,,,daai rooi keppies gaan vir ñ doel,,, waars die manne wat gesê het We are waitng,,,

Danie ·

Piet, hou op om ‘n leenstoelkryger te wees.
Johan, Eers moet plaasmoorde gestop word. Anders gaan daar hongersnood kom.

Werner ·

Jou kruiperige antwoord is onvanpas in hierdie senario.Aangesien hier spesefiek oor n boer seun se moord gaan

Piet ·

????Kruiperig,,? Weet waarvoor dit gaan,, Wat dink jy soek eff daar vandag,,?

Werner ·

Eff soek moeilikheid weet jy waarvoor die hofsaak gaan.Nie oor stop alle moorde nie maar oor n boer wat vermoor is.Dus is dit logies dat dit oor plaasmoorde spesefiek gaan en nie alle moorde.So as jy nou weer almal gelukkig wil hou dan kruip jy

Piet ·

Ai waar is Rambo as jy hom nodig het,,, hy sou nou gewys het, hoe hanteer jy diè saak

Cd ·

Ons mense moet wakker word.
Leer om jouself binne die wet te verdedig.
Beskerm dit wat vir jou belangrik is.
Daardie oproermakers het n gees van boosheid in hulle.
Ons stryd is teen die bose magte wat manifesteer in dit wat ons rondom ons sien.
Christen draai terug na God drie -enig toe.
Veg die geveg op jou kniee.

Nette ·

Hoekom is Malema by die hof om vir moordenaars te wys hy ondersteun hulle? Mag sy kinders nooit aan die hand van ‘n swartman sterf nie, wat gaan hy dan sê…

Spook ·

Cele en Malema sit langs mekaar in die hof, dis bietjie verdag.

Connie ·

Ja beplan se hoe en wat hul kan doen om die boere sleg te laat lyk

LiveAndLetLive ·

Due EFF se plek is nie vandag by Senekal nie, hulle hoort nie daar nie.
Hoe kan dit toegelaat word dat hulle Kill the Boer Kill the farmer sing by n verhoor van plaas moordenaars???????
GEEN RESPEK NIE

Piet ·

Om te dink die EFF is die 2de grootste opposisieparty in SA en snelgroeiend. Skrikwekkend.

Alta ·

Hoekom word hul eerstens toegelaat om kill the boer te sing? Dis mos aanhitsing! Hoekom word hul nie verjaag of gearessteer as hul dit doen nie? Dit gaan juis oor n jong wit boer wat vermoor is en dan sal hul dit nog steeds sing! Hul kom met alles weg, laat die boere nou net so iets teen hul moet se dan word hul seker almal in die tronk gestop! Die eff is n klomp aanhitsers en skaar hul aan die kant van moordenaars, wys mens net weereens waarvoor hul party staan.

Johan ·

Cele en Malema saam in die hof, ANC en EFF gemeng buite die hof, wat meer is nodig om te bewys blankes is onwelkom in ons eie Vaderland. Gesamentlike aanslag.

Werner ·

Sien ou Cele en malema sit styf langs mekaar in die hof.En arme ou Vrystaat landbou dink hy gee nou ewe skielik om vir die boere

annie ·

Die president het gisteraand ‘n gulde geleentheid gehad om plaasaanvalle te veroordeel wat tans ‘n sensitiewe kwessie is veral ook met die oog op die wet wat nou ter tafel is, maar hy het dit geìgnoreer. Dit was uiters swak as die president van die hele SA. Maar tog hy reken op finansièle hulp van die privaatsektor en sit breed aan by sy gelaaide kostafel met wit boeresweet gelewer. Swak, hoor swak, want dit dui op sy ware intensies.

Persheks Adri ·

Hierdie is openlike rassisme!

EFF-ondersteuners het “Kill the boer, kill the farmer” gesing.

Hoekom doen niemand niks nie? Polisie is tog daar…

Rina ·

Ek stem saam Adri, dis openlike bevooroordeling.
Maar dit wys openlik wat werklik aangaaN, DIE Wêreld sien dit al meer, die beleggings gaan al minder word.

Ek is net dankbaar die boere bly kalm.

Persheks Adri ·

Ons bid hard glo my Rina! Op die stadium moet ons rustig bly voor ons WEER sleg gemaak word. Mag ons liewe Heer ons boere beskerm!!!

Hoekom ·

Polisie werk vir die ANC regime wat saam die EFF luidkeels sing…

Mariana ·

Nou watter groepe wil baklei. Soos die fotos wys lyk boere heel rustig. Kan dink wie die oproeriges is. Ons almal weet en daar sal niks aan hulle gedoen word nie. Niks….

Piet ·

Ja nee,,, Niks gaan gebeur nie,, die boere moet maar erder huistoe gaan, al wat julle gaan optel is sonbrand,,,

Samuel ·

Die EFF het seker baie aansien by die hoogste gesag in die ANC. Ek stem saam dat indien die boere soiets soos Kill the farmer moes sing, sou hulle lankal toegesluit gewees het.

Ek hoop net AfriForum, SAAI ens. bly vandag koelkop, dat ons wittes die morele hoërgrond kan behou.

Rina ·

Samuel, ek glo baie gebede het al hierdie laaste week opgegaan en ek veral het gebid vir Goddelike wysheid, Goddelike geduld én Goddelike beskerming van al ons blankes, veral ons boere en hulle daar teenwoordig.
Ons stryd is NIE teen vlees en bloed nie …

Jana ·

Ek bid net vir kalmte en rustigheid vir die boere en werkers wat vreedsaam protesteer. Ons gaan niks beter maak deur tot op die EFF se vlak te daal en op te tree soos hulle nie. Hier is duidelik ‘n agenda om die situasie te gebruik om groot moeilikheid te maak. Nie deur krag of deur geweld nie maar deur My Gees sê die Here van die leerskare Sagaria 4:6.

Natasha ·

Weereens bewys dit Cele se leë woorde en dat hulle NIKS gaan doen om die land te verbeter nie. Die EFF se haatspraak en aanhitsing om wit mense dood te maak en dit word net so gelos. Kan iemand wat daar is en dit gehoor het ‘n saak van Crimen Injuria teen hulle oop maak en sommer terrorisme ook. Dan beweer ons regering dis nie ras gedrewe aanvalle om wit mense uit te wis nie? My hart bloei vir ons boere en ek voel so magteloos.

Rina ·

Natasha, ek hoop Afriforum en Saai lê klagtes vir haatspraak. Hierdie twak en dubbel standaarde moet NOU STOP!

Wakkerslaper ·

Miskien is ek net nou baie negatief en telleurgesteld… vergewe my daarvoor…. maar nee wat, ek dink vandag het ek my heel laaste bietjie moed verloor…. ek is moeg en ek is bitter moeddeloos. Dit is verby met ons Boerevolk…. Tyd om dit te aanvaar en aan te beweeg. Ons is sonder leiers, sonder planne, sonder hoop…
Hierdie was die EEN DAG waar ons as ‘n volk ‘n ERNSTIGE STANDPUNT moes maak, moes wys dat ons ‘n ruggraat het en kan saamstaan en terug baklei as EEN volk. Maar heelaas…. Afriforum en Saai braai worsbroodjies en hou basaar buite die dorp (ons is veronderstel om ‘n ernstige saak aan te spreek, nie partytjie te hou nie!)… hier en daar dwaal klein groepies Boere binne die dorp rond, net om deur massas EFF terroriste verjaag te word… die motorfiets ryers word met klippe bestook en vlug… op Facebook beswadder ons Boere mekaar….
Die anc en malema slaag ABSOLUUT in hulle doel – verdeel en vernietig die Boerevolk… ek dink die wêreld lag vir ons… God help ons….

Riaana ·

Stem 100% saam jou… Nou gaan hulle eers poepels maak van ons want ons dink is hou partytjie en staan teenmekaar plaas van saam, moes geweet het hierdie gaan flop, dis waarom Pienaar daar moes wees, hy is n leier vir sy volk in alle opsigte, hy was nie bang om op te staan vir dit was reg is nie, ek is vandag n skaam Suid Afrikaner boer????

Johanna Adriana ·

Wakkerslaper, ek stem 100% saam. Ons moet in ons harte huil hieroor.

Hercules ·

wat my verstand te bowe gaan is dat daar kos & koeldrank stalletjies is en dit nadat ‘n jongman vermoor is – het julle geen respek nie!?!? geen wonder dat Jesus ‘n sweep gevleg het en almal by die basaar weggejaag het nie – Joh 2

dis hoe my gees die Senekal sage ervaar, soos net nog ‘n goed nagemaakte basaar :-(

Leana ·

Lyk my jy het vergeet dat daar mense is wat van ver gekom het en dat mense moet eet.

Wakkerslaper ·

Leana, kom hierdie mense om te eet of om ‘n standpunt as volk te maak?

Vernon ·

Ons moet ophou kla en kerm oor die dubbele standaarde ens..maggies. Bid alleen gaan nie help nie…bid en doen!

Johanna Adriana ·

Vra maar net…..wat sal gebeur as ons mense einste die EFF se liedjie van “Dubula”? (Skiet) (Shoot), in hul eie taal…..presies net so……sing tydens byeenkomste? Nie dat ons dit ooit sal doen nie, want ons harte is nie so nie.
Ek sal jou egter sê…onmiddellike arrestasie! Dubbele standaarde wat moet stop!

Derek ·

Nou is die vraag, wat gaan gedoen word met die EFF wie steeds haat aanvuur? Gaan die regering die grondwet afdwing of net weer swyg? Gaan hulle geregtigheid toepas of gaan hulle stilswyend saamstem met die EFF? Die laaste paar jaar het bewys dat hulle nie die grondwet verstaan en respekteer nie, alhoewel hulle die een geneem het. Ek dink die belangrikste kwessie is, watter God tydens die afle van die eed, hulle God is. Is die streep in die sand werklik getrek? Christus het gese: julle sweer by die buitekant van hierdie Boek ( die Woord van God) maar julle woord is nie julle eer nie! Dit het SA beleef sedert 1994! Die 1994 droom maar net n droom wat nooit enige goeie vrug gedra het nie.

pamela ·

O en “Kill the boer” is nie haat spraak nie. Ons staat het dubbel sinnige standaarde.

Jessica ·

Die EFF is ontevrede, want hulle wou eerste plunder en breek en nou is die boere daar. Wat soek hulle , wat die EFF is, daar? Verteenwoordig hulle die moordenaars? n Jong man het met sy lewe geboet oor politiek. Wat n jammerte. My hart is so seer, want nes die Covid, gaan hierdie rassehaat nooit einde kry nie. Aan wie se kant is die polisie? Waarom is die staatsaanklaer benoud oor die bekendmaking van sy /haar naam? Hoor -hoor aan Petrus die BOER wat sy stem dik gemaak het. Hy het beslis my dag gemaak.

Johann ·

Wat soek Malema in die hof? Wat soek hy LANGS Cele? Dit nadat hy verkondig hy staan burger oorlog voor? Van wanneer af gee n landros die media reg tot toegang NADAT die aanklaer sê dit gaan getuienis negatief beinvloed? Van wanneer af singskree jy kill the boer kill the farmer BY N MOORD SAAK…laggend en uitartend, van wanneer af…..

O ja: sedert n terroris organisasie en sy comradrs aan bewind is!!!!!!!

daniel ·

Is die EFF se ” kill the Boer, kill the farmer” nie opruiende en haatspraak nie?. Indien wel , hoekom word die skuldiges dan nie gearresteer nie?.

madels ·

As ons dink ons kan m geestelike oorlog voer met fisiese wapens is ons ernstig verblind!!!! Ons Afrikaners is nie dieselfde Afrikaners wat by Bloedrivier op ons knieë gegaan het want ons het Geweet dat God ons enigste uitweg was nie. Daar is soveel wat nie eers meer in God glo nie, sommige het toordokters geword en hul geskaar aan die kant van duisternis! Sommige het ateïste geword. So Afrikaners moet terugkeer na die ENIGSTE GOD wat ons kan red

J ·

Ons Boere aksie in Senekal was ‘n REUSE SUKSES!

Die HELE WÊRELD het nou kennis geneem van die plaasmoorde ten spyte daarvan dat die ANC dit probeer stilhou het.

Hartlik geluk aan almal wat deelgeneem het om so ‘n GROOT DING te maak van Brendin Horner se wrede moord!

Ek dink Brendin sêlf sou trots wees daarop dat die ONGEREGTIGHEID in SA nou wêreldwyd ontbloot is.

Dankie vir elkeen wat fisies in Senekal was en ook aan elkeen wat in gees daar was.

Dankie vir elke gebed en woord van bemoediging!

16 Oktober 2020 gaan oor 100 jaar steeds dien as ‘n keerpunt in ons geskiedenis.

En Brendin Horner sal in ons harte bly leef!

Anneke ·

AJ, ek is bly vir julle nuwe veggees, maar dit spyt my om jou mee te deel dat die hele wêreld nie kennis geneem het nie…ek woon in Kanada en hou die nuus heel oggend al dop sodat ek dit kan deel met my vriende en kennisse hier, maar daar is nie eens 1 artikel op CBC of CTv nuus nie…en ek kon ook nie tot dusver dit in die hooftrekke op CNN of BBC vind nie…ek het wel ‘n baie eensydige artikel op ABC news gevind wat dit laat klink het asof die boere die vark in die verhaal is, geskryf deur ene Mogomotsi Mogome. Om werklik ‘n internationale impak te maak sal julle ‘n manier moet vind om van die groot nuusstasies te betrek wat julle kant van die storie kan vertel, want die boodskap wat by die buiteland uitkom (indien wel) is dat die boere die hof geplunder het op die vorige verskyning en dat die EFF net mooi liedere sing om grond terug te kry. “They sang songs and shouted slogans calling for South Africa’s land to be returned to Black residents”, ABC news-aanhaling.

Jannie van Niekerk ·

Andre Gaum van die MRK sal sorg dat sy helde, Malema en die EFF niks oorkom omdat hulle Kill the boer gesing het nie.

Cecilia ·

So d EFF ondersteuners wat Kill the boer luidkeels uitgeskreeu het. Gaan hulle ook in hegtenis geneem word vir hastspraak en aanhitsing tot geweld?
Ek hoop d regyer ht sy breins gebruik en d 2 moordenaars borgtog geweier. Beskuldiges skreeu gou hulle het gesinne. Wat vd slagoffer se gesin. Wie gaan nou vir hulle sorg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.