Die Seriti-kommissie se bevinding dat geen bewyse van bedrog of omkopery in dié multimiljardrand-wapentransaksie gevind kon word nie, “is ʼn klug en dui op ʼn vermorsing van belastingbetalers se geld”.
So sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor verdediging. Volgens Groenewald is dit eenvoudig onwaar dat daar absoluut niks ongerymds was nie, dat al die vereistes nagekom is en dat al die wapentuig wat aangekoop is ten volle benut word.
“Ongeveer 20 Gripen-vegvliegtuie word tans gestoor en geensins gebruik nie. As daar geen ongerymdhede was nie, kan met reg gevra word hoekom Schabir Shaik, en Tony Yengeni as destydse voorsitter van die gesamentlike staande komitee vir verdediging, dan skuldig bevind en tronk toe gestuur is vir ongerymdhede wat verband hou met die wapenskandaal,” het Groenewald gesê.
“Die Seriti-kommissie het weereens getoon dat die wapenskandaal net nog ʼn verdere korrupsieskandaal sal wees wat ʼn litteken op die ANC-regering sal laat.”
Volgens die DA is die kommissie se bevindinge “uiters teleurstellend”. David Maynier, DA-LP, het verwys na oorsese ondersoeke wat volgens hom nie in ag geneem is nie. Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het in 1999 toe sy nog ʼn LP vir die PAC was, versoek dat pres. Jacob Zuma, sy raadgewer Schabir Shaik en ANC-veteraan Tony Yengeni ondersoek word. De Lille het in reaksie op die kommissie se verslag gesê dit is duidelik dat die kommissie se verwysingsraamwerk opgestel is om die president van enige blaam te onthef.
Die ANC het die kommissie egter geloof vir die “uitputtende” ondersoek en die hoop uitgespreek dat die kwessie nou “tot ruste kan kom”.
Zuma het Donderdag die Seriti-kommissie se verslag bekend gemaak, meer as vier jaar nadat die kommissie met sy ondersoek begin het. Lees meer hier.
Wat anders kon ‘n mens verwag?
Seriti a.k.a. Ekweti (van enigiets ongerymds)
Nog n klomp twak uit Zumpie se smoel!
Hoeveel kry Seriti onder die tafel????
Die ondersoek het blykbaar R110 miljoen geckos en het verskeie oorsese reise ingesluit, so beloning het seker daaruit gekom. Vir 27m per jaar kan ‘n paar ouens goed geskep het.
Jz lieg ons almal weet dit ….en hy dink ons glo dit …..hoekom is Shabir Shaik dan tronk toe
Jap! En hoekom het hy so gou uitgekom?! Omdat Zuma dit beveel het!!
Dink die man ons is almal ongeletterd? Nee o maai ek het dit nog nooit ondervind nie.
Natuurlik is die Seriti-kommissie n klug! Dit is gelykstaande aan hanswors wat oor en oor dieselfde toertjies doen! Alle kommissies moet met mening bevraagteken word in SA! Belastingbetalers betaal vir die sirkus!!
Wanneer gaan die ANC van die Nar wat ons land so besteel en hom self so veryk. Wat hul n Presidend gemaal het , van onsla raak. Hy wat so oopenlik lieg . Dit gaan my verstand te bowe. En dan moet ons dit gloo.
Shame. Dus Schabir Shaik dien totaal onskuldig tronkstraf op die golfbaan uit.
Gee vir my ‘n Gripen dat ek hom in ‘n speelpark kan sit waar die belastingbetalers se kinders in en op hom kan speel, dan word hy mos benut.
By die tyd dat die goed dan uit die stoor gehaal word het die rotte die bedrading opgevreet en die tegnologie is verouderd. Miskien een vir zumpie om vinniger oorsee te gaan kuier????
HA ha ha !!!!!
Klink vir my Willie het maar bietjie Struggle Reporting gepleeg.
Wat ‘n belaglike klug!! Dink hierdie mense regtig ons het ‘n IK van -1??
Die helfde van alle Suid-Afrikaners het nie veel meer as dit nie.
En die 3 baie duur duikbote wat in simonstad in droee dok geparkeer is, een van daai knape het laas gevaar van Duitsland en daarna nooit weer nie. Een het in n sandbank geploeg en die ander een te duur om te herstel leuns leuns leuns
Die hele herrie rondom die wapenskandaal laat my glimlag!. Vanselfspreketnd sal die kommissie geen fout vind nie!. As hulle sou, sou diegene wat dit sou waag om iets te sê, baie gou van die trog weggestoot word, want dan is die hoofkarakter (wat die kommissisie aangestel het!) se posisie mos in gevaar en daardeur die lede van die kommissisie self!. Wie gaan nou so onnosel wees om sy eie ideale posisie by die trog in gevaar te stel??. Die hele situasie rondom die wapenaankope is n klug. Teen wie wil ons baklei?. Ons is mos nou groot vriende met vorige aartsvyande, of hoe?. Die doel van die hele aksie was maar net om verdere geleentheid vir korrupsie en diefstal op n kolossale skaal te skep!.
Ons mag dalk groen lyk maar ons is wragtie nie pampoene nie.