Sewe A’s vir Taylor ná uitdagende jaar

Taylor Stanley (Foto: Verskaf)

Taylor Stanley het haar suster aan die begin van haar matriekjaar gegroet. Sy is na Hoërskool Merensky Landbouskool in Tzaneen om haar matriekjaar te voltooi en haar suster is universiteit toe. Toe hulle mekaar ses maande later vir die eerste keer weer sien, was haar suster in ʼn rolstoel.

Kompartement-sindroom is in Mei verlede jaar by Taylor se suster gediagnoseer en albei haar bene is bokant die knie geamputeer. Dié siekte veroorsaak dat druk rondom die spiere opbou en pyn veroorsaak.

“Ons moes haar help om by plekke uit te kom.”

Dit was vir Taylor swaar om te fokus op haar Junie-eksamen omdat sy bly dink het aan haar suster. Nietemin het sy sewe onderskeidings in die eindeksamen behaal.

Haar raad vir mense in soortgelyke situasies is om net rustig te gaan sit en asem te haal. “Werk deur jou gedagtes en besef daar is nie veel wat jy aan die uitkoms kan verander nie. Gee baie liefde, soveel as wat jy kan en moenie té veel oor dinge dink nie.”

In Julie 2023 is haar oupa wat in Phalaborwa gebly het, boonop oorlede, “Dit was nogal ʼn skok vir ons.”

Taylor het grootgeword op ʼn plaas in Magoebaskloof, waar hulle met avokado’s boer. “Merensky Landbou Akademie is naby aan ons plaas, daarom is ek na die skool,” verduidelik Taylor.

Haar droom om ʼn tandarts te word vuur haar aan om hard te werk. Sy wil graag oorsee gaan woon en werk. Vanjaar hoop sy om tandheelkunde aan die Universiteit van Pretoria te gaan studeer. “Ek is baie verlig oor my uitslae,” sê sy, “maar ek is ook opgewonde oor die volgende lewensfase.”

As sy nie studeer nie, hou Taylor daarvan om te hekel en te verf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Papsak ·

Bou voort so trots op ons kinders julle almal is pragtig baie geluk jong dame

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.