Ses dood ná motor in ongelukstoneel inploeg

(Argieffoto)

Ses mense is dood en talle beseer nadat ʼn bus agter teen ʼn trekker vasgery het en ʼn ander motor hierna in die ongelukstoneel ingeploeg het.

Die voorval het op die D2740-pad in die Mametlhake-gebied in Mpumalanga plaasgevind.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het ʼn bus agter teen ʼn trekker vasgery naby die dorpie Phaake. “ʼn Motor wat in die teenoorgestelde rigting gery het, het teen die wrakke van die bus en trekker vasgery.”

Mmusi het aanvanklik gesê die vyf insittendes van die motor is op slag dood. ʼn Sesde liggaam is ook later in die voertuig gevind.

Talle mense is beseer en is na die nabygeleë Mametlhake-hospitaal vervoer vir mediese behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Hoe word bestuurs lisensies uit gereik, om agter in ‘n trekker vas te ry is beslis swak bestuurs vermoë, waar is die verkeers owerhede en die polisie, kom word wakker en doen julle werk, hou op om heeldag in die kantore te sit en KFC te eet.

Swerwer ·

Weet jy hoeveel trekkers snags sonder ligte op paaie sy. Dit is skrikwekkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.