Ses sterf in ongeluk op N4  

Ses mense is Sondag in ʼn motorongeluk op die N4 tussen Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga dood.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 06:30 op die toneel aangekom en is ʼn motorwrak aan die kant van die pad onder die R35-brug gevind.

“Drie liggame is buite die motor gevind en die ander drie in die motor.” Die vyf mans en ʼn vrou is almal op die toneel dood verklaar.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor waarna dit die pad verlaat het.

Daar word vermoed dat die bestuurder dalk moeg was, maar verdere ondersoek word gedoen om die presiese oorsaak van die ongeluk vas te stel.

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het ʼn beroep op motoriste gedoen om versigtiger te wees op die paaie.

“Diegene wat lang afstande ry, word aangeraai om ʼn blaaskans te neem wanneer hulle moeg voel.”

Shongwe het sy medelye met die oorledenes se families betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pietertjie ·

Ek glo nie daardie voertuig was ontwerp om ses volwassenes te vervoer nie.

Danie ·

Wanneer ‘n voertuig ontwerp is om net 450 kg te vervoer en jy prop 650-700 kg daarin daar het dit verseker ‘n uitwerking op die hantering van die voertuig. Dit is doodeenvoudige fisika. Daar is ‘n redes hoekom vervaardigers ‘n beperking op aantal mense en hoeveelheid bagasie sit…

Nella ·

Dit is ‘n redelike groot voertuig. Ek sien die Avanzas is kleiner en daar kan 7 inpas. Google bietjie Kia Sorento 7 Seater. Hulle lyk baie dieselfde. Die boot het 2 sitplekke wat ook opgeslaan kan word vir 2 ekstra persone.

Bernard ·

Moet elke liewe berig soos hierdie afgesluit word deur ‘n nuttelose ‘beroep’ deur een of ander ANC-politikus? Regtig?

Danie ·

Daardie voertuig sal nie weer loop nie.Die perfekte resep vir sulke ongeluke is slaggate,spoed,alkohol en geen respek vir padreels.

Vriendelike Frikkie ·

Moenie ons medeburgers onderskat nie. ‘n Naweek se panelbeating, bloudraad, duct tape en cable ties en daai voertuig is Maandag terug op die pad. Genoeg vleiklei, ‘n boomspuit en PVA verf en hulle verkoop hom weer.

Wit Leeu ·

Vusi Shongwe doen maar beroepe soos jy wil ! Niemand luister nie. Jy en jou soort KAN nie luister nie………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.