Altesaam ses mense is Sondag in verskeie botsings in KwaZulu-Natal dood.
Volgens Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat, is een mens in Edendale naby Pietermaritzburg dood, toe ʼn motor omgeslaan en gerol het.
ʼn Ander mens is op die R617 naby Mendel dood toe ʼn motor omgeslaan het. Nóg ʼn motor het op die N3 naby Hammarsdale tussen Durban en Pietermaritzburg omgeslaan en die lewe van een mens geëis.
In Pietermaritzburg is ʼn man tydens ʼn tref-en-trap-voorval in Kerkstraat doodgery.
Die ander twee mense is dood in ʼn trompop-botsing op die R61 naby Glenmore Beach, suid van Margate.
Is daar statistieke beskikbaar van trompop-botsings in verhouding met ander ongelukke. Ook jou kanse om hierdie soort van ongeluk te oorleef.
Sorg maar dat jou veiligheidsgordel ALTYD vas is. Ook agterste passasiers.
Watter rol het alkahol/drugs in die ongelukke gespeel?
Is die lyke getoets vir dit?
Het al die bestuurders oor geldige bestuuslisensies besit?
Dit is uiters belangrik dat dit saam met die statisieke geberg MOET word.
Watter rol het alkahol/drags in die ongelukke gespeel?
Is die oorledenis daarvoor getoetsm.
Het die bestuurdes wttige bestuurslisensies gehad?
Kan dit saam met die statistieke geberg word?
Watter rol het alkahol/drugs in die ongelukke gespeel?
Is die bestuurders daarvoor getoets?
Kan die nie saam met dit statestieke gebeg word?
“Vra maar net”. Die kwessies word ondersoek hoor.