Ses studente geskors ná UK-betogings

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Max Price, visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, het Woensdag gesê ses studente is geskors ná die gewelddadige betogings wat Dinsdagaand by die universiteit uitgebreek het.

“Ons het aanvanklik gesê dat agt studente geskors is, maar dit was eintlik net ses aangesien twee nie vir die akademiese jaar geregistreer was nie,” het Price gesê.

Price het die media toegespreek ná ʼn onstuimige nag op die kampus waarby die polisie, private veiligheidsmaatskappye en die RhodesMustFall-beweging (RMF) betrokke was. Nadat die RMF geweier het om te voldoen aan ʼn opdrag van die universiteit – dat ʼn plakkershut wat vroeër vandeesweek in Residence-weg opgerig is, verwyder word – het betogings op die kampus uitgebreek.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die polisie moes naderhand skokgranate en rubberkoeëls afvuur terwyl personeel van die veiligheidsmaatskappy die studente verwyder het. Minstens drie studente is in hegtenis geneem insluitend die prominente RMF-lid Athabile Nonxuba.

Die studente het ook skilderye, ʼn bakkie en bus van die Jammie-pendeldiens aan die brand gesteek.

“Hierdie is nie ʼn aanvaarbare vorm van betoging nie. Studente kan heeltemal uit die universiteit geskors word,” het Price gesê. Hy het dit egter duidelik gemaak dat die ses studente tans voorlopig vir die volgende 72 uur geskors is om hul kans te gee om hul kant van die saak te stel.

Die plakkershut is Maandag opgerig glo in protes teen diskriminasie teen swart studente. Die RMF-beweging beweer dat swart studente op waglyste geplaas word vir verblyf terwyl wit buitelandse studente voorkeur kry.

Die universiteit het ontken dat daar teen studente gediskrimineer word, maar het erken dat daar ʼn tekort aan studenteverblyf is wat hulle tans probeer oplos.

Intussen het die RMF-lede Woensdag weggebly van die kampus terwyl sommige by die Wynberg-landdroshof bymekaargekom het om die studente wat in hegtenis geneem is, te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Irene

Goeie werk dit is hoe hul gaan opvoeding kry genoeg is genoeg

DPJ

Studente wat so optree is nie ware studente nie en behoort nie op die kampus nie,
Voed hulle eers beskaaf op dan kan hullle her oorweeg word.

Apie

Diw kaders wil net afbreek en verwoes. Dit gaan nie oor protes!! Hulle sal NOOIT beskaafd word nie. Dankie vir die optrede UK.

Karma

Die verskil tussen die blanke “buitelandse” studente – soos die RhodesMustFall beweging a.k.a. Athabile Nonxuba a.k.a ANC/EFF Jeug – hulle beskryf, is dat eersgenoemde opgevoede, ordentlike, intelligente individue is wat vir hul verblyf BETAAL en nie alles gratis/verniet/ pasella/mahala wil hê nie. Hierdie blanke “buitelandse” studente weet ook dat alleen harde werk en studie jou ‘n graad laat behaal – hulle weet dat jy nie 10 jaar op universiteit kan sit en jaar na jaar druip en dan maar uitval net omdat jy te lui is om te studeer en jou met ander aktiwiteite (en hierby bedoel ek nie die… Lees meer »

Theo

Geskors om hulle kant van die saak te stel???? Wat mis ek hier? Hulle het mos gese wat hulle wil he, en hulle het wetlik verkeerd opgetree. Vandalisme, diefstal, onwettige betreding, brandstigting, intimidasie, dreigemente ens……. Hulle moet opgeluit word. Hierdie toestand is klaar besig om in julle gesigte te ontplof.