Ses voertuie brand uit by Pta-vakansieoord

Skermgreep uit die video

Ses voertuie het Vrydag op Erfenisdag by die Cedar Junction-vakansieoord in die ooste van Pretoria uitgebrand.

Charles Mabaso, woordvoerder van Tshwane- nood- en reddingsdienste, het aan Maroela Media gesê nooddienste is omstreeks 15:20 na die toneel ontbied. “Ses voertuie is na die toneel ontplooi. Brandbestryders het die brand by vyf van die voertuie geblus. Die brand by die sesde voertuig is geblus deur persone op die oord. Hulle het van droë chemikalieë gebruik gemaak.”

Mabaso sê die brand het vermoedelik ontstaan toe ʼn man ʼn sigaretaansteker gebruik en dit ʼn gasontploffing veroorsaak het.

“Polisiebeamptes en die metropolisie was op die toneel. Die man wat vermoedelik die brand veroorsaak het, is in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tanniepetoors ·

Hoe se dinges gebeur so iets? Sigaretaansteker en gasontploffing? ‘n Man in hegtenis geneem? Raaiselagtig.

Grassie ·

Die oorsaak van die brand soos deur Mabaso gegee klink vir my heeltemaal onwaarskynlik. Die foto van die brand toon voertuie wat redelik ver van mekaar af staan en brand. Indien dit waar was sou die man wat die brand veroorsaak het ook enstige brandwonde opgedoen het, wat blybaar nie gebeur het nie. Ek hoop die saak word deeglik ondersoek.

Sarel ·

Heng maar die ou id vinnig gearresteer..
Sigaretaznsteker….Gas ontplofing ..klink na
Nalatigheid…tereyl.opsetlike Brandstigters nooit gearresteer word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.