Seun (10) kritiek ná tref-en-trap

Argieffoto

ʼn 10-jarige seun van KwaZulu-Natal is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem nadat hy Saterdag laat in ʼn tref-en-trap-ongeluk op die N2-suid raakgery is.

Ceron Lennox, Rescue Care-woordvoerder, sê die seun wou glo die hoofweg oorsteek toe die voorval plaasgevind het.

Volgens Lennox het die bestuurder weggejaag nadat hy die kind getref het.

“Paramedici het die seun behandel en hom op ʼn ventilator geplaas voordat hulle hom na die hospitaal vervoer het,” sê Lennox.

Die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Vonkprop ·

Wat maak ‘n 10-jarige kind laat in die aand op ‘n hoofweg?

Cherokee ·

En hoe werk iemand se kop wat daardie kind raakry en wegjaag?

Gawie ·

Nie om snaaks te wees nie maar wat soek n kind van 10 jaar op die hoofweg

G ·

Hoe harteloos! Hoe los mens ‘n kind netso langs die pad om dood te bloei?

Ann ·

Moet almal altyd sulke nonsies kwytraak? Dink julle nie dat dit dalk ñ kind was wat miskien op straat bly nie?
En nog ñ ding. Maggies julle dis ñ kind wat raakgery is!! Plaas dat julle eerder wonder oor die simpel wetter wat weggejaag het!

Diklizzy ·

Volgens SA Wette word voetgangers nie op nasionale paaie toegelaat nie. Dit regverdig egter nie die bestuurder wat weggejaag het nie.

Ashley ·

Artikel lees, WOU snelweg oorsteek. Dalk, net dalk raakgery op skouer van pad, en dalk was bestuurder ieder geval dronk.

PJC ·

Waar daar kinders is is daar ook grootmense in die omgewing wat dit baie riskant maak om te stop. Die bestuurder van die motor kon egter die polisie bel om te gaan ondersoek instel.

Hanna ·

Aubrey is reg, dit was al donker en mens kan nie meer stilhou nie veral na hy die kind raakgery het, dan was hy ook dood. Ons kan nie se die bestuurder was dronk nie, in die eerste plek weet ons hoe word daar oor die paaie gehardloop. Die bestuurder moes dadelik gebel en hulp gesoek het het en ja by die eerste polissie stasie dit gaan aanmeld het. Sterkte aan die seuntjie en sy familie.

Straatspoed ·

Wel, ek bly in n sekuriteit area waar die spoedgrens 40 kmh is en die karre gebruik die straat voor my huis as n snelweg. Al is my kinders op die sy paadjie sal hulle nie spoed verminder nie. Dit verbaas my glad nie dat iemand n kind sal doodry en wegjaag nie, mense oor alle kleur grense gee net eenvoudig nie meer om nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.