Seun (13) al nege keer onder die mes: ‘Dis nalatigheid,’ sê ouers

Ricardo Lochner (Foto: Child Medi)

Die ouers van ’n 13-jarige seun van die Oos-Rand in Gauteng wend hulself nou na weldoeners om hul seun se mediese behandeling en hospitalisasie te betaal nadat ’n verkeerde diagnose hom glo al nege keer op die operasietafel laat beland het.

Amor Schoeman, woordvoerder van die Child Medi-organisasie, sê die ouers het dié organisasie in ’n brief genader en gesê hulle is totaal moedeloos nadat hul seun, Ricardo Lochner, se toestand Donderdag weer versleg het.

Volgens die brief is Ricardo aanvanklik verkeerdelik gediagnoseer nadat hy van erge maagpyn gekla het. Sy ouers sê in die brief sy blindederm het kort daarna gebars, waarna hy ’n noodoperasie moes ondergaan om sy blindederm te verwyder. Die operasie is in ’n staatshospitaal gedoen.

Hoewel die dokters gesê het die operasie was ’n sukses, het die wond weer oopgeskeur. Hy is weer terug teater toe, waarna die dokter bevind het dat hy ’n gat in sy dikderm het.

Volgens die brief het sy oom hom daarna na ’n privaat hospitaal geneem, waar die dokters gesê het sy dikderm is vergroot en sy dunderm verbrokkel as gevolg van die toksines van die blindederm wat gebars het.

“Sy lewe was in gevaar en die dokters het ons op die ergste voorberei. Hy moes nege operasies kry om die skade reg te maak. Dit het sy lewe gered,” skryf sy ouers in die brief.

Hoewel weldoeners reeds gehelp het om Ricardo se aanvanklike hospitalisasie en behandeling te betaal, het sy toestand Donderdag weer versleg.

“Ons kon intussen R98 000 aan die hospitaal betaal wat sy hospitalisasie vir twee dae in die hoësorgeenheid en vyf dae in ʼn gewone saal sou dek. As gevolg van sy suurstofvlakke wat drasties gedaal het, is hy nog steeds in die hoësorgeenheid en moet hy baie duur medikasie ontvang,” lui die brief.

Die ouers moet nou nog ʼn verdere R50 000 betaal om hom langer vir sy behandeling en sorg in die hoësorgeenheid te hou. Die familie smeek weldoeners nou om hul harte oop te maak en hul seun se lewe te red.

“Ons as sy ouers en familie is finansieel nie meer in staat om die kostes te dra nie as gevolg van al die enorme uitgawes van die vorige operasies. Daarom neem ons as sy ouers die vrymoedigheid om die publiek te nader sodat ons seun, wat maande van erge pyn moes verduur en wat by die dood omgedraai het, weer ʼn normale kinderlewe kan hê en soos ander 13-jarige kinders skoolklere kan dra en rugby kan speel.”

Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak, kontak die Child Medi-organisasie by [email protected] of bel Amor Schoeman by 062 266 0486. Besoek ook die Child Medi-webwerf.

Ricardo Lochner (Foto: Child Medi)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

55 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dokter

My vraag was nog altyd waarom word dokters nooit vervolg nie. Waarom is dit dat hulle ALTYD reg is. Hoeveel keer het dit al gebeur dat ek medikasie kry wat nie met my akkordeer nie wat ek moes betaal en dan word dit vervang met nuwe medikasie waarvoor ek OOK weer moet betaal. Soveel verkeerde diagnoses word daagliks gemaak en die dokters kom net weg daarmee!!! Dit is nie reg nie.

Elizabeth

Ek simpatiseer met die ouders, ek het ‘n niggie verlede week verloor in Worcester hospitaal ook deur ‘n gebraste blinde derm sy laat ‘n tweejarige seuntjie agter, nalatig!

Ouma

Ai mense, kom ons help. As elkeen van ons net R100 gee, kan ons baie gou by R50,000 uitkom. Ek meen, wat koop mens deesdae vir R100? Net 2 lt Melk en ‘n brood. Maar as ons almal bysit, help ons ‘n kind wat al deur diep waters gegaan het. By die staatshospitale gaan jy dood. Te min Dokters en te moeg om ‘n behoorlike diagnose te maak. En dan die nasorg……..
Sterkte, ek hoop julle kry gou die bedrag wat julle benodig. Ek sal beslis geld skenk; al het ek dit self nie breed nie.

Dawid

Dokters begrawe hulle foute.

Wonder maar net ...

Ek hoop die organisasie baklei vir mediese fonds tariewe by alle hospitale en sake waarby hul betrokke raak. Want die verskil tussen privaat tariewe teenoor mediese fonds tariewe by n privaat hospitaal kan soms astronomies wees. Ek persoonlik dink dis n skande om R98,000 vir twee nagte in hoë sorg te betaal, kan virseker sê geen mediese fonds sal dit aan enige hospitaal betaal vir 2 nagte nie. Al gebruik hulle 2000 naalde en 5kg watte.. Tyd dat daar n slag ondersoeke begin om te kyk of dit wettig is om soveel geld te vra . Ai, intussen Hoop en… Lees meer »