Seun (13) se tiende operasie slaag; ouers pleit steeds

Recardo Lochner (Foto: Child Medi)

Die 13-jarige Recardo Lochner van die Oos-Rand in Gauteng is Woensdag uit die hoësorgeenheid van ʼn privaat Gautengse hospitaal ontslaan nadat hy reeds nege keer vantevore op die operasietafel was.

Maroela Media het vroeër berig Recardo, ʼn graad 7-leeder aan die gekombineerde skool Dr. WK du Plessis in Springs, is glo aanvanklik verkeerdelik gediagnoseer nadat hy van erge maagpyn gekla het. Hoewel hy ʼn noodoperasie in ʼn staatshospitaal ondergaan het, was die operasie nie geslaagd nie en was hy daarna nege keer op die operasietafel van die Netcare-N17-hospitaal in Gauteng om die skade reg te stel.

Amor Schoeman, woordvoerder van die Child Medi-organisasie, sê hoewel die operasie gevaarlik was, is Recardo nou buite gevaar.

“Dit gaan baie beter met hom. Hy kan nou vir die eerste keer weer ʼn toekoms as ʼn normale jong seun sien. Sy ouers is geweldig dankbaar vir al die ondersteuning en gebede; dit het hul kind se lewe gered. Dokters was aanvanklik baie bekommerd – niemand het geweet of hy dit gaan maak nie. Nou lyk dit of dinge dalk oukei gaan wees,” sê sy.

Volgens Schoeman staar die gesin egter steeds ʼn finansiële krisis in die gesig. Die Lochner-gesin benodig steeds baie fondse om hom in die hospitaal te versorg omdat heelwat van die geld wat aan die gesin geskenk is, gebruik moes word vir sy langer herstelperiode in die hoësorgeenheid.

“Die ouers is oneindig dankbaar vir die fondse wat tot op hede vir hom ingesamel is, omdat dit hom toegelaat het om die operasie te ondergaan. Hy was egter baie lank in die hoësorgeenheid, wat baie geld is, en sy medikasie kos daagliks R2 500,” sê sy. Die uitstaande koste vir sy tydperk in die hoësorgeenheid beloop R50 000.

Volgens dokters sal hy nog sowat ʼn week in die hospitaal moet aansterk.

“Dit veroorsaak ʼn dringende finansiële krisis omdat die aanvanklike skenkings net genoeg was omdat daar nie op ʼn langer herstelperiode gereken is nie. Ons vra weereens vir almal om hul harte oop te maak vir dié jong kind wat al so baie in sy jong kinderlewe moes deurmaak.”

Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak, kontak die Child Medi-organisasie by [email protected] of bel Amor Schoeman by 062 266 0486. Besoek ook die Child Medi-webwerf.

Recardo Lochner (Foto: Child Medi)

Recardo Lochner (Foto: Child Medi)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gerhardt ·

Wat het van die dokter geword wat hom verkeerd gediagnoseer het? Laat hy daarvoor betaal.Wie is die dokter wat verkeerd gediagnoseer het?Sal graag uit sy pad wil bly.

Amelia ·

Eerste wat ek ook gedink het. Ek weet van n kind in dai Springs hospitaal wat dood is op 4jr. En glo my ek glo vas hy was ook verkeerd gediagnoseer. Laat daie hospitaal die kostes dra.

Adriana ·

Jip ek sal ook graag eil weet wie die dokter is. Sterkte vorentoe jong man

Andre Traut ·

Gaan hierdie seun tevrede wees oor die tweede foto wat van hom geplaas is?

marlene ·

Die arme kind? deur soveel pyn en trauma op so ‘n jong ouderdom. Ek bid dat jy volkome herstel en dat jul as familie finansiële hulp sal ontvang. ⚘

Haan ·

Ek is baie bly vir Recardo se herstel – maar tannie (recardo se ma) – as sy dieet nie verbeter word nie gaan dit heel moontlik nie sy laaste keer in die teater wees nie. Dit is n baie onsensitiewe ding van my om te sê, maar vetsug onder jongmense is n ernstige saak. Ek hoop Recardo gryp sy tweede kans ten volle aan en werk hard om vir homself n mooi en gesonde toekoms te skep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.