Seun gesteek in bakleiery by Germiston-skool

‘n Skermgreep uit die video van die geveg by die Hoërskool Elspark.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, besoek Dinsdagoggend wéér ʼn skool nadat nog ʼn video van leerders betrokke by geweld op sosiale media verskyn het.

In die jongste voorval was leerders van Hoërskool Elspark in Germiston betrokke in die bakleiery wat volgens sommige bewerings oor ʼn vermiste selfoon ontstaan het.

Een van die leerders is in die voorval gesteek en is ernstig beseer.

Die departement van onderwys in Gauteng het gesê Lesufi is erg omgekrap oor die voorval en besoek die skool later vanoggend.

“Ons is nie seker wat die bakleiery veroorsaak het nie, maar dit word ten sterkste veroordeel. Die nodige ondersoek en spoedige optrede teen die oortreders word vereis,” het die departement gesê.

Lesufi was verlede week ook by die Edenglen High School in Johannesburg waar ʼn straatgeveg tussen talle leerders van die skool ook opslae gemaak het. In dié geval het die onderonsie oënskynlik ontstaan weens R25 wat ʼn leerder glo aan ʼn ander een geskuld het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Misky ·

Sulke dinge gebeur omdat leerders nie meer ordentlike gestraf word en respek vir onderwysers het nie. Hulle so houding van “en wat kan en gaan jy maak”. En dan natuurlik is meeste leerlinge in sommige gevalle ouer as die onderwyser, want dis mos aanvaarbaar vir `n 20 jarige om nog op skool te wees

Dries ·

Ek wonder hoe Lesufi hierdie keer Afrikaans en ‘rassisme’ die skuld gaan gee vir hierdie voorval.

Persheks Adri ·

Waar is die EFF tog nou? O ja daar’s nie blanke kinders nie…

Alta Alleman ·

Wil ek ook weet. Het hulle nie staatseiendom om te beskerm nie?

Deon ·

Daar was dreigemente van hulle kant af, een van die erg beseerdes is n blanke seun

domheks ·

Lesoooefie jy moet nou MOOI DINK wat jy gaan se.
Messteek? Kan jy al klaar raai wie! Hoekom word messe in skole toegelaat? Seker nie om biltong te eet nie!

Dup ·

Transformasie,viva transformasie…..bendes,gevegte op skoolterrein, vraestelle word gelek,onderwysers word aangerand,dwelms…….hou hierdie spasie dop.

Jakes ·

Dit is deesdae net so gevaarlik om skool toe te gaan as om alleen saans uit jou huis te gaan. Leerders wat met messe en selfs vuurwapens skool toe gaan is alledaags in SA. Wonder hoe oud is sommige van die leerders?

Maggies ·

Hoe dan nou anders. Voorbeelde wat gesien word is goeie leermeesters.

Nozi ·

Neeeeee!!! Hul sal nooit so iets doen nie. Die eff beskerm dan staateindom waar hul kom.

Phillip ·

Kyk daai langhareen lyk soos volwasenis nie kinders nie lyk soos 21 jaarige seunkieks waar is die skool reels oor hare ??

Genis ·

Dissipline is nodig.. Daar is ongelukkig nie dissipline in die skole.. Dis n algehele problem..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.