Seun se liggaam in Apiesrivier gevind

(Foto: SAPD)

Die liggaam van ʼn 11-jarige seun is gevind nadat hy in die Apiesrivier by Hammanskraal verdrink het.

Die Tshwane-nooddienste is omstreeks 19:00 Maandag in kennis gestel van die seun wat die middag vermis geraak het terwyl hy saam met vriende in die rivier geswem het.

Die nooddienste en die polisie het ʼn soektog na die seun begin, maar weens swak sigbaarheid en die rivier se sterk vloei, is die soektog gestaak en Dinsdagoggend voortgesit.

ʼn Span bestaande uit lede van die soek-en-reddings- en honde-eenheid het onverpoosd na die kind gesoek en sy liggaam is Woensdag gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Delia ·

Baie dankie aan almal wat gehelp ….goeie werk. Nou kan sy ouers hom te ruste lê

George ·

Swak Sigbaarheid is 100% reg, swag sig, en sigbaarheid is twee aparte stellings. Sigbaarheid, is korrek in die teks.

Judy ·

Gevaarlik in riviere op die oomblik met die aanhoudende reen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.