Sewe dood, twee kritiek ná gru-botsing

Argieffoto

Sewe mense is dood en twee ander kritiek gelaat ná ’n trompop botsing vroeg vanoggend op Matlalaweg buite Polokwane in Limpopo.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici het omstreeks 05:50 by hul aankoms op die toneel die wrakke van twee BMW-voertuie aangetref.

Drie insittendes van elk van dié voertuie het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

’n Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is op die toneel behandel voordat sy na die Seshego-distrikshospitaal in Polokwane gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Sy het egter later aan haar beserings beswyk.

Volgens Campbell het ’n man in sy laat 20’s en ’n vrou in haar vroeë 30’s kritieke beserings in die botsing opgedoen. Albei pasiënte is ook na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Die toepaslike owerhede was vanoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris ·

Elke keer as ek van so ‘n ongeluk hoor kry ek koue rillings. Ek wens niemand so situasie toe nie. Ek kan my nie indink wat deur jou gedagtes maal as jy in die veld of langs die teerpad op die grond le en bloei en die karre ry verby en sien jou nie raak nie. Die grootste oorsake van sulke insidente is onbevoegde bestuurders, spoed en roekeloosheid. Almal plaas die blaam op dronkbestuur. Hoeveel mense maak ongelukke wat nie onder die invloed van drank is nie.? Eerstens moet ons padgedrag, gesindheid en wetstoepassing in die land baie opgeskerp en verander word. Die mense het geen soos in geen ontsag vir wet en orde nie. Geen respek vir wette nie. Dit is ‘n kultuur van wetteloosheid wat onskuldiges duur te staan kom.

Jakes ·

Dis tragies om hiervan te lees en onskuldige mense sterf in die proses. Twee motors wat teen mekaar bots beteken een van die bestuurders het n fatale fout begaan en die hoogste prys betaal. Die gedrag op ons paaie deur sommige bestuuurders bewys dat swak oordeel en kansvatters meeste verantwoordelik is vir grusame sterftes op ons paaie.

Vriendelike Frikkie ·

Voeg oggend ongelukke kan baie moontlik tewyte wees aan bestuurders wat nog slaperig is, besig om met die passasiers te gesels, of selfs gou die nag se WhatsApps te antwoord. In baie lande is selfoon gebruik is nou ‘n groter moordenaar as drank misbruik. Wat ookal, dis baie tragies dat so baie lewens moes boet vir iemand anders se foute.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.