Sewe verkeersbeamptes al gevonnis weens omkoopgeld

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Die twee verkeersbeamptes wat verlede week in die Tzaneen-landdroshof in Limpopo skuldig bevind is op aanklagte van korrupsie, is Dinsdag gevonnis. Hulle het omkoopgeld van motoriste ontvang. Sewe van die 13 verkeersbeamptes wat van dié oortreding beskuldig word, is al sedert 2017 in die hof gevonnis.

Mabogo Tshifhelimbilu (43) en Nhlamulo Shivambu is ʼn boete van R20 000 elk of vier jaar tronkstraf opgelê. Die helfte van die tronkstraf is met vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat hulle nie dieselfde misdryf gedurende dié tydperk sal pleeg nie.

Maroela Media het vroeër berig die spesiale ondersoekeenheid (SOE) en die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het in Desember 2017 ’n operasie uitgevoer wat spesifiek daarop gemik was om korrupte aktiwiteite deur verkeersbeamptes hok te slaan.

Altesaam 13 verkeersbeamptes is gedurende dié operasie in onderskeidelik Tzaneen en Bolobedu in hegtenis geneem, nadat hulle kwansuis omkoopgeld van motoriste ontvang het wat die Padverkeerswet oortree het. Dit het veral motoriste betrek wat die spoedgrens verontagsaam het.

Die omkoopgeld het enigiets van R100 tot R2 000 gewissel.

Tshifhelimbilu en Shivambu se medebeskuldigde, Clifford Lubisi, sal na verwagting op 31 Augustus gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Baardman ·

Dis die groot probleem met misdaad in SA. Die strawwe is veels te lig vir die oortreding. Dit dien glad nie as afskrikmiddel nie

Androclus ·

Of as hulle die boete betaal weer terug na hul werk kan gaan nie.

Persheks Adri ·

Vier jaar regtig waar? Hulle gaan binnekort weer uit wees nes die 19 000 wat reeds vrygelaat is

Pompies55 ·

Verkeer wil almal beboet en toesluit maar grootste boewe werk by Verkeers departemente.Anc is maar net korrup tot op die kern!

Annalie ·

5 Jaar opgeskort op die voorwaarde dat hulle dit nie weer doen nie. REGTIG. Stuur hulle in hulle peetjie. Dank hulle af liewe genade

Realis Thailand ·

En more gaan hulle voort en verhoog die omkoopgeld of is hulle afgedank
Soos ek die anc ken is hulle waarskynlik bevorder

Jack ·

Die paar wat nie weggekom het nie. Die oortjies van die seekoei. Bly maar n afrika ding die omkopery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.