ʼn 41-jarige vrou is in Mpumalanga in hegtenis geneem op aanklag van bedrog, diefstal en die oortreding van die Wet op Belastingadministrasie.
Cynthia Zanele Maluleke is Vrydag deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) se eenheid, wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, in hegtenis geneem, het kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, gesê.
“Maluleke het na bewering onregmatig betaling in haar persoonlike bankrekening ontvang van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ter waarde van R992 150,93. Die geld is aan haar oorbetaal ná sy as ʼn begunstigde bygevoeg is by die enigste direkteur van die maatskappy genaamd Mpelani Construction CC,” het Sekgotodi bygevoeg.
“Sy is nou die sewende verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn sindikaat wat die SAID bedrieg het. Sy is Vrydag in die Nelspruit-handelsmisdaadhof vrygelaat op borgtog van R3 000.”
Die saak is tot 13 Julie 2021 uitgestel en sy sal dan by ses medebeskuldigdes aansluit.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
En ons sal sien of sy by die hof opdaag. Hulle verdwyn mos soos mis voor die son.
R3 000 borg vir amper ‘n miljoen rand? Regstelsel is beslis nie reg nie, maar laat dit nou 1 van ons was dan het ons gesit gggmmmfff
3000.00 borgtog ?
Die Borg bedrag strook mos nie met die bedrag betrokke, hoe kry sy dit reg om SARS so te bedrieg, intern moet iemand help of betrokke wees en seker deel in die skelmstreke.
Ja en ons wat eerlik is sukkel elke keer ons alie af met Sars se internetstelsel wat nooit reg is nie. Daar is altyd iets verkeerd as jy enigiets wil indien en dan word jy daagliks gepes oor die foon oor dokumente wat hulle konsuis nie ontvang het nie. Die stelsel wys dit is suksesvol aan hulle ingedien maar o wee! R3000 is vir hulle die grap van die jaar