Sexwale onttrek aan Fifa-verkiesing

Tokyo Sexwale Foto: Werner Beukes/SAPA

Tokyo Sexwale Foto: Werner Beukes/SAPA

Tokyo Sexwale, wat een van die kandidate was in die verkiesing vir die nuwe president van die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa), het Vrydag kort voor die stemmery begin het, as kandidaat onttrek.

Sjeik Salman Bin Ebrahim Al Khalifa, Gianni Infantino, prins Ali Bin Al Hussein en Jerome Champagne is die oorblywende kandidate vir president van Fifa.

“Ek is bereid om onder die volgende president te dien. My kandidaatskap eindig hier. Ek dank u,” het Sexwale in ʼn kort toespraak voor die stemmery sou begin, gesê.

“Ek sou nooit eers kon droom om ʼn Fifa-kandidaat te wees nie. Ons is vandag hier omdat ʼn president gekies moet word. Kom ons bly verenig. Die wêreld daar buite dink dit is die einde van Fifa.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Francois ·

Is dit enigsins relevante nuus vir Maroela Media lesers?

Hennie ·

. . . hoekom het ou Sexwale onttrek, of moet ons liewer nie vra nie?

Sus ·

Ek dink Sexwale was bang vir die geraamtes wat uit kas kon kom………

Pieter.v ·

Heel moontlik, het daarvan gelees in n weeklikse koerant.

jan ·

wat het dit met ons te doen maroela?Plaas eerder nuus wat ons Afrikaanssprekendes aangaan. Daar is baie meer belangriker nuus as dit.

Pieter ·

Ek dink hy het nou vir die eerste keer besef daar is nie BBEEE in die res van die wereld nie. Hy kon ook nie die kleurkaart speel nie want Afrika sou nie vir hom stem nie

Frans ·

Wat het hy in die eerste plek daar gaan soek? Hy kan nie eens die sukkelende plaaslike spul uitsorteer nie.

Herman ·

Ek dink een van daai prinse het hom n klomp geld aangebied om te ontrek of hy het gesien fifa gaan nou so streng wees,daar gaan. Nie geleentheid wees om. Morup te wees nje.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.