Sisulu wil hê skole moet 50/50 wit en swart wees

Lindiwe Sisulu, minister van toerisme. (Foto: Twitter)

Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, het Dinsdag tydens ʼn nuuskonferensie gesê dat die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) ʼn voorstel sal oorweeg dat alle skole voorts ʼn 50/50-verhouding van swart en wit leerders moet hê.

Kenners meen dié voorstel is niks minder as goedkoop politiekery nie en wys dat Sisulu geen idee het wat in die onderwys aangaan nie.

Volgens Sisulu, die NUK se voorsitter van die subkomitee oor maatskaplike transformasie, sal dié voorstel ʼn besprekingspunt wees op die ANC se nasionale beleidskonferensie wat Vrydag by Nasrec afskop.

Sisulu meen die land kan nie ʼn “eg Suid-Afrikaanse identiteit kweek nie as almal nie dieselfde voordele het en in dieselfde tipe omgewing grootword en skoolgaan nie”.

Sy sê dit is boonop die ANC se mandaat om rassisme deur beleide en praktiese instellings te beveg.

“Ons moet iewers begin sê ons is een volk. Dit is van die Vryheidsmanifes sê.”

Sy het voorts gesê dat kinders nie ʼn benul van kleur het nie, maar dat kleur deur volwassenes op kinders afgedwing word.

“Ons sal seker maak hulle word saam in skole groot. Ek glo dat ons binne tien jaar ʼn beter toekoms sal hê.”

Dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), sê Sisulu se uitsprake lê eintlik haar tekort aan insig oor hoe die samelewing lyk en hoe ʼn skoolstelsel werk, bloot.

“ʼn Skool moet die samelewing waarin daardie skool funksioneer, reflekteer, want ʼn skool gaan tog daaroor om die onmiddellike gemeenskap te dien,” het Deacon gesê.

“Die minister kan nie 50/50 begin voorskryf van hoe gemeenskappe moet lyk nie, want dan skuif dit ons terug na die apartheidsjare van groepsgebiede en wette wat sê dis die persentasies en dis wat jy mag en nie mag doen nie. Ons het weggestap daarvandaan met openbare skole.

Hy wonder boonop waar Sisulu al die wit kinders wil kry om alle skole 50/50 volgens ras te verdeel, aangesien die Afrikaanse gemeenskap nie naastenby 50% van die bevolking uitmaak nie.

Deacon sê dis boonop ʼn klap in die gesig van bruin, Indiër en Asiatiese leerders in die stelsel – wat nie eers die 50/50 paal gehaal het nie.

“Dis niks anders as goedkoop politiek nie en dis jammer dat die minister kinders nou as haar politieke speelbal gebruik.”

Volgens Deacon wil Fedsas Sisulu se opmerkings eintlik met minagting verwerp.

Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum, sê dit is weereens ʼn “weerligafleier van die regering se onvermoë om onderwys te bestuur en verbeter”.

“In die eerste plek weet ek nie wat die minister van toerisme te doen het met die samestelling van kinders in skole nie. In die tweede plek word die gehalte van onderrig nie bepaal deur die rassesamestelling van die leerders of onderwyserskorps nie,” sê Bailey.

“Dis tyd dat die regering regtig begin fokus op die gehalte van onderrig en hulle minder bekommer oor ras. Daar is juis ʼn toestroming na skole omdat daar so baie disfunksionele skole is en ouers uiteraard die beste vir hul kinders soek.”

Sy waarsku egter dat ʼn mens nie die regering se vermoë moet onderskat om beleide – hoe belaglik ook al – af te dwing nie, aangesien hulle dit al voorheen gedoen het.

Die Afrikanerbond meen Sisulu se voorstel is opnuut ʼn bewys van “armoedige denke in die regerende party”.

“Dit is juis voorstelle soos dié waarmee die ANC in die verlede met skole gedobbel het en wat direk gelei het tot disfunksionele skole en wanfunksionele leerders wat in die samelewing as jong volwassenes ingestuur word,” sê Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond.

“Soos so baie voorstelle van die ANC, wil dit toenemend voorkom of dit nie oplossingsgerig is nie. Inteendeel, die ANC is instrumenteel in die chaos en verval wat daar reeds by die meeste skole bestaan. Hopelik begin kiesers insien dat die ANC se voorstelle nie omsien na die beste belang van hul kinders nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

marius ·

Bepaal jou by toerisme . Dis waarvoor die belasting betaler se geld gebruik word .

Christine ·

Sy doen aansoek op ‘n subtiele manier vir haar volgende pos….

Toy ·

Wat is dit met die vrou, hou op mense te dwing, dit is nie ‘n slawe tyd waarin ons leef om mense in iets in te dwing nie.

Paddaman ·

Begin dalk om 50% van jou brein te gebruik, dalk kan jy dan die ander 50% gebruik om skole eerder reg te maak in plaas van die blaam weer te plaas op apartheid.

Jannie van Niekerk ·

Haar breinkapoiasiteit wat gebruik is staan al klaar op een miljard persent so daar bly nie veel oor nie.

marisa ·

Plaas bepaal die vrou haar by toerisme sy is soos ‘n leë blik wat ‘n helse lawaai maak!!!

Bill ·

Stem saam . Stole sak moet toe as ons nie genoeg wit kinder kan supply

Eiervrug ·

Hemel, maar jy is skerp. Dankie vir die lekker lag!!! LOL!!!!

Burgermeester ·

Dit is lagwekkend! Nou wil die minister van toerisme voorskryf wat in onderwys moet gebeur. Sy moet liewers haar aandag toespits op haar eie gebied. G’n wonder die toerisme bedryf ontwikkel nie … want die minister van toerisme is te besig om haar neus in ander departemente se sake in te druk. Dit is wat jy kry met kader-ontplooing.

Johan ·

Die Burgemeester moet nou mooi dink. Sy wil CR opponeer die einde van die jaar, en in Toerisme het sy nié die geleentheid om omstrede kwessies te verkondig nie. Nou soek sy maar iets wat die hele volk raak!!!

Watsenaam ·

Die krag is vir n verandering aan, maar die ligte brand nie. Sy moet nie vergeet dat die hele regerings beleid op rasisme geskoei is nie. Dis die regering wat al die tyd op die verlede hammer en rassisme lewendig hou.

domheks ·

Die aanwas by swart is 1000 voudig meer as by wit! Hoe de hel wil jy 50/50 plasings doen?

Papsak ·

Hou jou uit ons witskole uit dit nie julle kinders se plek nie hou jou by wat jy moet doen skole niks met jou uit te waai nie hoekom wil julle tussen ons wees julle het julle skole

Spook ·

‘n Klomp sal nie kan skoolgaan nie, want daar is hopeloos te min wit kinders om haar “plan” te laat werk.
Sy weet seker nie dat ALLE skole dan 50/50 moet wees en die oorgrote swart kinders sal dan nie kan skool gaan nie

PieterJ ·

So met ±11.4miljoen swart skoolkinders en ±1.3miljoen wittes MOET ELKE skool ewe veel van elk hê. Daar skop die sub30%er logoika weer in. Of bedoel sy maar net om die goeie skole af te bring tot op die vrot skole se standaard?

domheks ·

Wonder of sy kinders het? Deel meer voorbehoed middels saam met jou denke uit! Hongersnood oppad met die verskriklike aanwas.

Ria ·

Sy is die 1ste een wat moes opsy staan. Hoekom is sy nog in haar posisie

Hennie ·

Lyk vir my elkeen moet ten minste een belaglike wet probreer afdwing per jaar

Groen-oog ·

Reggggtig??! Wat van die ander nasies se kinders wat ook skool toe moet en wil gaan.

Jr ·

Ma ‘damn wat elke dept wat sy in charge was opgekneuk en in die grond gedryf, met haar charff charff hare en naels. Sy gaan dit seker in haar nuwe voorgestelde African constitution waarvoor die ma’ damn druk. Afrikanacity at its best. Being in just about all portfolios

De Villiers ·

“Ons moet iewers begin sê ons is een volk. Dit is van die Vryheidsmanifes sê.”

Nee dankie, ek wil nie een volk wees met julle klomp nie.

Snowball ·

Elke keer, as mens dink die onnoselheid kan nie erger nie, dan maak kader sy mond oop en mens kan maar net verstom staan oor die somme en die ‘insig’ waartoe hulle in staat is.

Bill ·

Waar gaan ons so Baie wittekies kry . Al die stole gaan toe maak. Ons sal moet supply

George ·

Wou nou net se, ons bruines, kan ons 100% wees, of n 10% kry lol, nee wat Sisulu, jy het geen clue nie, los die skole uit. Die probleem in die skole is nie met hoeveel wit,bruin, swart ens nie, die probleem le in die ANC se fondament, om n kraak toe te verf vat nie die kraak weg nie.

Erika ·

Maar die skole is alreeds 90% swart en 10% wit, kyk maar net as mens verby enige skool ry, die meerderheid is swart kinders, met ander woorde, sy skiet haarself dan nou in die voet, dan moet die ander 40% swart kinders, ander skole vind! Sodat die ander 40% wit kinders na skool naaste aan hulle kan gaan.

Is een groot sirkus, voel so jammer vir ons wit kinders, skool was nog skool toe ons nog kinders was.

Manie ·

Plaas 1 swart kind vir elke 1 wit kind in die skool en vergeet van die res?

Annamarie ·

Waarom bepaal sy haar nie by Toerisme, wat haar departement is nie?? Deur hoeveel departemente wil sy nog deur draf? Agge nee RERIG!!!

SjN ·

Skoenmaker hou jou by jou lees, orals waar die kader betrokke is, is dit in elk geval nie 10/4 nie.

Elma ·

Ai Lindiwe, jy droom.
Die enigste manier wat jy sal regkry dat n “nuwe eg Suid Afrikaanse identiteit” gekweek word, is om huwelike ook 50/50 af te dwing. Kultuur word gevorm in die ouerhuis, nie in die skool nie.
Ek wil nie graag vir jou sê jys onnosel nie, maar nou ja, dit is wat dit is.

Frank ·

Uitstekend. Lankal tyd dat geboortebeperking ingestel word tot daar net 50/50 swart en wit kinders is so geen swart babas die volgende 12 jaar nie

Pieter ·

Dan moet sy maar begin om vervoer in plek te stel om wit kinders te vervoer na die oorwegende swart skole in die swart woongebiede. Maar ek dink sy wil ‘n 50/50 split hê in voorheen wit skole, en voorheen swart skole sal steeds slegs vir swart kinders beskore wees. Of sy moet weer gaan dink voor sy sulke stellings maak, en seker maak die brein is in rat voor die mond oopgemaak word.

Nommer 7 ·

M.a.w. 50% betaal skoolgeld, 50% gaan op ‘n “free ride”.

Janine ·

Presies! Kry mos als verniet. Skoolklere, skooltasse (geborg deur Nike en so aan) skryfbehoeftes, kos ens. Terwyl ons ons gatte afbetaal aan duisende rande se skoolfonds, klere, vervoer ens.

Republikein in die Wes Kaap ·

Goeie voorstel! Nou kan ons miljoene wittes invoer om al die skole vol te maak. En die staat gaan daarvoor betaal.

Alta Alleman ·

So my kind moet elke dag 100km ry om by n swart skool in die township skool te gaan? Wat van die plattelandse skole wat net swart is ? Waar gaan hulle wit kinders kry om daai skole by te woon? Die logika darem….eish

Rich ·

Wonder wat sy doen in haar posisie!! Sy is dit nie werd nie!!

VaalDonkie ·

Wat van die kleurlinge hier in die Kaap? Moet ons hulle by die swart of die wit tel? Want lyk my nie die ANC weet dat hulle bestaan (en meer as die swartes is) nie.

George ·

Nee wat, ons tel mos nie in die oubedeling of in die nuwes nie.

Christo ·

Wonder hoe gaan sy dit in landelike gebiede reg kry waar die skole 100% swart is!

Nited ·

Sy is 1 van die kamarade wat haar agterent met die Vryheids manifes afvee.
Waar is di “jobs,housing en services for all”
Hulle is Al ” people wat govern en deel rykdom van land in donker kamers onder tafels met haar Ander skelm kamarade

Swerwer ·

Belaglik. Skoenwerker hou jou by jou lees. Kulturele verskille maak dit baie moeilik om verskillende kulture bymekaar te voeg. Dit kom al van die Bybelse tyd af, so aanvaar dit nou maar en dat elke etniese groep sy tradiesies gestand doen en hou op om almal in ‘n Kommunis te wil verander.

Perdeby ·

Ok dis reg dan moet die parlement ook mos 50/50 wees of hoe dan nou?

fs ·

die brein kort bietjie botoks soos die gesig… as almal oor dieselfde kam geskeer word en dieselfde betaal vir skool en ook by die skool reels kan hou – dan is almal welkom… sodra almal agteroor moet buig om die outjies te akkommodeer en by hulle reels in te val het ek n problem daarmee

Jakes ·

Die agbare Sisulu maak soos gewoonlik haar naam krater met haar uitsprake. Ons is beslis nie een volk nie. Ons is verskeie volkere met elkeen sy eie identiteit en kultuur. Ons bly egter saam in een land maar om skole op n gelyke basis te beman sal meer probleme as oplossings meebring.

Mariana ·

Het sy nie werk om te doen nie. Ok, nou verduidelik gou… as daar skole is wat 100% wit of 100% swart is? dan moet 50% van hulle waarheen gaan? Sy het nie ‘n clue wat om haar aangaan nie

Nie Verbaas ·

En daar word nog n nar toe wakker met n “blink” plan. Die plan weerspieël haar intelligensie.

Andrew ·

Daar is net 5% van die land wat wit is, so jy meen eintlik 50/50 in wit of eerder Afrikaanse skole. Waar laat dit ons kleurling en Indier vriende?

En die gewone blanke Afrikaanse mens wil nogsteeds nie luister en sy roete verander nie.

Buks ·

Dankie, maar ons kan nie meer wit leerlinge in die skole kry as wat lewe nie. Dis gaaf van die minister om ons skole meer wit te probeer maak maar al hoe dit sal gebeur is as hulle swart leerders uit die skole haal wat nie van pas sal wees nie.

Piet ·

Dit gaan baie moeilik wees, Blankes is minder as 10% van die bevolking….. Se maar net.

Sê maar net ·

Is Sisulu nou heeltemal in die “ball” gepik? Ek het 20 jaar skool gegee en meeste van die skole was 90% swart en 10% wit. Sy weet glad nie wat in die onderwys aangaan nie. Skoenmaker hou jou by jou lees.
Of dan weer, sy het in elk geval sovêr gefaal in al haar portefeuljes…..maak nie saak waar hulle haar sit nie. Hou jou neus uit Onderwys, Sisulu.

Josua ·

As jy en jou regering ons belasting geld reg en volwasse bestee het het jou swart kinders nie nodig gehad om wit skole te gebruik tensy daar geen ander opsie was nie, jy veral verdrae nie witmense nie so waarom moet swart kinders teen hul wit by wit skole skool kry.

Josua ·

As julle 30jaar gelede begin skole bou het in jul eie woon gebiede en minder korrupsie gepleeg het sou swart kinders nie nodig gehad het om wit skole te besoek vir skool onderrig nie en ook nie nodig gewees het om hulle kilometers met busse aan te ry vir skool onderrig in wit skole nie.

Onnie ·

Dream on! As jy 1 liter melk wat suur geword en 1 liter melk wat nog vars is vat en jy gooi dit bymekaar… dan het jy 2 liters vrot melk!! Dus, 50% vrot melk + 50% vars melk = 100% vrot melk! Hoop mev Sisulu kan daai sommetjie doen, anders moet sy my kom sien vir ekstra klasse.

Johannes ·

Ek weet nie of ek met haar saamstem dat ons dan oor tien jaar ‘n beter toekoms gaan hê nie,maar ons sal dan beslis ‘n beter verlede hê.

Andre ·

Maar my tante, jy kan witmense dan nie verdra nie, hoekom 50/50? Wees ekstreem soos ons jou ken en stel voor 90/10.

Oosie ·

Hoekom ras weer inbring.. dan gaan vele swart weer sonder onderig wees, sodra jy dit 50/50 maak.. dink bietjie!! As jy kan..

5ku883 ·

Ai mense, partymaal dink ek ons ou nasie is ook maar lekker aan die slaap. Sy wil nie 50/50 hê nie, sy wil maksimum 50% van n skool se kinders wit hê. Basies wil sy hê dat daar geen skool moet wees waar die meerderheid kinders wit is nie.

Wat sy net nie besef nie,is dat die kwaliteit wat sy kamstig graag wil hê, dan ook by die agterdeur gaan uitloop. Ongelukkig het ek dit met my eie oë in my eie kinders se skool gesien (wat 5% wit is en 95% swart is) – die goeie kinders word afgetrek na die laer vlak toe, nie andersom nie.

Ek stem saam dat kinders aanvanklik nie ras raak sien nie. Ongelukkig word ander goed by die huis gekweek (of nie gekweek nie) slaan deur by die skool wat uiteindelik gemaak het dat my eie kinders self na my toe gekom het en gesê het hulle wil nie meer in ‘n “swart” skool wees nie – swak dissipline, lae werksetiek, my regte is hoër as enige iemand anders sin, regte sonder enige verpligtinge, ens ens ens.

Hulle eie swart maats het hulle gemaak ras raak sien.

Jack ·

Lyk my toerisme is so opgemors sy soek nou n ander portefeulje om ook verder op te mors – wat daarvan oor is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.