Lekhoa Mothibi, hoof van die staat se spesiale ondersoekeenheid (SOE), het die parlement se portefeuljekomitee oor justisie toegespreek en gesê die feit dat die argitek, Minenhle Makhanya, se prokureurs onttrek het, het beteken dat hulle “byna van voor af moes begin met nuwe prokureurs”.
Die SOE het ʼn siviele regsgeding aanhangig gemaak nadat die voormalige openbare beskermer bevind het dat die opgraderingswerk aan Nkandla nie met veiligheid verband gehou het nie. Zuma is later opdrag gegee om R7,8 miljoen terug te betaal omdat die opgraderings hom en sy familie onregmatig bevoordeel het.
Gerhard Visagie, die SOE se regsverteenwoordiger, het aan LP’s gesê Makhanya se nuwe prokureurs het hulle nou by die saak aangesluit, wat beteken die verhoor sal binne die volgende paar maande begin, indien daar geen verdere vertragings is nie.
“Hierdie saak het gebuk gegaan onder ʼn hele aantal gebeure wat net beskryf kan word as vertragingstaktieke. Die nuwe prokureurs is nou aan boord. Die saak is in ʼn gevorderde stadium,” het Visagie gesê.
“Ons het nou ʼn punt bereik waar die voorverhoorgesprekke gehou word. Ons verwag dat die siviele eis binne die volgende paar maande sal voorkom.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
En so word die saak uitgerek en wie betaal die regskostes?
Voor-die-hand-liggende bedrog, en die aangeleentheid word sivielregtelik in der minne geskik?
Maar o wee!!
Die ‘K’-woord daarenteen is jou sleutel tot summiere gevangesetting.
Daar behoort NIKS te gebeur nie .. groot bohaai oor niks. Hys die regte kleur, hy is van die regte politieke oortuiging, ons belastingbetalers gaan alles betaal en hy gaan skotvry anderkant uitloop. Quite frankly my dear as die president van ‘n land my vra om sy krot te ontwerp sal ek dit ook doen teen daardie bedrag, hoekom is mense nou kwaad vir hom? Hy het die werk gedoen en die president het sy prys aanvaar . raak nou groot!
Die bedrae geld wat vir argiteks dienste betaal is is verbysterend. Dit kan mos niks anders as geldverduistering wees nie.
Die woord ‘miljoen’ het nikssegend geword. Selfs wanneer ‘n ‘e’ agterna gevoeg word.
Die ‘m’ moet vervang word met ‘n ‘b’ om nou nog na waarde te klink.