Skenking aan Voortrekkermonument oorhandig

Alana Bailey, Cecilia Kruger en Joep Joubert.

AfriForum en verteenwoordigers van die Voortrekkermonument Draf & Stap Klub het ’n skenking van R25 000 aan die Voortrekkermonument oorhandig.

Dié bedrag is die opbrengs van die 2020 AfriForum Springbok Vasbyt-padwedloop wat deur die klub georganiseer en deur AfriForum geborg is.

Die wedloop het vanjaar op 11 Julie plaasgevind en is weens die Covid-19-inperkings virtueel aangebied. Sowat 265 atlete het wêreldwyd daaraan deelgeneem. Selfs in Skotland, Ierland, die VSA, Botswana en Namibië het mense saam gestap, gedraf en gehardloop.

Daar is besluit dat die inkomste wat met die wedloop gegenereer is aan die Voortrekkermonument geskenk sal word. Weens die inperkingsvereistes was dié instelling verplig om maande lank gesluit te bly, wat ’n groot finansiële terugslag vir die monument beteken het. Dit het pas weer vir besoekers geopen.

Die skenking is deur Joep Joubert namens die Voortrekkermonument Draf & Stap Klub en Alana Bailey namens AfriForum aan Cecilia Kruger, besturende direkteur van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting, oorhandig.

Joubert en Bailey het die hoop uitgespreek dat meer instellings en individue die Voortrekkermonument sal ondersteun en het ’n beroep op die publiek gedoen om die terrein te kom besoek.

By die geleentheid is hulde ook gebring aan Leon Bezuidenhout (1966-2020), stigter van die klub, wat Sondag oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alexander ·

Baie danie aan Afriforum en die Voortrekker Monument hardloopklub vir hierdie wonderlike bydrae. Ek hoop van harte dat hierdie bydrae sal help om die wiele aan die rol te hou. Ek daag ook alle hardloopklubs in Pretoria asook ander sportkodes om dieselfde te doen.

Johann ·

Ja shure. Hoeveel kos kon aan hoeveel mense gegee word vir R25 000? Maar nee, ons moet n semmie grafsteen befonds?

Deon ·

Verstaan jy die simboliek van die voortrekker monument? Weet jy dat dit deel is van n Gelofte aan God die almagtige?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.