Skildery wys monument soos nog nooit

Kunstenaar Ilze van Wyk se werk van die wêreldbekende monument – ʼn driedimensionele multimediaskildery – laat die koppe draai. (Foto: VTM)

Dit is die Voortrekkermonument wat jy ken, maar uit ʼn heel nuwe hoek.

En kunstenaar Ilze van Wyk se werk van die wêreldbekende monument – ʼn driedimensionele multimediaskildery – laat die koppe draai.

Die skildery het Van Wyk meer as drie jaar geneem om te voltooi. Sy bestempel dit as ʼn uitbeelding van een van haar gunstelingplekke in Suid-Afrika wat sy graag met die wêreld wou deel.

“Ek het besluit om die kunswerk te maak omdat die VTM my baie na aan die hart lê,” sê Van Wyk.

“Om na die VTM te kyk, is onbeskryflik; daar is werklik so baie om te sien dat ʼn mens elke keer iets nuuts ontdek. Daarom het ek besluit om die skildery aan die VTM te skenk.”

Die skildery het Van Wyk meer as drie jaar geneem om te voltooi. (Foto: Verskaf)

Die kunswerk, getiteld “Omgekeerde perspektief”, skep die illusie dat mens reg rondom die monument beweeg wanneer jy daarna kyk.

Van Wyk is boonop ʼn nasaat van een van die bouers van die VTM én Bart Pretorius en sê dit is vir haar besonder spesiaal om te weet haar familie se geskiedenis word hier vertel.

Sy het die kunswerk onlangs by ʼn funksie van die FAK aan die monument oorhandig. Dit het besoekers behoorlik aan die gesels gehad, veral weens die indrukwekkende optiese illusie wat jy sien wanneer jy die skildery uit verskeie hoekpunte beskou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan Tredoux ·

Ek is in die minderheid. Ek voel dat volks-eie simbole en monumente is n verdeler van n nasie ipv n samebringer. Dit suggereer een denkwyse, een geloof en wieookal nie met al die kultuur en gebruike saamstem nie, word gesien as n misbaksel en verraaier. Gebeurtenisse, soos die Engelse-Boere oorlog is wel vir my merkwaardig en bring baie emosies op. Maar die Voortrekker Monument is hedendaags ook n marginaliseerder van die blanke Afrikaanssprekende nasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.