Skoolhoof in hof oor moordkomplot

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Skoolhoof van Limpopo wat glo sy vrou wou laat vermoor, is Donderdag in die Waterval-landdroshof borgtog toegestaan.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die 49-jarige Leon N’wandzule, skoolhoof by die Marimana High School in die Mbhokota-nedersetting naby Louis Trichardt, is borgtog van R1 000 toegestaan. Hy moet weer op 8 Januarie 2021 in die hof verskyn.

N’wandzule staan tereg op aanklag van sameswering om moord te pleeg. Hy het glo op 16 Julie vanjaar ʼn man genader om sy 43-jarige vrou te vermoor, in ruil vir ʼn groot bedrag geld.

Die vrou het inligting ontvang oor haar man se planne en die polisie in kennis gestel. ʼn Ondersoek is van stapel gestuur en die man is gevolglik in hegtenis geneem.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Misky ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie!!!! Net R1000 borg en wat dink die regter gaan nou gebeur??? Inmenging met getuies en die man is duidelik `n gevaar vir die samelewing. Shame en wonder hoe slaap daai vrou snags en ek sou dood bang wees

Persheks Adri ·

R1 000 borg om jou vrou te laat vermoor? Nee nou het ek alles gehoor! Nie pille vir sulke mense nie oe ee ee, maar laat dit nou 1 van ons was…

Anel ·

Nou wie sê hy gaan nie weer probeer nie, of dalk self. Verstaan nie ons regstersel nie.

Derek ·

Dit is die resultaat wanneer menslike wette God se gebooie vervang, die nuwe Suid Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.