Skoolhoof, skoolbusbestuurder ondersoek oor ernstige bewerings

Fundile Gade, LUR vir onderwys in die Oos-Kaap (Foto: ANA)

Die Oos-Kaapse departement van onderwys ondersoek bewerings van wangedrag teen twee van sy amptenare by twee onderskeie skole in dié provinsie.

Die hoof van ’n skool in Mount Fletcher in die Joe Gqabi-distrik word tans ondersoek nadat bewerings van seksuele wangedrag die lig op sosiale media gesien het.

Die departement sê hy het Maandag beamptes na die betrokke skool gestuur om die saak te ondersoek en ’n voorlopige verslag in te dien.

Die departement het intussen ’n skoolbusbestuurder verbonde aan die Moshesh Agricultural High School in Matatiele geskors nadat ’n video aan die lig gekom het waarin gesien kan word hoe ’n leerling in skoolklere die bus bestuur terwyl die bestuurder toekyk en alkohol drink.

Volgens die departement is alternatiewe maatreëls reeds geïmplementeer om te verseker dat geen leerlinge weens die bestuurder se skorsing gestrand sit sonder vervoer nie.

Fundile Gade, LUR vir onderwys in die Oos-Kaap, sê albei voorvalle toon onverskilligheid en minagting van die oppergesag van die reg.

“Die lewens van die leerlinge wat in die bus gereis het, is in gevaar gestel en dit mag nooit weer gebeur nie,” sê die LUR.

“Daarbenewens bepaal die Wet op die Indiensneming van Opvoeders dat indien ’n opvoeder skuldig bevind word aan seksuele wangedrag met ’n leerder, dit strafbaar is met ontslag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Riaana ·

Nou het ons als gesien, ons Land word deur’ idiots’ gerun… Dis nie eens snaaks nie ons moet slaapelose nagte he oor wat in hierdie land aangaan, in apartheids jare was daar werk vir almal, daar het ni so iets soos load shedding bestaan nie, dis asof alles waaraan die regering raak in gemors verander, niks werk meer nie en daar is ook nie werk nie, en dan praat ons nie eens van die paaie se toestande nie, in apartheids jare was n ding reg of weg????????

Persheks Adri ·

Stem 100% saam met jou! Alles het daai tyd reg gewerk nou is ALLES ‘n gemors met die klomp. Ons kort ‘n nuwe kaptein aan die stuur regtig waar

Inkpot ·

Goeie genugtig! Dit laat mens se hare rys om te dink wat kon gebeur.
Dankie tog die bus het nie buite beheer geraak nie.

Dup ·

Dit is lankal nie meer ons land nie.Die land wat ons geken het, het na 1994 stuk vir stuk verdwyn.Misdaad,bedrog,korrupsie,onbevoegdheid en plein swak of geen regering het groot dele verwoes.Suid-Afrika Addio…….

Eiervrug ·

Ons kan nie net aanneem dat sy nie ‘n lisensie het net omdat sy nog op skool is nie. Sy is dalk reeds 23 met ‘n geldige Pick ‘n Pay rybewys. Give her a chance!! Ha haaa!!

Deon ·

Presies daai gedink, dit is ook hoekom die seksuele teistering nie kinder molestering is nie…

Wielspore ·

Die leerder verdien ‘n medalje en die busbestuurder moet tronk toe en om nooit weer ‘n openbare bestuurs lisensie te kry.
Ek dink SA moet teug gaan na donkie karre, dit is meer veilig!

Genis ·

Liewe aarde.. het die ander dam se gaansee glad nie skaamte nie? Ons is regtig erger as n banana republic, ek dink SA begin Afrika nou te top… Nou moet ons in harmoenie met die klomp dam se eende leef…

Dries ·

Die seksuele wangedrag in SA skole kan nogal ‘n tamelletjie raak, as jy in ag neem dat daar soveel leerders is wat nie meer minderjarig is nie.

Cherry ·

Hy kan so bly wees hy bestuur nie ‘n bus wat my kind op ry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.