Skoolkind sterf ná motor hom tref

(Argieffoto)

ʼn Skoolleerder van Bloemfontein in die Vrystaat is dood nadat ʼn motor hom getref het.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê die ongeluk het Dinsdag omstreeks 08:10 op Kenilworth-weg digby die New Tempe-lughawe in Bloemfontein plaasgevind.

Die kind is geïdentifiseer as Lucky Boy Gideon Malefane van Groenvlei. Sy ouderdom is in hierdie stadium nog nie bekend nie.

“Met polisie se aankoms op die toneel, is Malefane op die kant van die pad aangetref. Hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” sê Mbambo.

Mbambo het bevestig dat die bestuurder van die motor ʼn 39-jarige man van Bloemfontein is.

“ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek en niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mieke ·

Ai tog…. die kinders is so impulsief soms. Hulle kyk soms nie . My eie broer het, toe hy klein was, amper voor ‘n groot vragmotor ingeloop. Ek dink sy beskermengel het oortyds gewerk.
My innigste simpatie aan die familie met hulle verlies…

Losloper ·

Dit is werklik so hartseer om van ‘n kind se dood te hoor. My kind was 11 jaar oud toe sy ook doodgery is van haar fiets op die sypaadtjie deur ‘n Motoris wat uitgeswaai het vir iemand anders wat besig was om die pad oor te steek. Dit is 20 jaar later en verlange raak nooit minder nie. Pyn is minder maar gaan nooit ten volle weg nie. Sterkte aan die ouers. Net geloof sal sal julle elke dag hier deur dra.

Anoniem ·

Ek voel jammer vir die bestuurder want dit gebeur daagliks dat hul oor die pad hardloop voor
aankomende verkeer in. Dalk moet daar by skole meer aandag geskenk word om die leerders op te voed en padveiligheid by hul Lewensorietering by te voeg in pleks van musieknote te leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.