Skrale verligting van beurtkrag aangekondig

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Eskom het ’n kort ruk gelede aangekondig dat fase 3-beurtkrag van Donderdag 21:00 tot Vrydag 05:00 sal geld. Fase 2-beurtkrag sal dán, soos vroeër reeds aangedui, in werking tree en tot Maandag 05:00 duur.

Dié aankondiging bied min verligting vir Suid-Afrikaners nadat fase 4 die afgelope twee dae geduur het.

Eskom sê ’n verandering in fase is nou moontlik nadat sy noodopwekkingsreserwes voldoende verbeter het.

’n Opwekkingseenheid elk by die Matla-, Medupi-, Kusile- en Camden-kragstasie is weer in diens gestel hoewel ’n eenheid elk by Matla-, Lethabo- en Arnot-kragstasie vir eers buite werking gestel is vir herstelwerk.

“Twee ander eenhede sal na verwagting vandag weer in diens gestel word, asook nog vyf opwekkingseenhede waarskynlik teen Maandagmiddag,” sê Eskom in ’n verklaring.

Onbeplande onderbrekings haal in dié stadium 13 942 MW uit die netwerk, terwyl 7 136 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.

Eskom doen opnuut ’n beroep op Suid-Afrikaners om hul kragverbruik te beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

VaalDonkie ·

Eskom is soos daai ou wat sy vrou slaan en elke slag belowe hy sal ophou. Maar volgende naweek as die drank loop dan is dit maar weer so.

Jr ·

Dankie baas Squirrel en de Ruyter moet oop wees want dis donker. Moet ons nou julle n Noddy badge of ‘n Coca cola top medalje gee. Julle dink julle doen ons n guns. Julle is net soos die kinders by die skool. Al kom julle LAASTE kry julle nog steeds die selfde sertifikaat as die kind wat eerste gekom het.

Marius ·

Siestog , moet ons nou dankie se vir dit ? Hoe pateties kan mens wees om na 15 jaar nog nie n probleem
uit te sorteer nie? Net in Afrika met our people .

Casper ·

Wees dankbaar,wat gaan jy doen as daar geen krag is nie
De Reyter dink ek doen ‘n fantastiese werk.Onthou hy moet nou ou uutgediende kragstasie instand hou wat our people nooit gedoen het nie.Die opwekkingseenhede moet herstel word,diesel moet aangekoop word,steenkool moet aangekoop word en tesourier wil escom nie help nie.De regter het al ‘n groot klomp skuld van eskom afbetaal.Gee de Reyter die bietjie eer wat hom toekoms saan met Jan Oberholzer.

Janine ·

Casper; Die lot hier op MM verkies om die arme man eerder te kruisig as bietjie van hul breinselle te gebruik om te verstaan dat dit NIE sy skuld is nie.

Keelvol ·

Janine, die punt wat jy duidelik mis is: wat doen hy om die gemors reg te maak? Die antwoord is, NIKS. Jy moet n bietjie luister na wat hy kwyt raak en kyk hy doen. In 3 jaar het hy NIKS gedoen nie.

Retha ·

Jy verstaan verkeerd Johan. As ‘n vooertuig afgeskryf is en jy wil dit opbou dat dit weer gebruik kan word, gaan dit jou nie 3 jaar kos nie, jy gaan baie kopkrap en spandeer om daardie voertuig weer in werkende toestand en in goeie lopende toestand te kry . Gaan help vir Mr De Ruyter, lyk of jy die vinnige oplossing het vir al die afgetakelde en vervalle masjiene

Keelvol ·

Casper, in 3 jaar wat het hy nou presies gedoen? Definitief nie instandhouding werk nie.

Mieke ·

En boonop sit De Ruyter met aanhoudende sabotasie voorvalle. Daar is dié wat SA tot ‘n val wil bring.

Tharina ·

Wat n grap – kyk mooi mense 3 & 4 se tye verskil baie min.
Dink hulle nou ons moet opgewonde raak.

marius ·

En almal moet gil kyk hoe pragtig is die koning gekleed terwyl hy poedel nakend kaal is met ‘n pens wat oor sy kniee hang en sy voete so vuil is dat selfs ‘n vark gril . Dis die suiker gedeelte van hoe hierdie hool waarlik is .

Roebs ·

dink net ons moet almal solar kry en ‘n einde maak aan Eskom of moet ek se verskoonESKOM, ek so moeg werk tot laat dan ‘n gejaag om alles gedoen te kry. Ek is so moeg of dalk moet eskom ons take away geld gee sodat ons elke dag kan uiteet terwyl hulle werk om ons krag netwerk instand te hou en nie wag tot alles breek nie of tot hulle uit steenkool of gas hardloop..

SlinkseKoljander ·

Tipies van die komunistiese ANC regering, hou jou mens bang en onder jou vinger!

Willem ·

Hulle moes meer kernkragsentrales gebou het dan het ons nie met hierdie probleme gesit nie.

piet ·

Daar’s twee nuwes die afgelope 14 jaar se tyd gebou en dis ook die grootstes. Hoeveel nuwes wil jy nog he?

Swerwer ·

Genoeg om aan ons land krag te voorsien om “ons” landsburgers wat daarvoor wettig betaal van krag te voorsien.

Sarie ·

Daar was genoeg. En is nog steeds. Daar is n duistere rede agter dit. No pun intended

Philip ·

Ekwil my simpatie en begrip van die situasie uitspreek teenoor Jan en Andrey wat van al die kante aangeval word.As n persoon nie in hulle skoene gestaan het enal die verantwoordelik moes dra nie en die nodige kennis van so n groot elektriese stelsel gehad het nie bly dan maar eerder stil en sal dit beter wees om die ouens eerder te ondersteun.Ek was tot my aftrede n middelvlak bestuurder by ESKOM.

Jr ·

Aagh asb hy wil net die geld beter laat lyk. HY stel nie belang in infrastruktuur reg maak. USELESS

Keelvol ·

De Ruyter het nou presies wat gedoen in 3 jaar? Ons betaal en betaal vir wat? Net om te hoor twee nuwe kragstasies se eenhede Bly elke tweede maand die gees gee? Nee, ou perd, eskom is pateties.

Jr ·

Stem 1000000% saam met jou Johan. Hulle moes vir seker gevra kan hy dit regmaak en ek is dood seker hy het nie NEE gesê nie toe hy vir die job geapply het. NOU hoekom doen de Ruyter nie wat hy gesê hy kan

LANA is ELANè ·

Nogal, wat beteken die vlakke in elk geval? SA het ñ kragprobleem en die probleem is die bestuur van Eskom wat nie hul mandaat om ons van krag te voorsien na kan kom nie.!
Pateties, die oplossing is PRIVATISEER en gooi al die kaders vd ANC uit Eskom uit en bring kundige mense wat werklike kwalifikasies het om die instelling te bestuur!!!

Magda ·

Hou op om verskoning te soek, doen gereelde Instandhouding met mense wat WEL GEKWALIFISEERD IS, ni gekoopte sertifikate ni. Julle so wel as di KORRUPTE ANC GEMORS IS VERANTWOORDELIK. MAN UP EN HOU OP VERSKONING SOEK.

Cherokee ·

Geen verligting. Soos Tharina ook sê, geen verskil tussen fases 3 & 4.

Waarnemer ·

Hoe kan n nuwe opwekker by Kusile oppak en dan se baas Jan dit is as gevolg van ouderdom?

Waarnemer ·

As gevolg van ….die ANC sit ons nou in die donker….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.