Skrander gr. 7-leerder sterf skielik

CJ Kruger (14). (Foto: Facebook)

’n Skrander gr. 7-leerder aan die Laerskool Kameelfontein in Pretoria is Sondag aan ’n ernstige asma-aanval dood.

CJ Kruger (14) se ma, Yvonne, het Maandag aan Maroela Media gesê haar seun was “die lewe van enige plek met sy borrelende persoonlikheid”.

Hy word ook deur sy skool beskryf as ’n “liewe kind wat altyd vol grappies en streke was”. CJ het in akademie en op die sportveld uitgeblink.

“Waar ’n skaterlaggie weergalm of ’n groepie gebondel het, was jy daar. Vandag groet die leerders, ouers en personeel van Laerskool Kameelfontein een van ons bestes,” het die skool Maandag in ’n huldeblyk aan CJ gesê.

“Jy sal vir altyd in ons harte en op ons stoepe rondspring, almal poetse bak en rekord ná rekord by ons hoogspringmat laat spat. Jou mooi hart en vrolike geaardheid was vir ons almal ’n voorbeeld. Ons woorde is min en ons hartseer is baie, maar ons weet daar waar jy nou is, waar jy vir ons wag, giggel die engele lekker vir jou toertjies. Rus sag, CJ.”

Monja Schroder het namens die skool aan Maroela Media gesê dat CJ vir niks teruggestaan het nie, en dat hy altyd ’n glimlag op sy gesig gehad het.

“Dit is vir die leerders baie traumaties. Hul harte is baie seer.

“Die gr. 7-leerdergroep het ’n kruis en foto’s met kerse by die skool kom sit. Ons het vir dr. Roelf Opperman van NG Kameeldrift gevra om met hulle te kom gesels en bid.”

Sakura Kai Karate het op hul Facebook-blad gesê dat CJ se onverwagse dood vir altyd ’n gat in hul harte sal los.

“Ons innige meegevoel aan CJ se ma, Yvonne, en sy broer, Sakkie. Mag God sy arms om julle vou en julle troos. CJ, ons gaan jou aansteeklike lag mis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nettie ·

Hoe verskriklik. So ‘n mooi kind. ‘n Mens verstaan sulke dinge nie. Mag God vrede en vertroosting bring aan al die familie en vriende en skool.

Koos 100 ·

Ek het geen woorde nie. My dogter is in graad 7, en ek kan nie dit vir myself indink nie. ABBA, Vader, Seun en Heilige Gees, troos asseblief, Amen.

Marcello ·

Inge-ent het niks met Asma te doen nie. Daar is mense wat baie siek geword het wat inge-ent, dit het hul Asma laat opvlam.

Vriendelike Frikkie ·

Hy was dalk allergies vir iets. Los bespiegelinge vir die nadoodse ondersoek.

Martie ·

Sjoe nee ek sal dit nie kan hanteer, sterkte aan die naasbestandes, veral die Mamma en Pappa.

Martie ·

Ek wens daar was ‘n inenting vir Asma ek sou eerste in die lyn staan met my kind!

VaalDonkie ·

Ja dis ‘n vreeslike ding. Ek het as kind met asma gesukkel en met Genade uit dit uit gegroei. Anders moet mens maar daai pompie altyd by jou dra en dis ‘n las.

Corne ·

Ek skoon in trane. Nog ‘n mooi kiind sterf. Mag die Vader julle as familie en vriende omvou met liefde en vertroosting. Baie hartseer.

Karina ·

My innigste simpatie en gebede dat God julle deur hierdie beproewing sal dra. Sterkte aan Ouers, familie en ook die skoolkinders en onderwysers wat hom gaan mis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.