Skrywer sê ‘jammer’ ná Mashaba-boek onttrek word

Herman Mashaba, leier van ActionSA. (Foto: ANA)

Die skrywer en politieke kommentator Prince Mashele het Woensdag om verskoning gevra vir sy “aandeel in die omstredenheid” wat tot die onttrekking van sy boek The Outsider, ʼn biografie oor Herman Mashaba se lewe en politieke ervarings, gelei het.

Maroela Media het vroeër berig dat die Suid-Afrikaanse uitgewer Jonathan Ball Maandag aangekondig het dat hy die boek, The Outsider, uit die handel gaan onttrek. Dit ná Mashaba, leier van ActionSA, bekendgemaak het dat hy R12,5 miljoen in ʼn ooreenkoms met Prince Mashele, skrywer van The Outsider, bewillig het om navorsing vir die boek te doen.

Mashele het in ’n kort verklaring gesê dat hoewel hy aan ʼn nie-openbaarmakingsooreenkoms gebind was, aanvaar hy dat hy nie moes verklaar het dat Mashaba geen rol in die finansiering van die boek gehad het nie.

“Die korrekte feit is dat die navorsing wat tot die daarstel van die boek gelei het, deur ʼn befondsingsooreenkoms met Mashaba gefinansier is, aan wie ek ewige dank verskuldig is.

Herman Mashaba se biografie ‘The Outsider’ wat onttrek is.

“Ek bied my verskoning aan Mashaba, wat sedertdien onskuldig met die omstredenheid geassosieer is.”

Mashele sê voorts hy erken die antwoord wat hy aan prof. JJ Tabane gee het dat Mashaba “geen rol” in die finansiering van die boek gespeel het nie, verkeerd was.

“Ek vra om verskoning aan prof. Tabane en die publiek in hierdie verband.”

ActionSA het hom te midde van die omstredenheid van die boek en die publikasieproses gedistansieer. Die party benadruk dat die boek nie ʼn ActionSA-projek is nie, en reeds twee jaar voor die politieke party tot stand gekom het, begin het. Mashaba was toe nog burgemeester van Johannesburg.

Mashaba het glo ook nie geweet hoe die voorblad van die boek gaan lyk of dat daar ʼn subopskrif, naamlik “An unauthorised biography of Herman Mashaba”, sou wees nie. Mashaba het tydens ʼn onlangse bekendstelling van die boek openlik oor sy rol in die hersiening van die manuskrip en akkuraatheid gepraat wat grootliks tot die begin van ʼn groot omstredenheid oor die boek gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marthinus Johannes ·

Yep, as jy betaal het vir die navorsing Dan is dit “Authorised”

Johann ·

Die verskoning kan Herman Mashaba nie veronskuldig nie – betaling en die boek se naam asook die “weerhouding” van die bekendmaking daarvan is twee verskillende sake. Die voorgehoue morele grond het plat geval. Erken eerder die verkeerde handeling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.