Slagoffertjies van Vyfhoek-tragedie saam begrawe

Die jong slagoffers van die Vyfhoek Primary School word die naweek saam begrawe. (Foto: Facebook)

Die vyf kinders wat dood is toe ʼn vragmotor deur die heining van die Vyfhoek Primary School naby Potchefstroom in Noordwes geploeg het, sal Saterdag saam begrawe word.

Oreneilie Seroalo (8), Tebogo Reamogetse Motsemme (12), Thendo Noxolo Lewane (9), Christina Lerato Mashai (9) en Mahlohonolo Paleasa Thekiso (7) is verlede week in die voorval dood. Nog vier leerders is beseer.

Tientalle kinders het vir hul skoolvervoer gewag toe die vragmotor verlede Donderdag kort ná 14:00 deur die heining gebars het. Die vragmotorbestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor nadat ʼn band gebars het. Dit was uit die rigting van Potchefstroom op die N12 na Johannesburg op pad.

ʼn Gedenkdiens vir die jong slagoffers is Donderdag gehou en hulle sal Saterdag saam by die Heldeakker in Potchefstroom begrawe word.

Die kinders wat almal leerders van die Vyfhoek Primary School naby Potchefstroom in Noordwes. (Foto: Facebook)

Die LUR vir onderwys in Noordwes, Mmaphefo Matsemela, het vroeër ʼn taakspan aangewys wat die families met die gedenkdienste en begrafnisreëlings help en het gesê daar word saam met ander departemente gewerk om te verseker diegene wat berading of ondersteuning nodig het, dit ontvang.

Leerders by die skool het Maandag reeds berading ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Faraway ·

. . aan sulkes behoort die Koninkryk van GOD
Ek ween saam met die wat ween!
Mag GOD aan elke Ouer vrede bring wat alle verstand te bowe gaan.

Nettie ·

Ag, daardie ou gesiggies. Dit breek mens se hart. Die arme, arme ouers. Mag hulle troos by mekaar ontvang, asook van hul Hemelse Vader. Sterkte aan die families, die skool en die bestuurder van die vragmotor.

Jenny ·

Dit is die seerste seer wat ‘n ouer kan hê, om jou kind te moet begrawe. My hart gaan uit vir hierdie ouers en families wat moet afskeid neem van hierdie kindertjies.

Swerwer ·

Simpatie en meegevoel met die kinders se ouers en familie.

H.A. ·

Daar’s deesdae taakspanne vir alles, onbeholpe of onbevoeg. Vreters aan die trog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.