Slang pik man in Durban

Crotaphopeltis hotamboeia (Rooilipslip) Oos-Kaap D. Stuart-Fox en A. Moussalli ©, van SARCA Virtual Museum

Crotaphopeltis hotamboeia (Rooilipslip) Oos-Kaap D. Stuart-Fox en A. Moussalli ©, van SARCA Virtual Museum

Paramedici is Dinsdag na ʼn toneel in Craigieburn in Durban, KwaZulu-Natal ontbied met berigte dat ʼn swartmamba ʼn man gepik het.

“Met hul aankoms by die toneel het hul bepaal dat die man egter deur ʼn rooilipslang, en nie ʼn swartmamba nie, gepik is,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

Die man is op die toneel behandel voordat hy na ʼn plaaslike hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jasper ·

Die Rooilippie of ook Herold se Slang is ondkadelik, behalwe as jy jou dalk dood skrik.

George ·

Jasper ek stem , as n swart mamba jou pik het jy n uur oor om tot siens te se vir almal , as jy kan .

Dalleen ·

Shame. Die man het hom seker disnis geskrik en toe nie so mooi opgelet watse slang dit is nie.

Leeutjie ·

Maak nie saak wat se slang dit is nie, as ek een sien skop my turbo in!! ‘n Slang bly maar ‘n grillerige gedierte.

pop ·

Leeutjie ek stem, en ek kyk nie nog hoe hy lyk nie, maak ook nie saak nie want hulle lyk almal dieselfde vir my. Grillerig en lank en rond en moet baie dood wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.