Sluier gelig oor Amy-Leigh se ontvoering  

Tharina Human, Laetitia Nel en Pieter van Zyl in die beskuldigdebank. Foto: Christel Cornelissen

“Hierdie misdaad was beplan, dit het nie sommer net gebeur nie.”

Só het konst. Clayton George Motlaung Donderdag getuig in die borgtogaansoek van die drie mense wat beskuldig word van die opspraakwekkende ontvoering van die sesjarige Amy-Leigh de Jager in Vanderbijlpark vroeër vandeesmaand.

Motlaung het heelwat besonderhede bekend gemaak oor die beplanning en uitvoering van die ontvoering waarvan Tharina Human, Laetitia Nel en Pieter van Zyl beskuldig word. Hulle staan tereg op aanklagte van afpersing en ontvoering – klagtes wat, indien hulle skuldig bevind word, tot tronkstraf van tussen 15 jaar en lewenslank kan lei.

Motlaung het getuig Amy-Leigh is omstreeks 08:00 voor die skool ontvoer nadat die man wat haar by haar ma, Angeline, gegryp het, eers haar vyfjarige boetie gegryp en toe weer laat gaan het. Hy het weggejaag in ʼn wit Toyota Fortuner. Enkele minute later het Amy-Leigh se pa, Wynand, ʼn foonoproep gekry waarin ʼn losprys van R2 miljoen vir haar vrylating geëis is.

Tharina Human en Laetitia Nel in die beskuldigdebank. Foto: Christel Cornelissen

Motlaung het getuig hoe die selfoonrekords van dié foonoproep die polisie Maandag, op die dag van die verdwyning, na ʼn kleinhoewe in die omgewing van Sebokeng gelei het. Daar was egter geen spoor van die Fortuner nie. Die eienaar kon ook nie nagespoor word nie, omdat die nommerplate verwyder is.

Hy het getuig dat die foonrekords gewys het dat dieselfde nommer ook ʼn nommer op ʼn kleinhoewe buite Vanderbijlpark gebel het. Die polisie is na dié perseel, Nel se woning, waar hulle al drie beskuldigdes aangetref het. Hulle het gevra vir Nel se selfone, maar kon nie enige van haar fone met die losprys-oproep verbind nie.

Amy-Leigh het enkele ure later, in die vroeë oggendure van Dinsdag, saam met ʼn paartjie by die polisiekantoor opgedaag, nadat hulle haar in Shakespearestraat aangetref het, het Motlaung getuig. Sy is daarna vir mediese ondersoeke geneem.

Teen Woensdag het die polisie verdere selfoonrekords bekom, wat hulle wéér na Nel se huis op die kleinhoewe gelei het. Dieselfde vrae is weer aan haar gestel, het Motlaung getuig.

Amy-Leigh de Jager (Foto: Facebook)

“Beskuldigde nommer twee [Nel] het erken dat sy betrokke was by die pleeg van die misdaad.”

Nel het volgens die ondersoekbeampte gesê die plan was Human se idee en dat Van Zyl ook betrokke was. Sy is in hegtenis geneem en is saam met die polisie na Van Zyl se huis. Hy was nie tuis nie. Die huis was leeg en net sakke het rondgestaan. Die polisie het die huis deursoek en beslag gelê op ʼn vuurwapen.

Hulle is daarna na Human se huis, waar sy saam met haar agtjarige dogter aangetref is.

Human het volgens Motlaung aan die polisie erken dat sy ʼn Nigeriër geld geskuld het en dat dié persoon gedreig het om haar eie kind te ontvoer en leed aan te doen. Sy het geld nodig gehad om hom te betaal en só het die plan vir ʼn ontvoering tot stand gekom.

Volgens Motlaung gaan ʼn staatsgetuie tydens die verhoor getuig dat daar aanvanklik verskeie ander ontvoeringsplanne bewimpel was. Die oorspronklike plan was – volgens dié getuie – dat Nel en Van Zyl vir Human moes ontvoer. Dié plan en verskeie ander is egter laat vaar en daar is eindelik besluit om Amy-Leigh te ontvoer. Human is Amy-Leigh se boetie se klasonderwyseres en ken die De Jager-gesin goed.

Tharina Human in die beskuldigdebank. Foto: Christel Cornelissen

Die ontvoering is die volgende oggend uitgevoer. Die persoon wat Amy-Leigh gegryp en met haar in die Fortuner weggejaag het, woon op dieselfde kleinhoewe as Van Zyl. Hy is steeds soek.

Die Fortuner, wat aan Nel behoort, is later in haar motorhuis gekry.

Motlaung het getuig die saak het nie net vir Amy-Leigh en haar gesin geruk nie, maar ook die Laerskool Kollegepark en die breër gemeenskap. “Die voorval het buite die skoolhek gebeur, waar kinders veronderstel is om veilig te wees.”

Die drie beskuldigdes het reg deur die hofverrigtinge kop onderstebo gesit. Human het in ʼn stadium saggies begin huil.

Die saak word ná ete voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Die Skim ·

As ek ooit eendag so iets doen en ek kry borg, trek ek n spul geld, gryp my kampgoed, spring op my motorfiets en sny n lyn. Die polisie sal my seker na n ruk vang, maar ten minste het ek probeer. Die oorspronklike misdaad is klaar so erg, dat n ou bietjie weghol nie veel verskil gaan maak aan die totale tyd in die tronk nie. Vonnisse word in elk geval gelyktydig uitgedien.

Christo Erasmus ·

Geen borg geen parool die grondwetlike regte van die kind is vir lewens lank geskend . Sy moet met die angs lewe en saam leef in n totale vrees terwyl verdagte nr 1 glimlag in hof . Suid-Afrika moet hul tot lewenslange vonnis oplegging gee . Watse regte het kinders en vroue wat so mishandel word . Maak n voorbeeld van hulle beskerm kinders veral en vroue teen gewelds misdade mishandeling ontvoering verkragting en moord genoeg is genoeg !!!!

Christo Erasmus ·

Geen borg geen parool die grondwetlike regte van die kind is vir lewens lank geskend . Sy moet met die angs lewe en saam leef in n totale vrees terwyl verdagte nr 1 glimlag in hof . Suid-Afrika moet hul tot lewenslange vonnis oplegging gee . Watse regte het kinders en vroue wat so mishandel word . Maak n voorbeeld van hulle beskerm kinders veral en vroue teen gewelds misdade mishandeling ontvoering verkragting en moord genoeg is genoeg !!!!

Matt ·

Arno, lewenslank beteken ook nie regtig iet nie . Na 7 jaar is hulle in elk geval weer op straat en ons as belasting betalers betaal die prys. As hulle eerste oortreders is sal hulle hoogstens 5 jaar uitdien van ‘n lewens vonnis.

Thelsa ·

Ek wonder wie is die Staatsgetuie wat volgens die ondersoekbeampte baie, baie naby aan Tharina is wat gaan getuig? Is dit die ex-man of dalk die Ma. Die ma het sedert die voorval nog nie ‘n woord gerep nie of nog nie op ‘n foto verskyn nie. Ek vind dit verbitterlik vreemd.

Cherokee ·

Ek stem met jou saam Deloris. Wat OS sê is absoluut skokkend!

Michael P ·

Kon niemand iets agter kom dat daar fout met die juffie is nie gewoonlik waar dwelms betrokke is.is daar gewoonlik n verandering in so n persoon se gedrag.

Naomi ·

Haar kind word bedreig, dan besluit sy maar haar beste vriendin se kind moet maar die prooi wees? Aitsa! Met vriende soos die, wie het vyande nodig? Sy slaan die vuisvoos onderwys net nog verder in die grond in.

Reinette ·

My meegevoel aan Amy-Leigh se familie en ook die onskuldige 8jarige dogtertjie wat nou agv haar ma se wrede aandeel id misdaad moontlik sonder haar verder moet grootword. Vir die gewetenlose skuldiges hopelik lewenslange tronkstraf.

Matt ·

Renette, lewenslank beteken ook nie regtig iet nie . Na 7 jaar is hulle in elk geval weer op straat en ons as belasting betalers betaal die prys. As hulle eerste oortreders is sal hulle hoogstens 5 jaar uitdien van ‘n lewens vonnis.

Cindy ·

Ek het so baie woorde maar eintlik so min as dit sin maak. Ek kan net nie dink hoe n vrou wat self n ma is so iets beplan en uitvoer nie!!!

BM ·

Mense ek vra net of ek dalk iets gemis het.
Was dit een man of vier mans wat die dogtertjie gegryp ? Eerste berigte het tog gesê vier mans.
Dalk net foutiewelik getik.?
Hoop regtig geregtigheid gaan geskied.
Mooi dag aan amal.

C ·

Waant waar dwelms betrokke is, is n kind joune of iemand anders s’n beslis nie n prioriteit nie!! Dit gaan oor geld en jou volgende fix.

Luister ·

Ek wens dat Suid-Afrika ook die straf sal instel van lewenslank, SONDER kans op parool!

BM ·

Jammer maar ek dink nou daaraan , seker 3 in die kar en een het die werk gedoen.
Net gewonder.So jammer dat die gesin deur die nare ondervinding was maar glo hulle is dankbaar dat almal herenig is.

LK ·

Heimlik wonder ek HOE goed ken juffrou Human Amy-Leigh se pappa, hoekom is die ma van ‘n verhouding verdink? Trek die aandag af van die waarheid. Ek vra maar net?

????LK ·

Né, ek praat snert maar vra net. Die dag as mens iemand kan aankla vir laster oor hul boodskap, is die dag wat mense ophou stellings maak en dan net sê ” hulle vra maar net”.

Vee ·

Geen simpatie met die beskuldiges nie . . . EN voeg sommer n dwelm saak ook by en laat HUMAN die Nigerier uitwys wat dwelms verkoop !!!!!!

Tino ·

Wonder hoekom die Nigeriese president nie kwessies het met al die geld wat sy landsgenote hier maak en die gemors wat hulle skep in die samelewing nie. Maar waneer ons hulle uitsort is daar kwessies…

Ek weet van drie persone wat nooit weer gaan skool gee nie….

LINDA ·

hier was dwelms betrokke, vir wat lol jy met die Nigerians jy gaan ook onbevoeg verklaar word as ‘n ma, sterkte!

Blommie ·

deur sekere besluite verander jou hele lewe in n oogwink en ongelukkig moet onskuldige mense daaronder ly. Wat nou van jou dogtertjie, wat gaan van haar word?
Dink voor jy doen, dink aan die gevolge~moenie nooit dink jy is te slim vir almal nie.
Slim vang sy baas! Ek is kwaad vir wat gebeur het en voel jammer vir daai dogtertjie.
Maar daar is nog n dogtertjie se lewe wat verwoes word! Sy het nie gevra daarvoor nie.

Tjert ·

Smyt hulle in die middel van die diep blou see en hou die sleutel!!!

Br ·

Ok nou verstaan ek, jy ontvoer ń ander kind en sit ń ander ouer deur seker die ergste trauma, want jy word gedreig dat hulle jou kind sal ontvoer. Slim nê. Jy sien nie kans vir daardie trauma maar dit maak nie saak as dit iemand anders se kind is nie. Skandelik. Nou wat nou van jou kind, kry julle nie skaam nie. Die onskuldige kind moet nou ook boet vir julle siek dade.

Erica Roos ·

En nou gaan haar eie kind in elk geval sonder ‘n ma groot word maar dalk is dit beter anders het sy dalk opgeeindig as ‘n seksslaaf of dwelmverslaafde soos haar ma

NET EK ·

Saggies begin huil …. nee wat pop jy kan maar so hard skreeu soos jy wil. Niks gaan verander nie. Kry wat jou toekom

Maria ·

Dwelms, seker die oorsaak van 90 % van misdaad. Die dwelm afhanklikheid raak ook alle gemeenskappe en stande van die samelewing.

Marius ·

As ek met Human getroud was sou ek liewers die pad vat wat is sy nog in staat om te doen?

Denise ·

Ek sal liefs bid vir hulle klippe gooi nee wie is ek om te oordeel dan veroordeel ek net myself.

Adriana ·

Die Nigerier moet ook toegesluit word want by is n drug dealer!

Live ·

WATCH LIVE | Amy’Leigh’s alleged kidnappers to apply for bail News 24.

Martin ·

Die Staat maak op hierdie stadium ‘n baie swak saak in die borgtog aansoek……

Hartseer ·

My hart huil vir al hierdie mense.

Hoekom hoekom hoekom!

Ek voel so jammer vir Amy-Leigh, haar ouers, Human se ouers en haar arme arme dogtertjie.

Leslie ·

Ai. …. Spyt is ń goeie ding. .. maar kom ALTYD te laat!

Willie ·

My 2sent opinie. Hier is n kind die slagoffer, die pa en ma ook indirekte slagoffers. Hier is ten minste twee vroue betrokke, tenminste 3 of 4 manne, waarvan Nigeriers deel is. Die vraag is Xenefobie, gender violence of ras betrokke, nee glad nie dis persone teen persone, maw sonde, daar le die probleem. Misdaad bedreig almal, ons moet teen misdaad in geheel baklei…

Jan P ·

Wanneer dwelm, dagga, drank gebruik word vergeet hulle van die kind, hond, kat en die budgie!

Joesef ·

Haha nope Jan, dis glad nie waar nie. Ekt drugs gedoen, dagga gerook, drink nou nog, en nog nooit gedoen wat julle dink nie. Die 3 is monsters, sonder dagga,drugs of drank.

DVS ·

Almal lewer kommentaar asof julle nie in glashuise woon nie. Jul dag sal kom. Ek sê nie hulle is onskuldig nie, maar plaas jouself in hulle skoene.

#SkaamOnderwyser ·

Nee… ek gaan myself nie in hulle skoene plaas nie, want daar is nie n manier wat ek so iets in my lewe sal doen nie. Ek sal eerder die dood vat.
Ek as onderwyser en vrou (toekomstige ma) sak my kop in skaamte as ek die saak sien. Hulle verdien nie simpatie nie. As jy aanjaag… sal jy gevang word. Dwelms is nie speletjies nie… sy self is n ma en sy laat toe dat die seer oor n ander gesin daal.
Mense soos jy wat altyd die kamakastige ander kant wil sien moet besef. Op ons lewenspadjie na God toe. Is dit of reg of verkeerd. Nie tussen in nie. En die is verkeerd. Klaar. Jy sali mens laat sleg voel omdat jy nie met sulke mense simpatiseer nie. Weet jy wat? Sit jouself in die gesin wat die trauma ervaar het se skoene. Of die persoon wat aangekla is se dogtertjie se skoene.

Leslie ·

Human se “kyk” op foto maak my wraggies bang. Hoe cope sy nou sonder haar drugs!

Bella ·

wie het hierdie inligting duergegee? Human het geensis liggies gesit en huil nie, snert!!!!!!!!!!! Sy het heelpad deur gesit en lag! Jy weet, lyftaal vertel n mens baie van n situasie! Sy dink duidelik dit is n groot grap, ek hoop van harte die Judge het die aflag raaksgesien……. maar oo wee, sy sal seker dan op die ou einde van die dag insanity plead!
En vra wie is ek om klippe te gooi, ja goeie vraag, ek is seker niemand, maar dit breuk my hart om te dink Human het self n 8 jarige dogtertjie – en sy sit en lag in die hof!!!!!!!!!!! SIEK SIEK SIEK!!!!!!!! Waarheen gaan die wereld :(

right said Fred ·

Ag twak man. Sy’t g’n gesit en lag nie. Kyk die video op YouTube!

Verseker ·

Verseker. Ek stem saam. Dit was skokkend om Human en haar Pa te sien lag en met glimlagte op hul gedigte terwyl saak gelewer word. Hoe Kan hulle jammer wees en berou toon aan die verskriklike saak wat Human hulle gepleeg het aan arme Klein AmyLeigh!!….

Gerrit ·

Nigeriërs moet almal land-uit gedryf word. Hul is net so aandadig aan hierdié misdaad. Hul het ‘n reputasie vir onwettighede, maar Cyril dink blykbaar nie so nie.

Karlahari ·

Hoeveel vordering is al gemaam om die Nigeriese moordenaar aan te tree?
Verstaan julle hoekom ons mede Afrikane hulle land uit wil jaag?
Hulle kinders is verstrik in dwelms en prostitusie en die SAP monitors doen nie hulle werk nie want van hulle word betaal om hulle monitors af te sit.

GP ·

Jy ry n Fortuner, maar jy het nie geld nie? Wie wil jy beindruk? Verdowingsmiddels verwoes jou lewe en almal om jou se lewens ook! Laat hierdie n les wees vir almal wat nog ander wil beindruk met hul besittings en speel met verdowingsmiddels!

Rupert Ashford ·

Mos maar ‘n SA ding, die Fortuners…laat mens mos blykbaar ghrent lyk :-)

Johan ·

Rupert, jy wil seker ook graag n Fortuner ry, jalosie maak mens lelik.

Ogies ·

Maak nie saak watter kant toe nie… die regte ding is hulle moet verantwoordelik gehou word vir hul dade… wat ook al die uiteinde is! Die Human dogtertjie het hopelik n pa wat hopelik standvastig en verantwoordelik is wat na haar kan kyk. In elk geval hier gaan n boek geskryf word en dan is almal heros….

Rupert Ashford ·

Ander vraag – hoekom is die dogtertjie in haar ma se sorg en nie haar pa sin nie as daar hierdie tipe van goed aangaan?

Wonder net ·

Almal vra vir lewens lange tronkstraf. Maar onthou ons betaal vir daai duur hotel waarin sy bly. Dis tyd dat kriminele se regte van hul weggeneem word en moet swoeg in hul sweet vir dade wat hul pleeg.

Andre ·

Ek stem saam met “wonder net”.
Gaan terug na klippe kap om paaie te bou. Na n paar jaar sal hul miskien besef wat hul gedoen het.

Stormrider ·

Sy het uiteindelik ‘n lyn oorgesteek en daar is geen terugkeer nie, maak nie saak wat haar hartseer storietjie is nie. Nou sal sy die baie swaar straf vat wat na haar kant toe kom

karen ·

SAPS antw asb die vraag op vele lippe – waar is die 4 mans wat die ontvoering uitgevoer ???? Die voertuig is opgespoor met geen vingerafdrukke geen selfoonrekord-verbintenis en tog het die kind verwys na 2mans ?

Boy van die Suburbs ·

Dis net Tharina wat NIE die erns van haar optrede kop nie!! Staan met ‘n grin op haar bakkies!! Sies Man!! Die ander 2 aangeklaagdes weet nie waar om hulle koppe in te druk nie…….

Poplap ·

Dankie tog dat julle nie weer sê dat sy in ‘n gevaarlike buurt afgelaai is nie, ek bly net om die hoek, en ja, dis wel’ ‘anderkant die treinspoor’ maar dis ‘n doodnormale buurt waar daar regtig nie veel gebeur nie

Hanna ·

Cherokee, die “arme juffrou” het die Nigeriër geld geskuld…vir wat? Sy moes net nooit met hulle gedeel het nie. Lees net asseblief die artikels heeltemal voordat jy kommentaar lewer.

Jax ·

Saggies begin huil – nou te laat vir trane. Daai ses jarige het hoe lank hard gehuil omdat sy van haar mamma en boetie weggeruk is! Daai trane in die hof beteken niks! Die drie kan maar hulle koppe optel en die wêreld in die oë kyk – dit is die keuse wat mens self neem waarmee Jy moet saam leef.

Lood Kurkprop ·

.
.
Die ou ” kastige Nigerian druglord” verskoning is al holrug gery, vraa maar vir Fanie Du Preez wat sy vrou langs hom in die bed,sy seun( 12) en sy dogter(16) in die kamers langsaan,doodgeskiet het 4am die oggend in Vanderbijlpark omdat die “Nigerian druglord” gesê het hy moet….om sy skuld te vereffen…hou op dagga rook en snert uitdink as verskonings vir julle geldgierigheid…
.
.

B.B. ·

Geen verskoning is goed genoeg as dit by die mishandeling van “ou mense of kinders’ kom nie…..Voordat jy begin Drugs gebruik of Boom rook…dink eers wat dit aan jouself of die mense rondom jou KAN doen….Ons almal moet COPE met ons Lewe, en Stres, sonder Drugs en sulke gemors…gaan werk in die tuin of draf om die blok…nog beter gaan help oumense by ouetehuise….maar hou op om Drugs as verskoning te gebruik…en word groot..!!

Ekke ·

Die getuie se duidelik…die Fortuner behoort aan Nel en nie aan Human.

Julie Jansen van Rensburg ·

Ek kan nie genoeg dankie sê dat die kindjie nie op enige manier beseer is nie, maar ek kan my indink watter onbeskryflike vrees sy – en haar ouers moes gevoel het. En waarom haar hier in die oggendure as’t ware alleen by ‘n – ek DINK – motorhawe – afgelaai het – nee kyk, daardie mense/monsters het net aan hulleself gedink. Hoop hulle word swaar gestraf…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.