Smokkelsigarette by grenspos gekeer

Die vragmotor wat by die Skilpadshek‑grenspos voorgekeer is. (Foto: Verskaf)

’n Vragmotorbestuurder is vandeesweek by die Skilpadshek‑grenspos tussen Suid-Afrika en Botswana in boeie geslaan nadat hy met ’n vrag smokkelsigarette voorgekeer is.

Die smokkelsigarette het ’n geraamde straatwaarde van R1,5 miljoen.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê Tawanda Maxwell Tavuya (45) is Maandagaand agter die stuur van ’n vragmotor – wat die land van Zimbabwe via Botswana binnegekom het – by die grenspos voorgekeer.

Die vragmotor is deursoek en daar is op smokkelsigarette in ’n versteekte kompartement afgekom.

Tavuya is op die plek in hegtenis geneem.

Hy het sedertdien in die Lehurutshe-landdroshof verskyn waar hy borgtog van R4 000 toegestaan is. Tavuya sal nou weer op 27 Oktober in dié hof moet verskyn vir die besit van onwettige sigarette.

Die saak is tans op die Valke se tafel vir ondersoek.

Die sigarette wat by die Skilpadshek‑grenspos voorgekeer is. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lillian ·

Waarom bidder julle nog? Ou kopdoek se seuntjie vervaardig in elk geval onwettige sigarette in ons land!

SjN ·

Kopdoek se kader entrepeneurskap. net die punt van die ysberg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.