So het die DA Johannesburg verloor

John Moodey, DA-leier in Gauteng. Foto: DA

Die samewerkende regeringsooreenkoms tussen die DA en die EFF in Johannesburg het skipbreuk gely nadat die DA nie wou instem dat die EFF die speakersposisie oorneem nie.

Maroela Media het uit verskeie bronne in albei partye verneem dat die EFF bereid was om die DA-kandidaat, mnr. Funzi Ngobeni, te steun in ruil vir die speakerspos, geen posisie op die burgemeesterskomitee nie en vyf posisies as voorsitters van portefeuljekomitees.

Hoewel die leier van die DA in Gauteng, mnr. John Moodey, en die party se Gautengse voorsitter, mnr. Mike Moriarty, tot so ’n ooreenkoms ingestem het, is hulle deur die partyleier, mnr. John Steenhuisen, en die voorsitter van die DA se federale dagbestuur, me. Helen Zille, tereggewys en kon hulle nie die EFF-aanbod aanvaar nie.

In EFF-kringe word reguit gesê die DA wou nie Johannesburg behou nie – hulle het ’n goeie aanbod in die wind geslaan. Boonop het die EFF-onderleier, mnr. Floyd Shivambu, uitgewys dat die ANC-kandidaat nie ’n volstrekte meerderheid sou kon behaal as dit nie was dat verskeie DA-raadslede vir die ANC-kandidaat gestem het nie.

Aan DA-kant word aangevoer dat die EFF-stemme in elk geval nie genoeg sou wees om saam met die DA-stemme die meerderheid te behaal nie, so dan was die DA ingebind in ’n formele koalisie met die EFF sonder om die mag te behou.

Die ANC het 121 setels in die Johannesburgse stadsraad, die DA het 104, die EFF het 30, die IVP het vyf, die AIC het vier, die VF Plus het een, die ACDP het een, Al Jamaah het een, die UDM het een, Cope het een en die Patriotic Alliance het een raadslid.

In die stemmery het die ANC-kandidaat, die omstrede mnr. Geoff Makhubo, 137 stemme gekry, die DA 101 en die EFF-kandidaat, mnr. Musa Novela, 30 stemme. Daar is een vakante DA-setel weens die bedanking van die vorige burgemeester, mnr. Herman Mashaba.

Floyd Shivambu

Die VF Plus het reeds aangedui dat hul raadslid vir die DA gestem het, en as die ACDP, Cope en UDM dieselfde gedoen het (soos hul voorneme was) beteken dit ses DA-raadslede is oorgehaal om in die geheime stemming teen hul eie party vir die ANC te stem.

Die nuwe burgemeester, wat luidens beriggewing en ondersoeke deur die ondersoekende joernaliste amaBhungane geïmpliseer word in staatskaping, het gesê dienslewering om verkeersligte te laat werk en slaggate te herstel is eerste op sy agenda.

Moriarty het namens die DA gesê dis ’n hartseer dag vir Johannesburg dat die stad in die hande van “professionele plunderaars” geval het, en namens die EFF het Shivambu gesê dis die DA se skuld dat die “korrupte” ANC weer oorneem.

Ook dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê dis betreurenswaardig dat DA-binnegevegte daartoe gelei het dat die ANC weer aan bewind is in Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ja swaer ·

Ek lag my ‘n papie, Pretoria is volgende aan die beurt. Mooi so mev Zille, jy neuk die DA op heeltemal op jou eie, jou eie raadslede draai teen julle

Keeneels ·

Die DA lede is beslis in die ANC se sakkie. Gaan loer bietjie rond saam met wie die DA lede in besigheid is.

chrisjan ·

Dit spook maar steeds binne die DA!Ou Zille kry hulle lekker terug sonder dat hulle dit agterkom.

Melanie ·

Chrisjan ou Zille kry haarself terug sonder dat sy dit eers agterkom!

Johan ·

Die DA in Tshwane verdien om beheer te verloor weens hul swak dienslewering. Hulle het gulde geleenthede deur hul vingers laat glip deur kantoor mannewales en interne politiekery.

Hansie slim ·

Die DA het Johannesburg verloor as gevolg van hul binne gevegte. Hulle gaan Pretoria ook so verloor!!!
Wanneer gaan hulle hulle strooi staak!!
Nooit????

André-Chris ·

Dit is nie die tradisionele DA’s wat vir die probleme van binnegevegte verantwoordelik is nie. Dis die wat nie van dieselde ingesteldheid en kundigheid is nie wat hul stempel wil afdruk.

koos ·

Die DA is nie opgewasse om te regeer nie. Ons verwagtinge was groter. Die DA het die Zuma situasie gebruik om beheer te kry met die hulp van die EFF. Waar het hulle gedink dit sal eindig? In ‘n sprokie? Wees versigtig waarvoor jy wens, dit kan dalk net waar word.
Pretoria was beter af tydens die ANC se bewind met die DA as opposisie.

Linda ·

Roodepoort was ook beter af met die ANC se bewind, met die DA as opposisie. Roodepoort het verval, in n erg toestand onder DA bewind !

Feite ·

Die VF speel lekker in die hande van die ANC/EFF deur ook die DA vir alles deesdae te blameer, of eintlik moet ek se van voor die laaste verkiesing af. Toe het dit reeds geblyk dat die VF kan munt slaan uit die DA wat besig was om heeltemal die verkeerde rigting in te slaan met Musi aan die stuur van sake. Hoe dit ookal sy, die DA se dood in Johannesburg is ook die VF se dood. Dit is nou weer die ANC se beurt om te eet en almal weet reeds dat hulle eet totdat daar niks oorbly nie. Wat vir my egter n absolute openbaring is, is dat Steenhuizen en Zille beginselvas was en die eff se wind uit hulle seile geneem het deur n koalisie met die eff te weier. Kyk n mens na die setels met die DA op 104, dan is die DA soos op nasionale vlak die hoofopposisie vanwaar hulle sal kan sorg dat Johannesburg se goeie dienslewering voortgaan. Kyk n mens na die VF se een setel, dan is stilswye op hierdie stadium seersekerlik die beste reaksie op die VF se kommentaar!

m ·

Tiepiese ANC politics ” divide and concur”, interesant om te sien 30 EFF lede gee 30 stemme aan EFF, meskien is daar ‘n Lessie vir die DA!!

Willie ·

Ek dink ons skrik as ons weet hoe in die bed hulle met mekaar is…

wraggies ·

Dankie DA (Helen en John) dat julle nie die EFF aanbod aanvaar het nie, om in bewind te wees met hulle hulle ondersteuning en voorwaardes is ‘n klug, soos ons al gesien het.

K.P ·

Die geskiedenis het ons mooi geleer maar die da wil ongelukkig nie leer. Piet Retief is in die rug gesteek met n spies omdat hy gedink het jy kan met die semels onderhandel en hulle vetrou

TDW ·

Ek dink hul moet die DA lede almal ‘n poligraaf toets laat doen

Peet ·

Verloor – nee weggesmyt – jy beledig nie ‘n deel van jou ondersteuners en verwag ondersteuning.
Vra me Clinton – jy noem joe land se mense “deploreable” en verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.