Só lyk begunstigdes van Covid-19-hulpfonds vir toerisme

(Foto: Love South Africa/Facebook)

Amper die helfte van die 4 000 klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s) in die toerismebedryf wat gebaat het by die regering se Covid-19-hulpfonds, is volkome in swart besit. Dít volgens besonderhede oor die begunstigdes wat die departement van toerisme Dinsdag bekendgemaak het.

Die departement se gebruik van ras as kriteria in die toekenning van ʼn R200 miljoen-hulpfonds aan kleinsakeondernemings wat deur die afsondering benadeel is, is skerp gekritiseer. Die DA, AfriForum en Solidariteit het onderskeidelik die departement hieroor hof toe gesleep, maar die hof het telkemale in die departement se guns beslis.

Volgens data wat deur die departement bekendgestel is, is 47,55% van ondernemings wat geld ontvang het op Swart Ekonomiese Bemagtigingsvlak 1, wat beteken dat hulle ten volle in swart besit is. Meer as ʼn derde (35%) van begunstigdes is egter op SEB-vlak 4, wat beteken dat dié ondernemings moontlik deur wit Suid-Afrikaners besit word. Een uit elke tien ondernemings wat finansiële hulp vanaf die regering gekry het, het glad nie aan die vereistes van SEB voldoen nie. Altesaam 7 288 ondernemings het aansoek gedoen om finansiële bystand, wat beteken dat amper die helfte van behoeftiges se aansoeke afgekeur is.

Volgens data wat die departement bekendgestel het, is die grootste groep begunstigdes (1 900) ondernemings wat akkommodasie aan toeriste bied. Ongeveer 600 toeroperateurs het finansiële hulp vanaf die regering gekry en 400 begunstigdes van die fonds is reisagente. Die meeste begunstigdes is in Gauteng (1 017), die Wes-Kaap (967) en KwaZulu-Natal (607) geleë.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Fedup ·

This racist decision made by the muffin courts and mushroom tourism minister is going to come back and haunt them for years to come.
International tourists heard and read about this. Now, they have no interest to visit this mushroom country ever again. And to be honest, i made sure they know every little detail. Good for you mushrooms. A muffin decision will make the batter go sour.

Piet Pompies ·

nou waar is die hulp vir die ander kleinsake – ons lei honger

Pieter ·

Kyk die Covid bewys duidelik die S.A se swart rassisme teen ander volke. (Wit, Indier en so aan).

Adeline ·

Waarom betaal enige blanke persoon in die land nog belasting?????????????

Hexadane ·

Nou hoe kan ek dit stop as my werk dit al aftrek voor ek my salaris kry?

Oomniklaassevriend ·

So ek sal in die toekoms ‘n punt daarvan maak om slegs hulle te ondersteun wat die regering nie wil help nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.