Só lyk beurtkrag vir die week

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Fase 2-beurtkrag sal vanaand om middernag opgehef word, maar van Maandag tot Woensdag weer tussen 16:00 en 00:00 ingestel word. Eskom sal Woensdag sê watter fase vir die res van die week sal geld.

Eskom het Sondag in ʼn verklaring gesê beurtkrag is nodig om noodopwekkingsreserwes saans te bestuur. Eskom moes fase 2-beurtkrag Saterdag op kort kennisgewing instel toe vier opwekkingseenhede gelyk die gees gegee het.

“Sedert gistermiddag is twee opwekkingseenhede by Grootvlei en een elk by die Kriel en Majuba-kragsentrale weer tot die stelsel gevoeg. ʼn Opwekkingseenheid by Lethabo is egter uit die stelsel verwyder vir herstelwerk,” lui Eskom se jongste verklaring.

Eskom het tans ʼn tekort aan 5244 MW krag weens beplande opknappings en 15 612 MW weens onbeplande onderbrekings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Keelvol ·

Die verskonings bly dieselfde. Geen wilskrag om n einde aan die gemors te maak.

Harley Davidson ·

Eskom is so gestroop van geld en die weg jaag van kundigheid oor hulle beleid van diskriminasie teen huidige benaadeelde persone dat ek glo beurtkrag gaan ‘n algemene ding word.

Casper ·

As leek verstaan ek nie die volgende nie
1 Vier eenhede word tot die stelsel gevoeg.
2 Twee eenhede word van diens onttek vir noodgedeonde herstelwerk dan word fase 2 beurtkrag inwerking gestel om noodreserwes aan te vul veral tydens piektye.

Strandloper ·

Jy is nie n leek nie. Gin mens kan hul spastiese gespartel en gepreuwel verstaan nie

Samuel ·

Wie glo nog Eskom se stories? Dit raak nou uiters afgesaagd.

Elma ·

Altyd 4 opwekkingseenhede wat gelyk die gees gee. Ek dink nie die ouens kan verder as 4 tel nie.
Hulle moet nou ophou om my te irriteer en maar net fase 2 n permanente instelling maak. Dan hoef hulle ook nie so hard te “werk” of so hard te dink aan dom verskonings nie. Hierdie elke 3de dag aankondigings irriteer die lewe uit my uit.

Papsak ·

POLITIEK DIT IS HOEKOM ONS SO GEBUK MOET GAAN ONDER ESKOM KRAGLOOS DIE STORIE RAAK REGTIG AF GESAAG NIEMAND DOEN IETS NIE BESTE VAN ALS

VaalDonkie ·

Hier’s iets anders aan die gang. My teorie is hulle probeer die “carbon tax” ontduik.

Helen ·

En daar verander hulle van fase 2 na fase 4 deur due nag terwyl ons slaap. Gn wonder De Ruyter word gedreig nie het nie simparie met hom nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.