Só lyk beurtkrag vir die week

Eskom waarsku dat beurtkrag te midde van die reën en koue na verwagting nog vir die grootste gedeelte van die week sal geld. (Argieffoto: Unsplash)

Eskom het Sondag die jongste beurtkragskedules vir die komende week bevestig.

Terwyl fase 4-beurtkrag Suid-Afrikaners se voorland vir die hele Sondag sal wees, sal Eskom teen Maandag om 05:00 fase 3-beurtkrag intstel, wat teen Dinsdag om 05:00 na fase 2-beurtkrag verlaag sal word.

Fase 2-beurtkrag sal dan na verwagting tot Vrydag voortduur.

Volgens Eskom is voldoende vordering gemaak met die herstel van die noodopwekkingsreserwes nadat 11 opwekkingseenhede sedert Vrydag onklaar geraak het.

’n Opwekkingseenheid elk by die Arnot- en Majuba-kragstasie is Saterdagaand weer in diens gestel. Dit terwyl ʼn opwekkingseenheid elk by die Tutuka-kragstasie en Ingula Pumped Storage Scheme die gees gegee het.

Die kragvoorsiener waarsku egter dat die beurtkragfase vir die aangeduide tydperk afhang van opwekkingseenhede wat weer aanlyn gebring kan word. Eskom sal later bevestiging daaroor gee.

“Daar word verwag dat die onklaar opwekkingseenhede binne die volgende 24 uur weer in diens sal wees, wat sal help om die druk op die kragnetwerk te verlig. Dit sluit in ongeveer 1 300 MW se  kapasiteit van die Cahorra Bassa-hidroprojek in Mosambiek,” sê die kragvoorsiener.

Altesaam 5 431 MW is tans nie beskikbaar nie weens beplande instandhouding, terwyl ʼn massiewe 15 760 MW weens onbeplande onderbrekings nie beskikbaar is nie.

Eskom sal Maandag ʼn media-inligtingsessie hou om die publiek op die hoogte te hou van die stand van die kragstelsel.

“Enige verdere beduidende veranderinge sal spoedig gekommunikeer word. Eskom doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om voort te gaan om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.”

Hier volg die beurtkragskedule:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KatjieDeKat ·

Hulle kan alles maar net sowel saamvat in hierdie paar woorde: “Mense, julle sal darem seker elke dag vir n paar ure krag hê. Dis beter as niks. Hierdie stelling geld vir die voorsienbare toekoms. Lekker dag, bye”.

Nie Verbaas ·

Kom de Ruyter, span daai 47000 hopeloses in wat nie eers 27 Gigawatt kan opwek nie of laat die 17000 jou help wat 56 Gigawatt kon opwek voordat Eskom moes plek maak vir die “nuwe generasie”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.