Só lyk beurtkragsituasie nou

(Foto: Shutterstock)

Fase 3-beurtkrag sal Woensdag van 16:00 tot middernag geld, waarna daar weer na fase 1 oorgeslaan sal word.

Eskom sê beurtkrag sal dan om middernag tot Donderdag om 05:00 opgeskort word. Fase 1 duur van 05:00 tot 16:00 en word dan tot om middernag na fase 3 verhoog.

Die patroon word Vrydag herhaal.

In dié stadium is 16 356 MW opwekkingskapasiteit weens onklaarrakings nie beskikbaar nie en nog 3 023 MW is onbeskikbaar weens beplande instandhoudingswerk.

By Duvha, Grootvlei en Majuba is opwekkingseenhede die afgelope 24 uur weer aanlyn gebring, maar terselfdertyd moes ʼn eenheid by onderskeidelik die Kriel- en Majuba-kragsentrale weens probleme uit diens gestel word.

Daar is ook vertragings om opwekkingseenhede by Grootvlei, Hendrina en Tutuka weer aanlyn te bring en volgens Eskom dra dit by tot kapasiteitsbeperkings.

Só lyk beurtkragskedule nou:

DatumBeginEindigFase
Woensdag, 28 Junie16:002
16:0024:003
Donderdag, 29 Junie00:0005:00
05:0016:001
16:0024:003
Vrydag, 30 Junie00:0005:00
05:0016:001
16:0024:003

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rooi rissie ·

Duidelik het hulle nie speelgoed gehad as kinders nie dis hoekom hulle nou so speel met die fases van beurt krag….besef hulle hoeveel mense afhanklik is van krag? Dan wil hulle nog die tariewe hemel hoog opstoot ook nog maar beurtkrag word steeds toegepas? Maar die arme verbruiker wat by die minuut verarm moet maar net bek hou en betaal is dit regverdig? Ek dink nie so nie.

Rooi rissie ·

Ja nee kyk mens mag net liewer niks se nie…betaal moet ons maar betaal al is dit deur ons nekke….

JohanEtz ·

Swak vakmanskap. Hoe is dit moontlik dat eenhede aanhoudend herstel moet word.
Om voortdurend ñ vloei van inkomste vir korruptes te bewerkstellig! Klaar!!

Johan Tredoux ·

No way! (wanneer ek die res van die wêreld se beweeg besigtig.)

Papsak ·

Jier gaan ons alweer gedink alles te goed met hulle kan jy niks vertrou nie asb

Hendrik ·

Ons weet nie van beurtkrag nie. Nie by die kerk, werk of huis nie. Ons het juis vir ons ‘n elektriese ketel gekoop om bietjie te bespaar met gas omdat ons elektrisiteit gratis is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.