Só lyk die 2022-skoolkalender

(Argieffoto: pixabay)

Die departement van basiese onderwys het Maandag die skoolkalender vir 2022 bekendgemaak. Leerders kan hulle staal vir 199 skooldae, terwyl onderwysers altesaam 202 skooldae in die klaskamer sal deurbring. Die skooljaar bevat gewoonlik 200 skooldae. Onderwysers is egter tevrede dat dié kalender weer ʼn mate van normaliteit na die skooljaar sal terugbring.

Luidens die kalender sal skole in die binneland volgende jaar op 12 Januarie heropen en 17 Maart vir die eerste skoolvakansie sluit. Skole aan die kus sal eers op 19 Januarie heropen en op 25 Maart sluit.

Die tweede kwartaal strek vir alle leerders van 5 April tot 24 Junie terwyl die derde kwartaal van 19 Julie tot 30 September sal duur. Die vierde kwartaal strek van 11 Oktober tot 14 Desember.

Onderwysers van skole in die binneland en aan die kus sal onderskeidelik op 10 Januarie en 17 Januarie begin en saam op 15 Desember klaarmaak.

Terwyl 2021 se skoolkalender en die herhaaldelike wysiging daarvan onderwysers en leerders se lewe omgekrap het, meen Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), dat die 2022-kalender weer soos ʼn normale skoolkalender voel. Die vakbond en sy lede is dus heel tevrede daarmee.

“Ons het weer terugbeweeg na ʼn meer tradisionele rooster, waar die aantal skooldae en vakansies goed oor die jaar versprei is. Daar is ook genoeg skoolvakansiedae sodat onderwysers en leerders hul batterye kan herlaai,” het Klopper aan Maroela Media gesê.

Klopper sê daar is ook genoeg tyd aan die einde van die jaar sodat matriekvraestelle betyds afgehandel kan word.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chantel ·

COVID is onvoorspelbaar, ja, maar ons moet maar begin positief raak.

Jaco ·

Beteken dié kalender dat Corona volgende jaar weg gaan wees?

Janc ·

Ek sal flippen hoop dat 2022 se kalender reg sal wees aangesien ons skole tot en met vandag toe nie normaal funksioneer nie en ons kinder kry swaar met al die werk waarmee hulle agter is. Nie eers gepraat van die ouers wat nog huis toe moet kom en hulle kinders verder onderrig met skoolwerk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.