Só lyk jongste Covid-19-gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het 6 381 nuwe Covid-19-gevalle, wat die algehele getal laboratoriumbevestigde gevalle op 3 038 075 en die positiwiteitskoers op 26,4% te staan bring.

Nog nege nuwe sterftes is bevestig en tot dusver is 89 975 mense weens die koronavirus in Suid-Afrika dood.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar in hierdie stadium ook 86 728 aktiewe gevalle van die virus, terwyl 2 861 372 mense reeds herstel het.

Altesame 24 159 toetse is sedert die vorige verslag gedoen.

Die meeste nuwe gevalle bly in Gauteng (70%), gevolg deur KwaZulu-Natal (10%), die Wes-Kaap (6%), Mpumalanga (5%), Limpopo (3%), die Vrystaat en Noordwes (2% elk), en die Oos- en Noord-Kaap (1% elk).

Volgens Nios is die getal nuwe positiewe gevalle (26,4%) hoër as ʼn dag tevore (23,8%). Die sewedaggemiddeld staan op 21,1%, ook hoër as die 18,8% van die vorige dag. Die sewedaggemiddeld van daaglikse nuwe gevalle is ook hoër.

Intussen is nog 175 mense in hospitale opgeneem om vir Covid-19 behandel te word.

Nog 133 468 dosisse entstof is Maandag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

casper ·

En nog steeds niemand dood aan die gevreesde Omicron variant nie ????

Wielspore ·

Entstof verminder die simptome (jy word nie ernstig siek), entstof voorkom nie die siekte.

Wielspore ·

Niemand kry ‘n medalje as jy ingeënt word, dit is ‘n keuse wat elkeen kan maak om die simptome van Covid te verminder.

Jeepie ·

Baie Waar. Maar dit lyk of die mense in ons land van lockdown en ‘n verswakte ekonomie hou. Ja. Lekker man. Kom ons bly ‘n 3de wereld.

bobmartin ·

Help nie Covid-19 en die wat nie inenting neem word geblameer vir die verswakte ekonomie as dit reeds swak was voor die Covid-19.

Kwikkie12 ·

Ongelukkig vir jou is die Suid-Afrikaanse grondwet anders as die res van die wêreld sin. Menseregte bly top prioriteit, die ANC het nie geweet dit gaan eendag teen hulle gebruik kan word nie… Die ekonomie was reeds swak vóór die pandemie begin het wys eerder vinger na die in beheer.. Die pandemie gáán verbygaan dit lyk reeds belowend maar wat onthou gaan word is dat mense teen mekaar begin draai het.

bobmartin ·

Ekonomie was al klaar swak nog voor die Covid-19. Help nie mense blameer die Covid-19 en die wat nie inenting neem vir swak ekonomie.

Nicolaas Hendrik ·

Swartbees jy leef in n droomwereld, my vriend bly in Australia en net vaxers mag vlieg, maar hulle het hul grense toegemaak nou kan hulle ook nie vlieg nie,

Pietertjie ·

Ek het gehoop dat Maroela of iemand vir ons terugvoer kan gee rakende die vyf honderd passasiers na Nederland, waarvan een en sestig in kwarantyn geplaas is, op 27 November. Hoeveel van daai groepe het toe siek geword of gesterf?

Thom ·

Dit was reeds in die pers __ paar het matige simptome gehad , geen ernstig .

Karen ·

Man na “julle” ou foutjie om laasjaar se syfers by te tel glo ek nie ñ woord wat gesê word nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.