Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Unsplash)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Minstens 1 073 887 gevalle is reeds aangemeld met 16 726 nuwe gevalle sedert die jongste verslag. Dit verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 33,4%.

Altesaam 6 659 318 toetse is reeds gedoen waarvan 50 110 toetse sedert die vorige verslag afgehandel is.

Nog 414 sterftes (66 in die Oos-Kaap, 8 in die Vrystaat, 66 in Gauteng, 134 in KwaZulu-Natal, 6 in Mpumalanga en 138 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 28 887 te staan.

Minstens 887 701 persone (82,6%) het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap17192116.0
Vrystaat630235.9
Gauteng29139227.1
KwaZulu-Natal20495919.1
Limpopo259752.4
Mpumalanga374603.5
Noordwes407933.8
Noord-Kaap255762.4
Wes-Kaap21278819.8
Totaal1073887100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap73821572167323
Vrystaat2176551565691
Gauteng561525465731120
KwaZulu-Natal452814454955882
Limpopo592208654518
Mpumalanga650332923518
Noordwes577346595557
Noord-Kaap390230712115
Wes-Kaap697716423641575
Totaal28887887701157299

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.